Herderspastei met Sousboontjies

Frik Lombard

Bestanddele
Sousboontjies (baked beans) ` 1 blikke is genoeg vir so 3 tot 4 mense
500g Aaartappels per blikkie
Uie na smaak ~ opgekap
tamaties na smaak ~ opgesny
Green pepper na smaak ~ opgesny
Bietjie knoffel
Olie
Maizena
Kaas nam smaak ~ Gerasper

Metode

Boonties
Verhit die oond solank o 180 grade.
Braai uie in olie to deuskynend.
Voeg green pepper by en braai nog so paar minute.
Gooi nou knoffel by en braai vir n minuut.
Sny tamaties in en braai tot sag.
Gooi nou sousboontjies by en kook so 10 minute.
Maak Maizena aan om die mengsel dik te maak.
Kook nog so paar minute om totdat die mengsel lekker dik is

Aartappels
Maak lekker kapok aartappels.
Sodra die kapokaartappels reg is gooi ‘n derde van die gerasperde kaas by.

Gereg
Skep boontjies in oondvaste bak. Maak gelyk met ‘n lepel. Skep nou die kapok aartappels oor die boontjies. Gooi die res van die kaas oor die aartappels en bak vir ongeveer 30 to 45 minute tot mooi goudbruin.

Bedien met ‘n groen slaai.

Advertisements
 

SUIKERMIELIEGEREG

Rika Theron

Bestanddele en Metode
Gooi 1 groot blikkie geroomde suikermielies in vuurvaste bak. 
Klits 3 eiers, voeg knypie sout by en gooi oor suikermielies. 
Strooi 1 k gerasperde Cheddarkaas en 3 repe gekapte streepspekvleis bo-oor. 
Bak (180°C) tot bruin en laat stol.

 

SPAGHETTI – EN – KAASOMELET 

Rika Therron
(2 porsies)

Bestanddele en Metode
Meng 3 eiergele met ‘n bietjie sout en peper
Voeg 1 blikkie (283g) spaghetti-in-tamatiesous by. 
Vou 3 styfgeklopte eierwitte in. 
Maak 2 e margarien in pan warm en gooi eiermengsel in 
Bak 3 – 4 min tot onderkant ligbruin is. 
Strooi 1/2 k gerasperde Cheddarkaas bo-oor en bak nog 3 – 4 min tot kaas smelt. 
Hierdie omelet word nie omgevou nie.  Bedien met ‘n slaai.

 

Mielie en spek gereg

Wanda-Marie Lundly

Bestanddele
250g spek
1 groot ui
410g blik roommielies
410g blik pitmielies
100g kaas
2 eiers
5ml vars tiemie

Sout en swartpeper
Voorverhit die oond tot 140C. Braai die ui en die spek liggies. Geur na smaak met sout en swartpeper. Gooi die res van die bestanddele by mekaar en voeg die ui en spekmengsel daarby. Bak vir 40 minute tot bruin en gestol. Bedien met broccoli en tamatieslaai. Lewer 4-6 porsies.

 

KAAS-WORSGEREG

Rika Theron

Bestanddele
1 pakkie vark- of beeswors (500 g),
1 blik gemengde groente,
1 blik tamaties,
1/2 k gerasperde kaas,
sout & peper.

Metode
Braai wors tot dit gaar is. Dreineer groente en meng met tamaties. Verhit en geur na smaak. Plaas wors in oondskottel. Giet tamatie- en groentemengsel oor wors. Bedek met kaas en bak in baie warm oond tot kaas gesmelt en bruin is.

 

Tropiese Perske Slaai

Belinda Lombard

Bestanddele
1 bottel piekel uie,
2 blikkies perskes,
2 blikkies pynappels,
2 blikkies baked beans,
37 ml kerrie poeier,
37 ml suiker,
25 ml maizena,
100 ml appelkooskonfyt,
1 t sout,
5 druppels tabasco sous (opsioneel).

Metode
Hou souse van perskes en pynappel eenkant in kastrol meng die kerrie suiker, mazena, konfyt, sout en tabasco saam en gooi dit by die souse en kook vir 10 min. Gooi oor die perskes, pynappels, uie en baked beans.

 

TUNA-GROENTESKOTTEL

Rika Theron  

(6 porsies)

Bestanddele
1 blik tuna,
1 blik ertjies of suikermielies,
6 murgpampoentjies, in ringe gesny,
1 pakkie sampioensop, dik aangemaak met water of melk,
200 g Cheddarkaas, gerasper,
50 g broodkrummels.

Metode
Pak al die bestanddele in lae in vuurvaste bak.  Hou ‘n bietjie kaas opsy om bo-op krummels te strooi.  Bak 20 – 30 min (160°C) .  Bedien met volgraanbrood en gemengde slaai.

 

MAKLIKE OONDGEREG

Rika Theron
(4 porsies)

Bestanddele
2 e olie,
2 uie, in skywe gesny,
2 knoffelhuisies, gekneus,
400 g gerookte ham, in blokkies gesny,
2 e koekmeel,
600 ml groente-aftreksel,
600 g bevrore wortels,
250 g bevrore groenbone,
410 g blik cannelliniboontjies.

BOLAAG:
120 g droë broodkrummels,
60 g cheddarkaas,
2 e gevlokte amandels.

METODE
Verhit oond (180°C). Soteer uie en knoffel vir 5 min. in warm olie tot sag en effens verbruin. Roer koekmeel by vir 1 – 2 min. Roer aftreksel geleidelik by en verhit tot kookpunt. Roer wortels en groenbone by. Was en dreineer boontjies. Voeg boontjies en ham by. Skep in oondbak. Meng bolaag se bestanddele en strooi oor gereg. Bak 30 minute tot broodkrummels bros en goudbruin is.

 

SUIKERMIELIE POFFERTJIES

Ilana

Bestanddele
250ml koekmeelblom
10ml bakpoeier
5ml sout
1ml rooipeper
30ml margarien (gesmelt)
2 eiers (geskei)
5 ml Uie (gerasper)
300ml Cheddarkaas (gerasper)
420g geroomde suikermielies (Sweetcorn)
Olie vir vlak vet braai

Metode
Sif die droë bestanddele saam. Voeg die margarien of botter by. Klop die eiergele en voeg dit by die koekmeelblom mengsel. Meng dit goed. Voeg die ui, kaas en suikermielies by en meng dit deeglik. Bak lepels vol in warm olie. Bedien warm.

 

Sarie se Mielietert

Ilana

Bestandele:
60ml koekmeel
60ml suiker
60ml gesmelte botter
3 eiers (geklits)
15ml  bakpoeier
5ml vanilla
2 x blikke cream corn
1 x houer room / blik Ideal Melk

Metode:
Meng alles goed saam (behalwe room) , gooi in gesmeerde plat oond pan.
Bak teen 180°C vir 20 min.
As uit oond uit kom, gooi room / ideal melk bo-oor terwyl nog warm.