Lizelle se Aartappel gebak

RSG

Bestanddele
4 tot 5 aartappels, geskil, en in skywe gesny
1 blikkie suiker roommielies
1 pakkie wit uie soppoeier
1 koppie room

Metode
Meng al die bestanddele, bak in mikrogolf vir 30 minute (resep vir 4)

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements

Hanlie se Boeliebief lekkerte

Resepte

Bestanddele
1 blik Boeliebief
1 blik Roommielies
1 Ui
1 Franse brood
1 koppie gerasperde kaas

Metode
Braai uie en voeg boeliebief en roommielies by. Sny die boonste kors van brood af (sy deksel), hol die brood uit en stop die brood met die vulsel. Strooi kaas mildelik bo-oor en sit in voorverhitte oond en laat kaas smelt. Sit deksel terug. Wat ‘n lekkerte…

Print Friendly, PDF & Email

Tamatie Bredie

All Gold

Bestanddele
30 ml Olie
2 Uie gekap
2 Huisies knoffel gekap
5 ml komyn
2 Stokkies heel kaneel
3 Karmadon Sade
2 X 400g Blikke All Gold Gekapte tamaties
1 kg Lam skenkels
1 X 410g All Gold Puree Tamaties
1 Chili gekap
30 ml Suiker
Sout en peper na smaak
45 ml Vars gekapte pietersielie

Metode
Verhit olie en braai uie en knoffel tot sag. Voeg komyn, kaneel en Karmadon saad by en braai vir 1 minuut. Voeg die lam by en verbruin. Voeg tamaties, puree tamaties, chili en suiker by. Sit deksel op en prut vir 1 uur lank. Haal deksel af en prut nou vir 30 minute of totdat die vleis sag is. Geur met sout en peper. Sprinkel pietersielie oor en bedien. Bedien met groente en rys.

Print Friendly, PDF & Email

Mielie tert

Bestanddele
60 ml Koekmeelblom
15 ml Bakpoeier
2 blikke (410 g) geroomde suikermielies
40 ml Suiker
60 ml Gesmelte Margarien
4 Eiers Geklits

Metode
Voorverhit oond tot 180° C. Smeer ‘n oondvaste bak met margarien. Meng al die bestanddele goed en gooi in bak. Bak vir 1 uur of tot gaar. Sny in blokke en bedien warm of koud met braaivleis.

Print Friendly, PDF & Email

Mieliebrood (1)

Erline Jordaan

Bestanddele
1 Blik suikermielies – room soort
2 Eiers
15 ml Olie
5 ml Sout
15 ml Suiker
500 ml Bruismeel
Paprika
Gerasperde geel kaas

Metode
Meng mielies, eiers en olie. Voeg sout, suiker en bruismeel by en meng deeglik.
Spuit ‘n Tupper jelly ring met spray en cook. Sprinkel paprika onder in. Gooi kaas in.
Gooi nou die mengsel in. Bak by 60% krag vir 7 minute en daarna vir 3 minute by 100%. Ontvorm en laat afkoel.

Print Friendly, PDF & Email

Boontjieslaai

Antoinette Perkins

Bestanddele – Slaai
1 x 425 g Blik Boontjies in Tamatiesous
1 x 410 g Blik Botter bone (Dreineer)
1 420 g Blik Gewone Groenbone
1 Green Pepper ontpit en gekap
1 Groot ui gekap
1 Hand vol rosyne of sultanas

Bestanddele – Sous
125 ml Asyn
125 ml Olie
125 ml Sagte Bruinsuiker

Metode Sous
Kook bestanddele vir sous vir 5 minute saam.

Metode
Gooi blikkies boontjies in glasbak. Gooi Green pepper en ui in bak. Gooi sous oor en meng goed.

Wenk
Los in yskas vir ten minste 24 uur. Indien goed verseël kan die slaai vir 4 weke in yskas gebêre word.

Print Friendly, PDF & Email

Arm man se droom dis

Annetjie Cilliers

Bestanddele
250g spaghetti
410g pit mielies
150ml olie
½ soetrissie
4 repe ontbytspek, gesnipper
1 pakkie sampioensoppoeier
200ml water
1 blik sampioene
250ml cheddarkaas, gerasper
sout en peper na smaak

Metode
Kook spaghetti volgens aanwysings op pakkie tot gaar. Dreineer, voeg pit mielies en olie by en meng. Braai intussen soetrissie en spek tot gaar en bros en roer deur spaghetti mengsel. Meng soppoeier en water en voeg saam met sampioene in kastrol en kook vir 15 minute. Giet oor spaghetti mengsel en meng. Plaas in vuurvaste bak en bedek met kaas. Bak by 180C totdat die kaas mooi bruin is.

Print Friendly, PDF & Email

Groente Tert

Estelle Lotter

Bestanddele
1 Blik Pitmielies
4 tot 6 Murgpampoentjies
1 Ui
1 k Gerasperde Kaas
Sampioene (Opsioneel)
Spek (Opsioneel)
¾ Bruismeel
2 Eiers

Metode
Sny sampioene, spek en murgpampoentjies in hap grootte. Meng alles en bak teen 180°C tot gaar.

Print Friendly, PDF & Email

Chakalaka (1)

All Gold

Bestanddele
30 ml Olie
1 Uie gekap
1 Huisie knoffel, gekneus
3 cm Gemmer geskil en gerasper
15 ml Kerrie Poeier
3 Wortels grof gerasper
1 420 g Blik All Gold Boontjies in tamatiesous
1 410 g Blik Tamatie en Uie Sous
Sout en Peper na smaak

Metode
Verhit die olie en braai die ui tot sag. Voeg knoffel en gemmer by en braai vir 1 minuut. Voeg wortels by en braai vir 2 minute. Voeg die twee blikke se inhoud by.
Meng goed en verhit goed. Voeg sout en peper na smaak by.

Wenk
Hierdie is genoeg vir 4 tot 6 persone. Kan warm bedien word as bygereg en koud as

Print Friendly, PDF & Email