BOELIEBIEF EN EIERS 

Woumarie

4 porsies

Bestanddele
1 ui, gekap
2 eetlepels olie
1 x 300 g-blik boeliebief
5 eiers
¼ koppie melk
sout en peper na smaak (wees versigtig met die sout, want die vleis is reeds sout)
4 snye roosterbrood

Metode
Braai die ui in die helfte van die olie tot goud-bruin.Verwyder die vet van die boeliebief (as jy wil) en voeg die vleis by die ui. Roer dit met ’n vurk sodat die boeliebief lekker los is.Klits die eiers en die melk saam. Maak roereier in ’n ander pan in die res van die olie. Skep die boeliebief op die roosterbrood en daarna die roereiers.

Advertisements
 

BULLYBEEF ROL

Lynette Muller

Bestanddele
1 Skilferkors – uitgerol
1 blikkie bullybeef – effe fyn gedruk met ‘n vurk
1 uie gekap
1 green pepper gekap of kwart van elk – green, yellow, red pepper
1 kop chedder kaas

Metode
Braai bullybeef, uie en greenpepper – haal van stoof af en meng kaas by. Smeer oor skilferkors en rol op. Vou kante mooi toe en na onder. Sit in bakplaat. Verf eier of melk of mayonnaise bo-oor en maak 3 vertikale kepe in rol. Bak by 180 grade C vir so 45 min tot gaar en bruin en bros. Bedien saam broodrolletjies en mengelslaai of kapokaartappels

Wenk:
Ek braai nie eers my goed nie – ek meng die gekapte uie, greenpepers, die kaas en bullybeef (alles net so rou) – smeer dit oor die skilferkors, rol op en bak.

Doen ook die volgende:
Los die ui en die greenpeppers uit, neem 1 blikkie chakalaka met mielies of butternut, meng dit met die bullybeef en kaas en smeer dit oor die rol

Vervang die bullybeef met Tuna, gevlokte hoender, maalvleis of spek

 

FAMILIEGUNSTELING

Rika Theron

Bestanddele
1 pakkie spekvleis, fyngesnipper,
klein blikkie tamatiepuree,
1 blikkie Weense worsies in wieletjies gesny,
1/2 k water,
klein blikkie Idealmelk,
1 medium ui, fyngekap,
1 huisie knoffel, fyngekap,
1/2 t kerriepoeier,
1/4 t paprika,
1/2 t braaivleisspeserye,
Fondorsout,
peper,
1/2 – 1 k gerasperde kaas,
1/2 pakkie gaar macaroni.

Metode
Braai uie en knoffel in ‘n bietjie olie, voeg spekvleis en Weense worsies daarby en braai tot bruin. Voeg daarby die tamatiepuree, water, Idealmelk en kruie na smaak. Soteer oor medium hitte vir ongeveer 5 minute. Roer die vleismengsel liggies in die gaar pasta. Skep in diep oondbak. Strooi kaas egalig bo-oor. Bak in warm oond (230°C). Bedien met ertjies en tamatieslaai.

 

BULLYBEEF ONTBYT/BRUNCH

Lynette Muller

“Maak gereg in pan met deksel of in jou skottelbraai”

Bestanddele
Braai 1 ui, greenpeppers , sampioene, bietjie gekapte spek, stukkies kool, ens. tot sag.
Gooi blikkie bullybeef in en braai deur (jy kan enige oorskiet vleis, bv gisteraand se braaivleis ook gebruik).
Gooi 1 tot 2 tamaties in blokkies gesny (skil verwyder) by en kook deur.
Gooi halwe blikkie sweetcorn by. Gooi bietjie water by as droog is.
Maak holtes in die beslag, en breek in elke holte ‘n eier oop.
Rasper bietjie kaas bo-oor.
Sit deksel op en stoom vir paar minute tot gaar.

Wenk
Of jy kan die mengsel in ‘n bord skep en jou eiers apart gaarmaak en net bo-op skep

 

SOUTVLEISSLAAI

Rika Theron

Bestanddele
1 blik soutvleis,
mayonnaise,
1 fyngekapte ui,
1 k gaar rys,
2 tamaties, in dun skyfies gesny,
1 k ingemaakte ertjies,
2 hardgekookte eiers in dun skyfies gesny.

Metode
Sny soutvleis in klein blokkies. Meng alles saam met mayonnaise en versier met pieterselie en blaarslaai.

 

Eenbak SPAGHETTI met BOELIEBIEF

Lynette Muller

Bestanddele
1 pakkie spaghetti – in stukkies opgebreek
1 blik heelpit mielies (jy kan hier ook ertjies of veggie mix gebruik)
1 blik Boeliebief – in blokkies gesny
1 tamatie – geskil en opgekap
1 ui – opgekap
1 groenrissie – in blokkies gesny
1 pakkie wit uiesop
3 eiers
1 koppie melk
1 koppie kaas – gerasper

Metode:
Kook die spaghetti tot gaar en dreineer. Klits die eiers, melk en soppoeier saam. Meng nou alles goed deurmekaar. Spuit ‘n oondbak met spray and cook en skep die mengsel daarin. Strooi die gerasperde kaas bo-oor. Bak in voorverhitte oond teen 180° vir 1 uur.

 

BULLYBEEF SOUTTERT

Lynette Muller

Bestanddele
1 blik bullybeef
1 kop melk
3 eiers
2 eetl meel
1 en half tl droee pietersielie
1 tl mosterd
sout en peper

Metode
Meng alles en gooi in platbak
Rasper lekker baie kaas bo-oor en bak tot gaar 180grade – ongeveer 30 minute
Indien julle nie van die bullybeef hou nie, vervang dit met so 2 kop blokkies kouevleis, weense worsies in ringetjies gesny, blikkie tuna, 2 kop gaar maalvleis of gevlokte hoender

Jy kan dit bietjie aanpas:
1 gekapte ui, 1 koppie blokkies ham, 1 tl bakpoeier en ook 1 ekstra eier. Jy kan selfs so ‘n halwe blikkie pitmielies ingooi by die beslag en ‘n paar stukkies groen, rooi en geel soetrissies gekap

 

WEENSE WORSIES & PIESANGGEREG

Rika Theron
(6 porsies)

Bestanddele
6 medium piesangs,
6 pynappelskywe,
1 blikkie weense worsies,
1/5 k suurlemoensap,
6 spekrepe,
1/5 k gerasperde kaas.

Metode
Skil piesangs en doop in suurlemoensap. Sny piesangs in lengte middeldeur en plaas weense worsies tussen 2 helftes. Strooi kaas tussen piesang en worsie. Draai piesang en worsie toe in ‘n spekreep waarvan randjie afgesny is en steek vas met stokkie. Sny ‘n ronde stuk uit middel van pynappelskyf en druk piesang en worsie hierdeur. Plaas 5 tot 7 minute onder boonste element van oond. Bedien sissend warm.

 

FRIKKADELVERRASSING 

Rika Theron

Bestanddele
1 blik vleisfrikkadel in sous
250 g fyn aartappels
1 klein pakkie bevrore ertjies
2 wortels in blokkies gesny
1/5 k fyngerasperde kaas
1 tamatie

Metode
Kook ertjies en wortels saam tot gaar.  Dreineer.  Plaas onder in bakskottel.  Voeg helfte van frikkadel by.  Sny tamatie in skywe en plaas bo-op frikkadelle.  Voeg res van frikkadelle by.  Maak bo-oor met fyn aartappels toe.  Strooi kaas oor.  Bak in medium oond (180°C) tot warm en kaas gesmelt is.

 

BULLYBEEF POFFERTJIES

Lynette Muller

Bestanddele
1 blikkie bullybeef
2 kop meel
1/2 kop water of melk
2 eiers
2 teel bakpoeier
Knippie sout
Klein ui fyn ingerasper
Peper/geurmiddels na smaak

Metode
Druk Bullybeef goed fyn. Gooi in bak.
Sif meel, bakpoeier en geurmiddels by en meng deur.
Gooi eiers een vir een by en meng
Gooi water/melk by en meng goed.
Bak lepelsvol in olie tot gaar en goudbruin.
Maak myne in n “deepfryer” Gooi so ‘n hoogvol teelepel vol in die olie