BULLYBEEF SOUTTERT

Lynette Muller

Bestanddele
1 blik bullybeef
1 kop melk
3 eiers
2 eetl meel
1 en half tl droee pietersielie
1 tl mosterd
sout en peper

Metode
Meng alles en gooi in platbak
Rasper lekker baie kaas bo-oor en bak tot gaar 180grade – ongeveer 30 minute
Indien julle nie van die bullybeef hou nie, vervang dit met so 2 kop blokkies kouevleis, weense worsies in ringetjies gesny, blikkie tuna, 2 kop gaar maalvleis of gevlokte hoender

Jy kan dit bietjie aanpas:
1 gekapte ui, 1 koppie blokkies ham, 1 tl bakpoeier en ook 1 ekstra eier. Jy kan selfs so ‘n halwe blikkie pitmielies ingooi by die beslag en ‘n paar stukkies groen, rooi en geel soetrissies gekap

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements

WEENSE WORSIES & PIESANGGEREG

Rika Theron
(6 porsies)

Bestanddele
6 medium piesangs,
6 pynappelskywe,
1 blikkie weense worsies,
1/5 k suurlemoensap,
6 spekrepe,
1/5 k gerasperde kaas.

Metode
Skil piesangs en doop in suurlemoensap. Sny piesangs in lengte middeldeur en plaas weense worsies tussen 2 helftes. Strooi kaas tussen piesang en worsie. Draai piesang en worsie toe in ‘n spekreep waarvan randjie afgesny is en steek vas met stokkie. Sny ‘n ronde stuk uit middel van pynappelskyf en druk piesang en worsie hierdeur. Plaas 5 tot 7 minute onder boonste element van oond. Bedien sissend warm.

Print Friendly, PDF & Email

FRIKKADELVERRASSING 

Rika Theron

Bestanddele
1 blik vleisfrikkadel in sous
250 g fyn aartappels
1 klein pakkie bevrore ertjies
2 wortels in blokkies gesny
1/5 k fyngerasperde kaas
1 tamatie

Metode
Kook ertjies en wortels saam tot gaar.  Dreineer.  Plaas onder in bakskottel.  Voeg helfte van frikkadel by.  Sny tamatie in skywe en plaas bo-op frikkadelle.  Voeg res van frikkadelle by.  Maak bo-oor met fyn aartappels toe.  Strooi kaas oor.  Bak in medium oond (180°C) tot warm en kaas gesmelt is.

Print Friendly, PDF & Email

BULLYBEEF POFFERTJIES

Lynette Muller

Bestanddele
1 blikkie bullybeef
2 kop meel
1/2 kop water of melk
2 eiers
2 teel bakpoeier
Knippie sout
Klein ui fyn ingerasper
Peper/geurmiddels na smaak

Metode
Druk Bullybeef goed fyn. Gooi in bak.
Sif meel, bakpoeier en geurmiddels by en meng deur.
Gooi eiers een vir een by en meng
Gooi water/melk by en meng goed.
Bak lepelsvol in olie tot gaar en goudbruin.
Maak myne in n “deepfryer” Gooi so ‘n hoogvol teelepel vol in die olie

Print Friendly, PDF & Email

BULLYBEEF SOUTTERT

Lynette Muller

Bestanddele
1 koppie meel
10 ml bakpoeier
5 ml paparika
knippie sout
koppie spek gesnipper en gebraai
650 ml gerasperde kaas
blikkie bullybeef fyn gedruk
6 hardgekookte eiers grof gerasper
2 stewige tamaties grof gerasper
1 groot ui grof gerasper
750 ml melk

Metode
Verhit oond tot 180 grade. Smeer tertbakke. Bak 30 min of tot toetspen skoon uit kom. Lewer 3 middelslag terte.

Print Friendly, PDF & Email

EENBAKETE MET SOUTBEESVLEIS: [maak hom in jou potjie]

Bestanddele
Bietjie olie
2 Uie Gekap
½ Pakkie Spek, gekap
2 Knoffelhuisies, gekneus
½ Teel Gedroogde pietersielie
1 Rooi Soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
1 Blik Sout beesvleis, fyn gemaak
1 Blik Geroomde sampioene
1 Blik Sampioene in skyfies gesny
2 Teel Bruinsuiker
1 Teel Kerriepoeier
3 Eetl Blatjang
1 Teel Worcestersous
Sout en gemaalde swartpeper na smaak
1 Koppie Water
3 Koppie Amper gaar rys
1 Koppie Cheddarkaas, gerasper

Metode
Stel oond op 180C. Soteer uie, spek en knoffel oor lae hitte tot sag.
Voeg pietersielie en soetrissie by en soteer nog ‘n bietjie.
Voeg die sout vleis en al die sampioene by.
Meng suiker, kerrie, blatjang, worcestersous, sout en peper met water en roer goed deur.
Voeg by vleismengsel in kastrol en prut oor lae hitte vir 5 minute.
Skep rys in ‘n groot genoeg gesmeerde oondbak.
Skep vleismengsel bo-op en sprinkel kaas oor.
Bak vir 30 minute of tot alle vloeistof geabsorbeer is.

Print Friendly, PDF & Email

KITS BEESVLEISGEREG

Rika Theron

Bestanddele
1 pakkie gemengde bevrore groente,
3 k water,
1 pakkie gekruide beesvleissop,
1 gekapte ui,
sout,
peper,
Maggi Fondor,
1 blik aartappels,
1 blik soutvleis.

Metode
Plaas alle bestanddele behalwe soutvleis in ‘n kastrol en kook 10 minute tot groente sag is. Voeg vleis by en kook nog 5 minute. Bedien warm met rys en groenslaai.

Print Friendly, PDF & Email

GEKRUMMELDE BOELIEBIEF

Lynette Muller

Bestanddele
2 x 300g elk boeliebief
250ml droë broodkrummels
5ml paprika
5ml droë mosterd
10ml vars gekapte pietersielie
Sout en varsgemaalde swartpeper
3 ekstra groot eiers, geklits
olie vir vlakbraai

Metode.

Sny die boeliebief in vingers of skywe. Meng die broodkrummels met die paprika, mosterdpoeier en pietersielie en geur na smaak. Doop die boeliebiefskywe eers in die eier en dan in die krummelmengsel. Plaas in die yskas sodat die krummelmengsel verstewig. Verhit die olie in ‘n groot pan en braai die skywe daarin tot goudbruin en bros. Bedien warm op fyn aartappels saam met roerbraaigroente of slaai

Print Friendly, PDF & Email

BULLYBEEF KOEKIES

Lynette Muller

Bestanddele
‎1x blikkie bullybeef fyn gedruk
1x blikkie sweetcorn (pitmielies)
2x eiers
1x ui fyn gekap
1 1/2x koppie koekmeel
1x koppie melk
1x teelepel bakpoeier
Knippie sout
Kruie en speserye na smaak

Metode
Meng alles goed saam.Skep lepels vol in pan met warm olie en vlakbraai tot goudbruin. Keer om en braai tot goud bruin. Plaas op papier handoekrol en laat afkoel.

Print Friendly, PDF & Email

AARTAPPEL – EN – WORSIEGEREG 

Rika Theron 

(4 porsies)

Bestanddele
2 groot of 4 medium aartappels, gaar en fyngemaak,
2 uie in ringe gesny,
2 tamaties, in skywe gesny,
15 ml koekmeel,
25 ml margarien,
325 g blik Weense worsies,
handvol vars broodkrummels,
sout, peper en suiker na smaak.

Metode
Smeer ‘n tertbord en voer uit met fynaartappel.  Braai uie, tamaties, meel en margarien tesame.  Geur.  Sny worsies in ringe en vul tert.  Skep tamatiemengsel oor.  Strooi krummels oor en geur wee.  Bak 10 min. (200°C).

Print Friendly, PDF & Email