Mev. Atterbury se spaghetti-kruising

RSG

Bestanddele
1 pakkie spaghetti – in stukkies opgebreek
1 blik mieliepitte
1 blik boeliebief
1 tamatie – geskil en gekap
1 ui – gekap
1 groenrissie
1 pakkie wit uiesop
3 eiers
1 koppie melk
1 koppie kaas – gerasper

Metode
Kook spaghetti gaar. Klits eiers saam met melk. Gooi alles in oondbak, meng goed, gooi kaas oor bak in voorverhitte oond vir 1 uur teen 180 grade.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements

Joe se korslose tert

RSG

Bestanddele
1 blik Weense worsies, gedreineer
¼ koppie gerasperde kaas
1 koppie melk
2 eiers, geklits
½ – 1 teelepel mosterdpoeier (na smaak)
1 teelepel gerasperde ui
1 teelepel pietersielie (vars of droog)
1 eetlepel meelblom
Sout en peper (swart/suurlemoen peper) na smaak

Metode
Druk worsies fyn met vurk. Voeg kaas, mosterd, ui en pietersielie by. Voeg geurmiddels by. In `n aparte bak, klits eiers en voeg melk en meelblom by.
Klits baie goed. Meng met res van bestanddele. Sit alles in tertbak. Bak vir 20 – 30 minute in `n voorverhitte oond teen 180 C.

Print Friendly, PDF & Email

KORSLOSE SOUTTERTJIES

Bestanddele
1 x 300 g soutbeesvleis
25 ml koekmeel
2 k gerasperde kaas
1 t mosterdpoeier
1 k melk
knypie rooipeper
2 eiers, geklits
fyngekapte pietersielie

Metode
Verwyder vet van soutbeesvleis. Maak vleis goed fyn. Voeg res van bestanddele by en meng goed. Skep mengsel in vormpies of goedgesmeerde/gespuite kolwyntjiepannetjies. Bak vir 15 20 minute tot gaar by 180ºC. Lewer ongeveer sestig klein tertjies.

Print Friendly, PDF & Email

Pita-brood met warm vulsel

RSG

Bestanddele
1 pakkie spek
1 blikke boeliebief
1 groterige ui
1 pak sampioene
70 ml olie om in te braai
20 ml blatjang
15 ml Worcestersous

Metode
Braai ui, voeg spek by, braai liggies en voeg sampioene by. Voeg boeliebief by en laastens die blatjang en Worcestersous. Skep in pitabrood en geniet.

Print Friendly, PDF & Email

Hanlie se Boeliebief lekkerte

Resepte

Bestanddele
1 blik Boeliebief
1 blik Roommielies
1 Ui
1 Franse brood
1 koppie gerasperde kaas

Metode
Braai uie en voeg boeliebief en roommielies by. Sny die boonste kors van brood af (sy deksel), hol die brood uit en stop die brood met die vulsel. Strooi kaas mildelik bo-oor en sit in voorverhitte oond en laat kaas smelt. Sit deksel terug. Wat ‘n lekkerte…

Print Friendly, PDF & Email

Vinnige Aandete

Bestanddele
4 Dik snye brood
1 Blikke Weense Worsies
3 Geklikste eiers
2 k Gerasperde kaas
2 k Melk
1 Pakkie Bacon
Pietersielie, sout, rooipeper en mosterd
Uie

Metode
Sny die bacon in stukkies. Voeg die uie by en braai. Krummel die brood en voeg warm melk oor en laat week. Voeg die geklitste eiers by en meng goed. Gooi alles in ‘n bak en bak in matige oond tot gestol en gaar.

Print Friendly, PDF & Email

Bully rol

Maureen van Lill

Bestanddele
1 x Blaardeeg
Marmite
1 eier (geklits)
1 blikkie boeliebief
1 ui – fyngekap
Koppie kaas
2 eetlepels Chutney
Green Pepper na smaak (opsioneel)

Metode
Kap die ui fyn. (Ek kook die fyngekapte ui met ‘n bietjie water in die mikrogolf vir so 1 minuut net om die ergste branderigheid uit te haal). Meng die ui en Bully bief. Rol blaardeeg oop. Neem die agterkant van ‘n teelepel en “smeer” die marmite eweredig oor die blaardeeg. Skep bogenoemde gemengde bestanddele op blaardeeg. Versprei eweredig. Rol blaardeeg op. Plaas op bakplaat. Sny blaardeeg ? moenie deursny nie. Verf geklitste eier oor vleisrol. Bak op 180 grade tot goudbruin.
Kan warm of koud geniet word. Kan ook as hoofgereg bedien word, met slaai daarby.

Print Friendly, PDF & Email