TJOPS MET HEUNING EN BLATJANG

Anna Eksteen

Bestanddele
8 lamslendetjops, 20mm dik

BEDRUIPSOUS:
80ml vrugteblatjang
45ml heuning
10ml vars gekapte pietersielie
5ml vars gekapte of 2ml droë roosmaryn
5ml mosterdpoeier
2ml kerriepoeier
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode
Meng al die bestanddele vir die bedruipsous. Braai tjops 15-20 minute oor matige kole tot gaar en goudbruin, keer teen die einde van die gaarmaaktyd dikwels om en bedruip met sous. Sit dadelik voor.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements

BILTONG, KAAS- EN UIE-POTBROOD

Anna Eksteen

Bestanddele
500g bruismeel                                                             
1 bier
1½ koppies gerasperde Cheddarkaas                            
250ml fyn (nat!) biltong
125ml fyn, bruingebraaide uie

Metode
Meng die meel en bier goed. Voeg 1 koppie kaas, die biltong en ui by en meng alles saam. Plaas dit in jou gesmeerde pot en bedek met die res van die kaas Bak tot gaar. Toets met ‘n skoon mes of totdat hy onderkant mooi hol klink. Eet warm met plaasbotter en konfyt

VARIASIES:
(Sonder die biltong en uie)
‘n Pakkie droë, bruin uiesop.
‘n Eetlepel of twee Marmite of Frey Bentos.
Neute en rosyne.
Spek (brosgebraai en gekrummel)
Olywe, kappers en ansjovis
Baie vars knoffel en pietersielie; gemengde kruie van jou keuse.

Print Friendly, PDF & Email

LAMSTJOPS MET KRUIE KNOFFELBOTTERSOUS

Anna Eksteen

KRUIEBOTTERSOUS:
250g sagte botter
2 knoffelhuisies (gekneus)
15ml gemengde droë kruie
30ml suurlemoensap

VLEIS:
45ml olyf olie 20ml suurlemoensap
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
12 lamslendetjops

Metode
Plaas botter, knoffel, kruie en sap in ‘n voedselverwerker. Meng goed. Skep bottermengsel op bak of botter papier van sowat 25cm in lengte en 4cm in breedte. Rol op sodat ‘n rol vorm en plaas in vrieskas of yskas tot gereed vir gebruik.

VLEIS:
Meng olyfolie, sap, sout en peper in bakkie en verf mengsel oor die tjops. Rooster tjops op kole na gelang van smaak van gaarheid. Verhit kruiebottersous stadig tot warm maak nie kokend nie. Gooi oor tjops net voor opdiening.

Print Friendly, PDF & Email

PERI-PERI-PLATHOENDERTJIE

Anna Eksteen
Koop ‘n vars plaashoender, sny die rugstring uit en druk die karkas plat met jou oop hand. Plaas oornag in ‘n appelpekelmengsel voordat dit op die braaivuur gaargemaak word.

Bestanddele Hoender
1 groot plaashoender

PEKELMENGSEL:
250ml vars appelsap
500ml koue water
62.5ml growwesout
80ml bruinsuiker
250ml fyn ys

Meng die appelsap, water, sout en suiker in ‘n groot beker. Plaas ysblokkies in ‘n skoon afdroogdoek, bind op en slaan fyn. Meet ‘n koppie vol en gooi by die res van die bestanddele.

BRAAISOUS:
62.5ml olyfolie
200ml peri-peri-bedek-en-kook-sous
1 groot toeritsplastieksak

Metode
Plaas die hoender in die plastieksak. Gooi die pekelmengsel oor en rits toe. Laat staan oornag in die yskas. Klad droog en verf aan albei kante met olyfolie. Braai tot halfgaar en begin dan die hoender met die peri-peri-sous verf. Draai af en toe om tot gaar. Voeg orige olyfolie by sous. Verhit en gooi oor die gaar hoender. Heerlik saam met slaai en pietersielie-aartappeltjies.

Print Friendly, PDF & Email

GEROOSTERDE SNOEK

Anna Eksteen

Bestanddele
1.5kg vars snoek
olie

Bedruipsous
250ml droë witwyn
1ml vars gemaalde swartpeper
100ml fynappelkooskonfyt
3 knoffelhuisies, gekap
20ml vars gekapte pietersielie
12.5ml Worcestersous
12.5ml sojasous
30ml suurlemoensap

Bestanddele
Meng die bestanddele vir die bedruipsous en laat prut vir 1 minuut lank. Smeer ‘n toeklap rooster vooraf met olie, anders sal die vis vassit. Moet nie die vel van die snoek verwyder nie, en plaas die snoek op die rooster. Rooster die snoek 15-20 minute stadig oor matige kole terwyl dit aanhoudend met die bedruipsous bestryk word. Gebruik ‘n kwassie vir die doel.

Print Friendly, PDF & Email

GEPEKELDE VARKTJOPS MET HEUNING EN MOSTERD

Anna Eksteen

PEKELMENGSEL:
340ml bottel swartbier (stout)
500ml koue water
62.5ml growwesout
80ml bruinsuiker
250ml fyn ys
6 mooi varklendetjops, 2-2½ cm dik
62.5ml olyfolie
1 groot toeritsplastieksak

HEUNING-EN-MOSTERD-SOUS:
125ml goeie plaasheuning
62.5ml Franse korrelmosterd
62.5ml sterk hoenderaftreksel
15ml suurlemoensap

Metode Sous
Meng alle bestanddele vir sous goed saam en hou eenkant.

Metode Tjops
Plaas die varklendetjops in die plastieksak. Gooi die pekelmengsel oor en rits toe. Laat staan oornag in die yskas. Klad droog en verf aan albei kante met olyfolie. Braai tot halfgaar en begin dan die varktjops te verf met die heuning en mosterdsous. Draai af en toe om tot gaar. Voeg orige olyfolie by sous. Verhit en gooi oor die gaar varklendetjops.

Print Friendly, PDF & Email

BRAAISOUS

Anna Eksteen

Bestanddele
1 ui, in ringe gesny
1 knoffelhuisie, gekneus
10ml olie
200ml tamatiesous
150ml water
75ml bruinsuiker
30ml Worcester-sous
5ml sout
10ml mosterd

Metode
Soteer uie en knoffel in olie tot deurskynend. Voeg die res van die bestandele by en prut vir 5 minute. Heerlik saam met oor die kole gebraaide hamburgerkoekies.

Print Friendly, PDF & Email

WARM PATATS IN FOELIE

Anna Eksteen

Bestanddele
een medium patat per persoon                                       
foelie
botter 
growwe peper / peperkorrels
growwe sout / soutkorrels 
extra virgin olyfolie
een suurlemoen 
‘n paar takkies vars tiemie

Metode
Was die patats skoon en droog af (hou die vel aan). Neem ‘n vurk en steek so ‘n paar gate in die patats reg rondom. Plaas die patats elkeen op ‘n stuk foelie (blink kant na binne). Drup so klein bietjie olyfolie op elke patat, en smeer so bietjie botter op elkeen. Sny die suurlemoen in die helfte en druk ‘n klein bietjie sap op elke patat. Meng die sout en peperkorrels en maal dit fyn strooi op die patats. Plaas een takkie vars tiemie saam met die patat op die foelie. Draai die patats goed toe in die foelie moenie dat die tiemie uitval nie, want dit bring so ‘n lekker geurtjie en smakie daarby.

Print Friendly, PDF & Email

VARKVLEIS SOSATIES

Anna Eksteen

Bestanddele
4 varkschnitzels of varkboud in blokkies gesny             
250g droë appelkose
440g pynappelstukkies
2 lemoene se sap
30ml vrugte blatjang
15ml heel korrelmosterd
10ml heuning                                                                
15ml vars of 10ml droë roosmaryn
sout en varsgemaalde swartpeper

Metode
Ryg die varkblokkies afwisselend met die droë appelkose en pynappelstukkies op die sosatiestokkies. Meng die res van die bestanddele, buiten die sout en peper. Giet in ‘n bak en marineer die sosaties daarin. Geur die sosaties met sout en peper net voor dit gebraai word. Braai oor matige kole tot net gaar en bedruip gereeld met orige marinade. ( Hoe langer die sosaties marineer – hoe lekkerder is dit.)

Print Friendly, PDF & Email