Appeltert Op Die Vuur:

Lynettte Muller

Bestanddele
½ kop gewone hawermout
6 eetlepels meel
3 eetlepels bruinsuiker
¼ koppe gegranuleerde (castor) suiker
¼ teelpel kaneel
knippie neutmuskaat
2 teelepel botter, nog n bietjie vir foelie
3 appels (Fiji)
‘n paar druppels suurlemoensap

Metode
Meng die hawermout, meel, suikers, kaneel & neutmuskaat saam. Sny die botter in todat die mengsel krummels maak. Sit dit in die yskas & begin die appels voorberei. Was die appels & maak hulle droog. Sny die appels in skywe, meng dit in ‘n bak met suurlemoensap. Sny 2 stukke foelie (omtrent ‘n 30cm elk) & botter elkeen in die middel. Plaas die appels in die middel & gooi die hawermoutmengsel oor. Plaas ander een foelie bo op(botter in die middel) & vou die randjies om (omtrent 1 cm). Maak seker dis mooi geseël. Vou die hele pakkie in nog ‘n stuk foelie om seker te maak dat dit kan brand nie. Plaas dit op die rooster (Op medium hitte – 180 grade) vir 20 min. Laat dit afkoel vir ‘n paar minute. Wees versigtig- die inhoud is baie warm. Sit voor met roomys of room.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements
 

Gebakte Koolkop

Lynette Muller

Bestanddele
1 middelmatige koolkop
125 g botter
250 ml room, Bulgaarse joghurt of witwyn
geurmiddels
1 koppie cheddarkaas, in repe gesny
vars knoffel na smaak
1 pakkie vars sampioene
1 pakkie repiespek

Metode:
Verwyder buite blare van kool, en sny halfpad in skywe. (Maak soos wanneer jy ‘n knoffelbrood sny. Dit moet nog ‘n vaste basis hê.)
Sit botter, kaas, knoffel en rou sampioene en spek tussen elke skyf. Maak toe met ‘n sterk foelie, en sorg dat daar ‘n klein gaatjie bo is.
Gooi nou die room of yoghurt of wyn daarin. Bak in oond teen 180 grade vir 1 uur. Of nog beter, sit dit langs jou kole op die oop vuur! Heerlik by braaivleis!

Print Friendly, PDF & Email
 

SOUSBOONTJIES:

Anna Eksteen

Bestanddele
500 ml gaar, gespikkelde bone
125 g spekvleis, fyngesnipper
1 ui, gekap
50 ml bruin suiker
15 ml mosterdpoeier
5 ml sout
2 ml swartpeper
30 ml wynasyn
200 ml water of bone-aftreksel

Metode
Meng al die bestanddele saam en plaas in ‘n vuurvaste oondskottel. Bak dit vir 1 uur in ‘n voorverhitte oond by 180C.

Print Friendly, PDF & Email
 

AARTAPPELS IN FRANSE SLAAISOUS

Okkie Jaansen van Vuure

Bestanddele Aartappels
500g middelslag aartappels, geskil

Bestanddele Franse Slaaisous
90ml olyf of sonneblomolie
45ml wit asyn
2.5ml aangemaakte mosterd
25ml heuning
2.5ml gemengde kruie
1 knoffelhuisie, gekneus
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metde
Kook die aartappels in soutwater tot gaar. Laat effens afkoel en sny in skywe. Meng al die bestanddele vir die slaaisous goed saam. Gooi slaaisous oor warm aartappels en laat dan heeltemal afkoel. Bedien 4 porsies.

Wenk
Hierdie resep werk ook baie goed met klein aartappeltjies

Print Friendly, PDF & Email
 

 PATAT IN FOELIE

Lynette Muller

Benodig vir elke persoon

Bestanddele
1 middelslag-patat
sout na smaak
1 eetlepel heuning
’n knippie kaneel

MAAK SO:
Spoel die patat af en sit dit in dik foelie. (Moenie die patat afdroog nie.) Strooi ’n knippie sout oor en maak die patat heeltemal toe met die foelie. Sit die patat in warm kole en bak dit vir sowat 10 minute aan elke kant. Steek nou ’n mes of ’n stokkie in die patat. As hy tot diep binne-in sag is, is jou kos gaar. Haal die patat uit die kole en skeur die foelie oop. Druk dit oop, gooi ’n bietjie heuning oor en sprinkel kaneel bo-oor. Eet saam met tjops of vis. Wees versigtig vir die warm stoom wanneer foelie oopgemaak word!

Print Friendly, PDF & Email
 

LEKKER BRAAIGEREG

Lynette Muller

Bestanddele
Baba aartappels
baba uitjies
sampioene
spek
feta

Metode
Baba aartappels (met skil aan) en 10 klein baba uitjies (geskil) (uie is opsioneel) gekook met sout tot sag. Intussen snipper n pakkie spek fyn en 1 tot 2 groot uie gekap gebraai tot bros. Die olie afgedreineer en eenkant gehou. Sny halwe pak sampioene, net in die helfte braai in die spek se olie met so ‘n bietjie wostersous/soyasous gesprinkel. Die sampioene moet net effe gebraai word, dit moet nie gekrimp en pap sag wees nie. (Hou nou die gereg warm in die lou-oond tot net voor opdiening of maak op defrost warm voor opdiening)
Meng alles liggies deur en meng dan ‘n halwe koppie botter, 2 teelepels knoffelvlokkies (opsioneel), sout en peper en 2 teelepels pietersielie in ‘n koppie. Bring die in die mikrogolf tot kookpunt. Net voor opdiening, roer liggies deur. Gooi botter en knoffelmengsel oor, en gooi dan blokkies fetakaas, gekapte spruit uie, vars stukkies pietersielie en ‘n paar mixed sprouts (opsioneel) oor.
Hierdie is genoeg vir 8 grootmense.

Print Friendly, PDF & Email
 

TAMATIE LEKKERTE

Woumarie

Bestanddele
4 kg geskilde tamaties
1 kg gekapte uie
3 kop suiker
2 kop asyn
2 gekapte “greenpeppers”
Kook saam ± 1uur

MENG EN VOEG BY
2 eetl mosterdpoeier
2 eetl Kerrie
2 eetl sout
2 eetl maizena (hoogvol)
2 eetl koekmeel (hoogvol)
1 kop asyn

Opsioneel en Metode
Ek gooi so 1 tl crushed chillies by die daai ekstra Byt !! Kook goed deur.  Skep in bottels. Mens kry 10 botteltjies uit van die mengsel. Gebruik as ‘n braai bygereg, hamburgers, hotdogs, saam met kerrie geregte, sous oor jou gebraaide wors, as sous by jou pap

Print Friendly, PDF & Email
 

BYGEREG VIR BRAAI VLEIS

Lynette Muller

Bestanddele
1 Brood ( gesny)
Botter
Marmite
2 kOP Gerasperde Kaas
2 pakkie Spek (lekker bruin gebraai)
4 Eiers
1 ½ Koppie melk
Sout en Peper
Skyfies tamatie

METODE:
Smeer die snye brood met botter en marmite en sny die broodsnye in halwes. Klits eiers in die melk en gooi bietjie sout en peper by.
Smeer ‘n vuurvaste bak. Pak ‘n stewige laag met die gesmeerde broodjies onder in die bak, rangskik spekvleis en tamatiesnye bo oor, strooi nou die kaas bo-oor. Gooi die eier-mengsel bo-oor en bak in oond by 180 *C vir 30 minute tot goudbruin

Print Friendly, PDF & Email
 

BUTTERNUT SKYWE MET GARLIC

Lynette Muller

Bestanddele en Metode
Sny jou butternut in dik skywe – met skil aan. Smeer lekker homp botter op en knoffelvlokkies, sout en gemaalde swartpeper – sny ‘n ui in skywe en sit die skyf ui bo-op die butternut. Maak indeviduele pakkies. Maak pakkie toe met foelie en maak gaar op die kole of in die oond.

Print Friendly, PDF & Email
 

BROODSLAAI

Lynette Muller

Bestanddele
1 brood (korsie loos) in blokkies gesny
6 eiers (fyngedruk met vurk)
6 eet lp asyn
6 eet lp suiker
1 eet lp mostert poeier
500 ml mayonnaise
blokkies kaas
gurkins in skyfies gesny

Metode.
Braai brood blokkies in diep olie en hou eenkant
Meng eiers, asyn, suiker en mostert poeier saam oor lae hitte – roer gereëld sodat nie aanbrand
Haal af van hitte voeg mayonnaise by
Meng brood en sous 1 uur voor opdiening, voeg kaas en gurkins by

Print Friendly, PDF & Email