Whiskey Sour

Anna Eksteen

Bestanddele
Gooi 45ml whisky
30ml suurlemoensap
15ml suikerstroop en ys in ‘n mengfles en skud goed.
Gooi in ‘n glas met ‘n steel, sonder die ys.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements
 

Sherry Marinated Wors

https://crushmag-online.com/

Ingredients
1/2 kg best quality boerewors
1 C (250 ml) port or sherry

Method
Prick the skin of the boerewors several times with the tip of a sharp knife. Place the sausage in a dish and pour the port or sherry over it. Cover and allow to marinate in a cool place (do not refrigerate) overnight. Grill or braai the sausage to your taste.

Print Friendly, PDF & Email
 

Bief-en-bierpastei

https://www.proagri.co.za
Uittreksel uit bitten deur Sarah Graham

Vinnig en maklik, hierdie pastei sal ‘n treffer in enige huisgesin wees.

Bestanddele
500g beesvleis in blokkies gesny
Sout en peper na smaak
30ml olyfolie
5ml droë tiemie
1 medium ui, gekap
1 huisie knoffel, gekap
1 koppie bier
1 koppie aftreksel
1 groot patat, geskil en opgekap
1 koppie wortels, opgekap
15ml mosterd
30ml mielieblom, gemeng met bietjie water
400g klaargerolde blaardeeg
1 eier, geklits

Metode:
Geur die vleis met sout en peper. Verhit die olie en braai die vleis en tiemie tot goudbruin. Voeg die knoffel en ui en braai vir 2-3 minute voor jy die bier byvoeg en weer vir 2-3 minute braai. Voeg die aftreksel, patat, wortels en laat vir 20 minute prut tot die vleis sag is. Voeg die mosterd en mielieblom en roer tot die mengsel dik word. Geur met sout en peper na smaak en verwyder van die hitte. .    Voorverhit die oond na 200°C en smeer ‘n oondvaste bak (20x20cm). Neem drie velle van die blaardeeg en sny in die helfte en bedek met ‘n klam vadoek om te keer dat dit uitdroog. Skep die vleis in die oondvaste bak en bedek met die deeg. Smeer elke vel met die geklikste eier voor die volgende vel bygevoeg word. Bak vir ongeveer 15 minute tot die deeg goudkleurig en krakerig is.

Print Friendly, PDF & Email
 

PYNAPPELBIER:

Anna Eksteen

Bestanddele
4 groot pynappels se skille
7 liter warm water
1.2kg wit suiker
12 rosyne
10g aktiewe of kitsdroë gis

Metode
Was pynappelstukke goed en plaas dit in ‘n groot emmer met ‘n deksel. Voeg die water en die suiker by en roer die mengsel totdat al die suiker opgelos is. Voeg die rosyne en gis by, sit die deksel op en laat die mengsel ongeveer 12 uur lank op ‘n warm plek gis. Syg die mengsel deur en giet die filtraat in plastiekkanne of bottels. Plaas van die rosyne in elke kan en verseël dit. Bewaar die bier in die yskas.

Print Friendly, PDF & Email
 

LIMONADE:

Anna Eksteen

Bestanddele
500ml suiker           
250ml water
250ml vars suurlemoensap

Metode
Meng die suiker en water in ‘n kastrol en verhit dit stadig terwyl dit aanhoudend geroer word totdat die suiker opgelos is. Verhit die stroop tot kookpunt en laat dit 5 minute lank kook oor matige hitte sonder om te roer. Laat die stroop afkoel en voeg die suurlemoensap by. Syg die limonade deur ‘n moeseliendoek en bêre dit in ‘n houer met ‘n deksel in die yskas. Bedien die limonade deur 30ml van die suurlemoenstroop by ‘n glas yswater te voeg.

Lewer ongeveer 600ml onverdunde stroop.

Print Friendly, PDF & Email
 

ROOIBOSTEEPONS

Rika Theron
Maak 20 glase

Bestanddele en metode
Meng 375 ml sterk rooibostee (oornag in koelkas gelaat)
500 ml suurlemoenkwas (Oros)
500 ml lemoenkwas (Oros)
1 blik (410 g) fyngemaakte pynappel
2 liter sodawater en 2 liter Sprite in ‘n bak
Skep 1 liter vanieljeroomys bo-op en dien op.

Print Friendly, PDF & Email
 

MAKLIKE  EKSOTIESE  PONS

Rika Theron
(17 – 18 glase)

Bestanddele
1 liter Liqui-Fruit grenadellasap (yskoud),
1 liter pynappelsap,
500 ml limonade,
ysblokkies,
kersies en
pynappelblokkies.

Metode
Meng vrugtesap en limonade.  Voeg ys by.  Versier met kersies en pynappel.  Dien dadelik op.

Print Friendly, PDF & Email
 

YSTEE:

Anna Eksteen

Bestanddele
3 rooibostee sakkies
1 liter kookwater
30-45ml heuning
60ml suurlemoensap
ysblokkies
suurlemoenskyfies

Metode
Laat trek teesakkies ongeveer 5 minute in water. Verwyder en laat tee effens afkoel tot louwarm. Voeg heuning by en roer tot opgelos. Voeg suurlemoensap by en verkoel tot yskoud. Sit voor op ys met ekstra suurlemoenskyfies.

Print Friendly, PDF & Email
 

BRANDEWYN-LEMOENLIKEUR:

Abba Eksteen

Bestanddele
3 groot lemoene
250 ml brandewyn
250 g suiker
2 ml fyn koljander
2 ml fyn kaneel

Metode
Rasper die lemoene se skille. Druk 250 ml lemoensap uit. Meng alle bestanddele en laat staan vir 2 dae lank. Roer mengsel gereeld. Giet mengsel deur doek en verwyder pulp. Giet vloeistof in gesteriliseerde fles en verseël.  Bedien teen kamertemperatuur of verkoel.

Print Friendly, PDF & Email
 

LEMOEN-EN-SUURLEMOEN-STROOP

Anna Eksteen

Bestanddele
8 sappie lemoene 
4 sappige suurlemoene
1.5liter kookwater
1.2kg wit suiker
15ml wynsteen of sitroensuur

Metode
Rasper net die oranje en geel buiteskil vandie lemoene en suurlemoene dun af. Moet nie die albedo ook rasper nie aangesien dit die stroop bitter sal laat smaak. Druk die sap van die lemoene en suurlemoene uit en voeg dit by die gerasperde skil. Voeg die res van die bestanddele by en roer tot die suiker opgelos is. Verhit die mengsel tot kookpunt en kook dit vir 5 minute lank. Laa die stroop afkoel, syg dit deur en bottel en verseël dit.

OM TE SKINK:
Skink dit in lang glase, na smaak verdun met soda of yswater, met ‘n paar ysblokkies.

Print Friendly, PDF & Email