PYNAPPELBIER:

Anna Eksteen

Bestanddele
4 groot pynappels se skille
7 liter warm water
1.2kg wit suiker
12 rosyne
10g aktiewe of kitsdroë gis

Metode
Was pynappelstukke goed en plaas dit in ‘n groot emmer met ‘n deksel. Voeg die water en die suiker by en roer die mengsel totdat al die suiker opgelos is. Voeg die rosyne en gis by, sit die deksel op en laat die mengsel ongeveer 12 uur lank op ‘n warm plek gis. Syg die mengsel deur en giet die filtraat in plastiekkanne of bottels. Plaas van die rosyne in elke kan en verseël dit. Bewaar die bier in die yskas.

Advertisements
 

LIMONADE:

Anna Eksteen

Bestanddele
500ml suiker           
250ml water
250ml vars suurlemoensap

Metode
Meng die suiker en water in ‘n kastrol en verhit dit stadig terwyl dit aanhoudend geroer word totdat die suiker opgelos is. Verhit die stroop tot kookpunt en laat dit 5 minute lank kook oor matige hitte sonder om te roer. Laat die stroop afkoel en voeg die suurlemoensap by. Syg die limonade deur ‘n moeseliendoek en bêre dit in ‘n houer met ‘n deksel in die yskas. Bedien die limonade deur 30ml van die suurlemoenstroop by ‘n glas yswater te voeg.

Lewer ongeveer 600ml onverdunde stroop.

 

ROOIBOSTEEPONS

Rika Theron
Maak 20 glase

Bestanddele en metode
Meng 375 ml sterk rooibostee (oornag in koelkas gelaat)
500 ml suurlemoenkwas (Oros)
500 ml lemoenkwas (Oros)
1 blik (410 g) fyngemaakte pynappel
2 liter sodawater en 2 liter Sprite in ‘n bak
Skep 1 liter vanieljeroomys bo-op en dien op.

 

MAKLIKE  EKSOTIESE  PONS

Rika Theron
(17 – 18 glase)

Bestanddele
1 liter Liqui-Fruit grenadellasap (yskoud),
1 liter pynappelsap,
500 ml limonade,
ysblokkies,
kersies en
pynappelblokkies.

Metode
Meng vrugtesap en limonade.  Voeg ys by.  Versier met kersies en pynappel.  Dien dadelik op.

 

YSTEE:

Anna Eksteen

Bestanddele
3 rooibostee sakkies
1 liter kookwater
30-45ml heuning
60ml suurlemoensap
ysblokkies
suurlemoenskyfies

Metode
Laat trek teesakkies ongeveer 5 minute in water. Verwyder en laat tee effens afkoel tot louwarm. Voeg heuning by en roer tot opgelos. Voeg suurlemoensap by en verkoel tot yskoud. Sit voor op ys met ekstra suurlemoenskyfies.

 

LEMOEN-EN-SUURLEMOEN-STROOP

Anna Eksteen

Bestanddele
8 sappie lemoene 
4 sappige suurlemoene
1.5liter kookwater
1.2kg wit suiker
15ml wynsteen of sitroensuur

Metode
Rasper net die oranje en geel buiteskil vandie lemoene en suurlemoene dun af. Moet nie die albedo ook rasper nie aangesien dit die stroop bitter sal laat smaak. Druk die sap van die lemoene en suurlemoene uit en voeg dit by die gerasperde skil. Voeg die res van die bestanddele by en roer tot die suiker opgelos is. Verhit die mengsel tot kookpunt en kook dit vir 5 minute lank. Laa die stroop afkoel, syg dit deur en bottel en verseël dit.

OM TE SKINK:
Skink dit in lang glase, na smaak verdun met soda of yswater, met ‘n paar ysblokkies.

 

Skommels

Pynappelskommel
500ml pynappelsap
30ml vars suurlemoensap
Helfte van ‘n blik (397g) kondensmelk
Plaas al die bestandele saam in ‘n voedselverwerker. Verwerk tot dik en skuimerig.
Giet in glase en dien dadelik op.
Lewer 650ml

Arbeiskommel
250g vars aarbeie, stingels verwyder en afgewas
125ml yskoue water
Helfte van ‘n blik (379g) kondensmelk
Plaas al die bestandele saam in ‘n voedselverwerker.
Verwerk tot dik en skuimerig.
Giet in glase en dien dadelik op
Lewer 500ml

VRUGTE SMOOTHIE
250ml spanspek in blokkies
150ml aarbeie in kwarte
100ml vars lemoensap
100ml vetvrye jogurt of sojamelk
30ml koringkiem
Pols al die bestandele in ‘n voedselverwerker saam tot glad. Sit dadelik voor saam met fyn ys.

 

 

Ontbyt Sake

Ons almal leef so gejaagd dat ons nie meer tyd maak vir die belangrike ete van die dag nie, ek is self skuldig daaraan.

ONTBYT DRANKIE

Picture

ONTBYT DRANKIE
3-4 piesangs
1 blik (410 g) mango’s óf koejawels, gedreineer
250 ml natuurlike jogurt
Sowat 100 ml melk
250 ml muesli
Handvol kruisementblare
METODE: 
Plaas die piesangs, mango’s óf koejawels, jogurt en melk in ’n voedselverwerker óf versapper en pols die drankie tot fyn. Deel die muesli tussen 4-6 glase en giet die drankie bo-oor die muesli.
Garneer met kruisementblare en sit voor.

ONTBYT JAFFEL

ONTBYT JAFFEL
BESTADELE:

75 ml botter, gesmelt
400 g sampioene, fyngekap
1 groot ui, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper
12 snye witbrood
12 skyfies gerookte ham
6 eiers
METODE:
Verhit 25 ml van die botter in ‘n braaipan en braai die sampioene en uie tot sag en glansend. Geur met sout en swartpeper.
Smeer snye brood met botter
Smeer of spuit jou jaffel pan en laat hy solank warm word op die plaat.
Bak die eiers dat jou wit net geset is (nog redelik sag)
Pak dan 1 skyfie ham op die brood, van die sampioenmengsel bo-op dan die eier dan weer ‘n skyfie ham (ham kan ook gesnipper word indien verkies)
Maak die toe met die ander snytjie brood (botterkante na buite) en sit in jou jaffel pan. Sny oortollige brood wat uitsteek af.
Haal uit wanneer ligbruin aan beide kante
VARIASIE: Jy kan die sampioen mengsel uitlaat en kaas gebruik.
GEBRAAIDE AARTAPPEL KOEKIES (HASH BROWNS)
4 aartappels, geskil
3 sprietuie
1 eier
sout en peper
olie vir braai
Geposjeerde eier
8 eiers
80 ml (⅓ k) water
2,5 ml (½ t) asyn
Spekvleis en GEBRAAIDE tamaties met gerasperde kaas, en eiers (kan gebraai of ge-scramble wees), vir die honger manne, kan boerewors ook saam hierdie hash browns bedien word. Maak ook blikkie baked beans warm en braai een ui, voeg die ui by hierdie warm baked beans.
METODE: 
Rasper die aartappels en druk oortollige vloeistof uit.
Meng dit goed in ’n bak met die sprietuie, eier, sout en peper.
Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte.
Wanneer dit warm is, skep lepels vol van die aartappelmengsel in en druk dit plat om koekies te vorm.
Draai om en bak tot bros.
Geposjeerde eiers
Breek ’n eier in ’n mikrogolfbak en gooi die water en asyn versigtig in.
Bedek die bak met ’n bord. Sit dit in die mikrogolf en kook 30 sekondes op 80 %-krag.
Kyk of die eier gaar is en skep dit met ’n gaatjieslepel uit.
Sit die geposjeerde eier op die aartappelkoekies voor saam met spekvleis en kruie.
 

Grondboontjiebotter melkskommel

Joey Haarhof

Bestanddele
5 eetlepels roomys
2 koppies melk
2 teelepels milo
2 lekker groot lepels peanutbutter
paar blokkies ys
twee druppels vanielje geursel

Metode
Gooi in voedselverwerker en meng tot ys lekker fyn is en alles mooi vermeng het. Gooi uit in glase en spuit room op.

 

Alpine Karnival koffie

Bestanddele
2E Kits koffie
1E Kookwater
1t Vanilla
2T Bruinsuiker
1/½k Kookwater
½K Room, styfgeklitste

Metode
Verdeel kits koffie en vanielje eweredig tussen twee koffie bekers.
Los die suiker en 1E water in ʼn klein swaarboom kastrol op.
Oor medium hitte, roer water en suiker tot kookpunt.
Verwyder onmiddelik van hitte en voeg die 1.5k koppie kookwater by.
Verdeel suiker mengsel tussen die 2 bekers.
Skep die room bo-op