Deeg Skelmpies

Lynette Muller

Bestanddele
1½ kop. meelblom.
¼ tl. sout.
1½ tl. bakpoeier.
peper.
1 eier.
1 kop. melk.

Meode
Klits eiers en melk goed. Roer stadig by meel, sout en bakpoeier. Doop stukkies hoender of enige koue vleis daarin en bak in warm olie.

Wenk
Jy kan basies enigiets in die degie sit en braai ook vrugte stukkies.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements
 

Fat bombs oftewel Banting sjokolade

Fat bombs

Bestanddele
Halwe koppie  coconut olie
Halwe koppie coco
Kwart koppie xyletol stroop
Halwe teelepel vanilla
Knippie sout

Metode
Kook op lae hitte tot alles goed opgelos en mooi vermeng het.
Giet in ysbakkies en hou in die vrieskas.
Dit gaan deur as n Banting sjokolade lekker.
Maar as jou energie vlakke laag is suig een en jy maak dit deur jou dag.

Print Friendly, PDF & Email
 

Kondensmelk balletjies

1 Pakkie Mariebeskuitjies  baie fyn gemaak
1 K Klapper
1 Blikkie Kondensmelk (Volroom)
Ekstra klapper om in te rol

Meng Kondensmelk en klapper goed en voeg dan die fyn Mariebeskuitjies by.
Meng baie goed.
Rol in Balletjies en rol dan in klapper.
Plaas op waspapier in lugdigte houer of in klein papierkoppietjies (Cup Cakes).
Variasie:
 Gebruik Karamel Kondensmelk in plaas van gewone.
Druk in kersie of neut in balletjie vir ‘n verrassing.

Bron: http://kampkosenwenke.weebly.com/

Print Friendly, PDF & Email
 

Wit sjokolade likeur balletjies of truffels

Keur resep

Bestanddele
125g botter
250ml versiersuiker, gesif
1 Eier
90ml Cape velvet aarbei likeur
(of ander room likeur van u keuse)
400g Marie beskuitjies, baie fyn gekap
200g Wit sjokolade

Metode
Room botter en versiersuiker tot liggeel.
Voeg di eier en likeur by en klits goed.
Voeg beskuitjie krummels by en meng goed.
Skep klein teelepels vol van die mengsel en vorm balletjies met jou hande.
Voeg nog n bietjie likeur by as n sagter balletjies verkies.
Plaas balletjies in yskas to gestol.
Smelt die sjokolade in die mikrogolf op  70% krag of n dubbel koker.

**Indien jy dit in die mikrogolf smelt, hou dit goed dop. Roer as sommige dele baie sag is.  Dit brand maklik. Doop balletjies in sjokolade en plaas op afkoel rakkie of bakpapier tot gestol.

Print Friendly, PDF & Email
 

Ongebakte dadel balletjies

Beshonderhede
2 eetl botter
2 eiers
500g dadels (die blokke), fyngesny
6 k klapper
1 1/5 k suiker
4 k Rice Krispies

Metode
Sit dadels in kastrol op lae hitte – laat dit net sag word. Klits eiers, suiker en botter. Voeg by dadels en kook oor lae hitte – pasop vir brand! Voeg dan Rice Krispies en klapper by en meng goed.
Rol balletjies en rol dan in klapper.

Print Friendly, PDF & Email
 

Cheesecake Puff Pastry Pie (My Weergawe)

Cheesecake Puff Pastry Pie

Ingredients

2 x Puff Pastry Rolls
2 x 250ml Cream Cheese, softened (Roomkaas)
1 1/2 tsp vanilla
1/4 cup butter, melted
Cinnamon
1 Cup Powdered Sugar
Unroll and spread 1puff pastry rolls on the bottom of a 9 x 13 baking dish (or 8 x 8 if you want to cut the recipe in half).

 

Method

Combine softened cream cheese, 1 cup sugar, and vanilla. Spread over puff patry roll layer. Unroll and layer remaining Puff Pastry roll over cream cheese layer. Melt your butter and spread over top of pastry rolls. Sprinkle generously with cinnamon and sugar. Bake for 20-30 minutes in 350F – 180 C oven until bubbly and slightly browned. Drizzle with a little honey if you like. Let cool a bit, slice and eat.

Carrina Le Roux

Print Friendly, PDF & Email
 

Portugese melktert

 

 

 

 

 

 

 

Genoeg vir 12

5 ml kremetart
3¾ koppie (530 g of 940 ml) koekmeel, 3 keer gesif en afgemeet
450 g koue botter, in 4 kwarte gesny
knippie sout
¾koppie (190 ml) yswater
1 eiergeel, geklits
15 ml asyn
Vulsel

160 g (190 ml) strooisuiker
180 ml water
1 kaneelstokkie
5 ml fyn neut (nutmeg)
375 ml melk
35 g mielieblom
3 eiergele
Meng kremetart met ¾ koppie (110 g) van gesifte meel en hou eenkant. Rasper kwart van die botter en voeg by res van meel. Voeg sout by. Vryf botter liggies met vingerpunte in. Meng yswater, eiergeel en asyn. Voeg dit by die meel met die ingevryfde botter. Meng goed tot dit soos Ertjie korrels lyk. Rol deeg 1 keer liggies uit op ’n werkoppervlak wat met meel bestrooi is en vorm ’n bal. Gooi die deeg 150 keer op die werkoppervlak. Jy kan nog meel strooi as dit vassit. Laat rus deeg vir 15 minute by kamertemperatuur.

Rol deeg ’n tweede keer uit en sprinkel werkoppervlak met die kremetart-meelmengsel soos nodig. Rasper tweede kwart van botter oor twee derdes van die uitgerolde deeg en vou 3 keer oor (die vou moet altyd aan jou regterkant wees). Verseël kante met koekroller. Rol die deeg weer uit en laat rus vir nog 15 minute. Herhaal die proses met die twee uitstaande kwarte botter. Laat rus deeg in yskas vir 2 uur. Haal uit en rol deeg op meelbestrooide oppervlak tot 5 mm dik uit. Sny kante netjies reguit en rol deeg in ’n lang wors. Draai toe in kleefplastiek en laat rus in yskas.

Vulsel

Verhit oond tot 200 °C. Plaas strooisuiker, water, kaneel en neut in middelslag-pot. Bring inhoud tot kookpunt en laat kook tot vloeistof met helfte verminder het. Plaas melk, mielieblom en eiers in mengbak. Klits goed. Voeg suiker stroop by en meng. Plaas terug in pot en roer oor matige hitte met draadklitser tot mengsel verdik, sowat 10 minute. Gebruik skerp mes en sny die koue blaardeeg in ringe van 1 cm. Rol op meelbestrooide oppervlak tot sowat 3 mm dik uit. Voer die 12 holtes van ’n standard muffinpan uit met die deeg. Sny deeg wat oorhang netjies af. Verdeel vulsel tussen holtes. Bak vir 25 – 30 minute of tot bokant donkerbruin en gestol is.

Carrina

 

Print Friendly, PDF & Email
 

MINI DOUGHNUTS

500g koekmeel

5ml sout

60ml suiker

10g kitsgis

60g botter

200ml louwarm melk

125ml louwarm water

1 eier, geklits

 

Meng die meel, sout, suiker en gis goed saam in n mengbak. 

Vryf die botter in die meelmengsel tot dit soos broodkrummels lyk.

Voeg die louwarm melk, water en geklitste eier by en meng tot n sagte deeg gevorm is.

Knie die deeg goed tot glad en elasties.  Bedek en laat rys in n warm plek tot dubbel die volume.

Knie die deeg weer af en deel in 30 ewe groot deeltjies.  Rol balle en maak n gat in die middel om ringe te vorm.  Laat eenkant staan tot dit weer dubbel die volume gerys het.

Verhit die olie en braai tot goudbruin en gaar.  Dreineer die oortollige olie op papierhandoeke en laat afkoel.

Rol die afgekoelde doughnuts in strooisuiker.

 

 

Print Friendly, PDF & Email
 

LEMOEN “DOUGHNUT” MUFFINS

440ml koekmeelblom

7ml bakpoeier

2ml sout

3ml fyn neutmuskaat

3ml fyn kaneel

125ml olie

190ml suiker

1 groot eier

125ml melk

Sap en gerasperde skil van 1 lemoen

40-50ml marmalade

Versiering:

125ml suiker

5ml fyn kaneel

60 ml gesmelte botter

 

Sif die droe bestanddele in n groot mengbak. Klits die olie, suiker, eier en melk saam.  Meng in droe bestanddele saam met die lemoensap en skil.

Maak 8-10 gesmeerde muffinpannetjies half vol met deeg. Sit 1t marmalade bo-op en vul verder met die res van die deeg.  Bak in n voorverhitte oond vir 20-25 min (180°C).  Haal uit oond en laat effens afkoel.

Meng suiker en kaneel saam. Druk elke muffin se bokant in die gesmelte botter en dan in die kaneel suiker.

Print Friendly, PDF & Email