MIELIEMEELHAPPIES 

Rika Theron

Bestanddele: 
375 ml melk
375 ml mieliemeel
1 groot ui, fyn gekap
1 groot groen soetrissie, fyn gekap
2 stele seldery, in ringe gesny (opsioneel)
2 medium wortels, in dun ringe gesny
50 ml botter
500 ml koekmeelblom
20 ml bakpoeier
5 – 7 ml sout
5 – 7 ml tiemie
1 ml rooipeper
1 ml neutmuskaat
25 ml suiker
3 ekstra groot eiers, effens geklits.

Metode: 
Voorverhit die oond tot 180°C.  Smeer twee panne van 24 x 24 cm met margarien.  Verhit die melk tot kookpunt in ‘n groot kastrol op die stoof.  Voeg die mieliemeel lepelsgewys by terwyl aanhoudend geroer word.  Meng goed en verwyder dan van die stoofplaat.  Laat effens afkoel.  Soteer die groente in verhitte botter tot effens sag.  Voeg by die mieliemeelmengsel en meng goed.  Meng die res van die bestanddele, buiten die eiers, goed saam.  Voeg dit beurtelings met die geklitste eiers by die mieliemeelmengsel en meng goed.  Verdeel die mengsel in twee en skep in die voorbereide panne.  Bedek en bak 30 minute lank of tot gaar.  Sny in blokkies en dien warm of koud op saam met tuisgemaakte tamatiesous.

Variasie: 
Skep lepelsvol van die mengsel in verhitte olie en diepvetbraai tot goudbruin en gaar van binne.  Dreineer op handdoekpapier.

Vir ‘n vinnige tamatiesous: 
Gebruik ‘n blik tamatie-en-uiesmoor, geur dit met sout, swartpeper en basielkruid en kook dit af totdat dit nie meer waterig is nie.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements
 

AARTAPPELS IN KERRIEMARINADE

Anna Eksteen

Bestanddele
750g aartappeltjies

Metode Aartappels
Kook die aartappeltjies in soutwater vir 10-15 minute of totdat hulle byna sag is.

MARINADE
20ml kookolie
1 groot ui, fyn gekap
2 huisies knoffel, fyn gedruk
25ml matige kerriepoeier
5ml gemaalde borrie
1 rissie, ontpit en gekap
2-3 suurlemoen- of lourierblare
15ml vars gemmer, gekap
30ml appelkooskonfyt
125ml wynasyn
125ml hoenderaftreksel
5ml mielieblom

Metode
Verhit die kookolie in ‘n swaarboomkastrol, voeg die ui en knoffel by en braai totdat die ui deurskynend is. Voeg die kerriepoeier en borrie by en braai vir nog 2 minute. Dreineer die aartappels en voeg by die marinade. Kook vir nog 5 minute of totdat die aartappels sag is. Pak die aartappels in ‘n opdienskottel. Steek peuselstokkies in die aartappels. Maak ‘n pasta van die mielieblom en water en voeg by die marinade. Roer aanhoudend. Kook vir nog 1-2 minute totdat die marinade dik word. Gooi in ‘n klein doopbakkie en bedien as ‘n doopsous saam met die aartappels. Bedien 6 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
 

KAAS ASEMPIES

1 koppie (250 ml) sterk cheddarkaas, gerasper
1 koppie (250 ml) meel
1 koppie (250 ml) botter (laat die botter sag word buite die yskas) 1 eiergeel

METODE:
Dis een van die heel maklikste resepte.
Jy meng letterlik alles – maak die hele spulletjie sommer met jou hande aan.
Maak toe met kleefplastiek en laat rus vir sowat I n halfuur in die yskas.
Verhit die oond tot 180 o C
Maak klein balletjies en plaas op gesmeerde bakplaat.
Druk plat met ‘n vurk.
Bak die kaas-asempies op die middel rak vir ongeveer 12 tot 15 minute.
Hou maar dop tot hulle mooi goudbruin is.
Laat eers afkoel op die bakplaat voordat jy proe.

Bron: Onbekend
Wenk:  Maak die resep maar dubbel aan want dit word gou verslind

 

Print Friendly, PDF & Email
 

PIZZA POPPERS

Koekoes Vorster

Ingredients
1 package puff pastry
1 cup mozzarella cheese
48 slices pepperoni
½ cup finely diced green pepper
½ cup pizza sauce for dipping

INSTRUCTIONS
Preheat oven to 180 degrees. Spray two mini muffin tins with non-stick olive oil spray.When you unwrap the puff pastry, separate into four rectangles You should have four even rectangles. Slightly roll out the dough horizontally and vertically.Sprinkle ¼ cup of the mozzarella on each rectangle and then sprinkle with a little bit of chopped green pepper. Press into dough. Layer pepperoni on top of cheese and peppers. There should be three rows of four pepperonis each.Tightly roll, jelly roll style and cut each rectangle into six pieces.Place poppers, cut side down into mini muffin tins.Bake for about 10 minutes or until crescent roll dough is cooked through and pale brown

Print Friendly, PDF & Email
 

Spinasie en feta tertjies

Rohanja
Deeg:
1 kp Nutty wheat
1 kp koekmeel
125g botter in blokkies
2 eiers
2 eetl yswater

Metode
Meng meel en botter en pols tot broodkrummels. Voeg eiers en water by. Meng tot bal vorm. Rol uit en druk in pan. Verkoel.

Vulsel:
2 bossies spinasie gewas en stingels verwyder
200g gekrummelde feta kaas
1 teel mosterd
50g flour
50g botter
1 kp melk
2 eiers geklits
50g cheddar (opsioneel)

Metode
Stoom spinasie vir 5 min. Kap grof. Maak witsous van meel, botter en melk. Voeg sout, peper en mosterd by en dan die spinasie en feta kaas. Skep in tertdop en gooi geklitste eier oor en cheddar kaas. Bak 15min. By 180°.

Print Friendly, PDF & Email
 

Mini Frittata Cups

Koekoes Vorster

Ingredients
6 jumbo eggs, beaten
Salt and pepper
1 tsp (5 ml) baking powder
2 tbsp. (30 ml) flour
1 cup (250 ml) cheddar, grated
1 cup (250 ml) creamed corn

Method
1.    Preheat oven to 180 C and grease a muffin tray.
2.    Season eggs with salt and pepper.
3.    Mix baking powder, flour and grated cheese together.
4.    Add eggs and creamed corn to cheese mix and stir to combine.
5.    Divide mixture equally between muffin cups and bake for 8-12 minutes or until set and golden.
6.    Allow to cool completely.

Freeze in zip lock bags.

Print Friendly, PDF & Email
 

PIEKEL EIERS:

Anna EKsteen

In Engelse kroeë word piekeleiers saam met slaai, brood en kaas geëet. Dis ook heerlik saam met kouevleis of as skemerhappie.

Bestanddele
14 hardgekookte eiers, afgedop;
4 rooi brandrissies, gehalveer en ontpit;
‘n klein stukkie vars gemmerwortel, gekneus;
1 liter wit asyn;
5ml sout;
10ml peperkorrels.

Metode
Plaas eiers met rissies en gemmer in inmaakflesse. Prut asyn vir 10 minute saam met sout en peperkorrels en laat afkoel. Bedek eiers met asynmengsel en verseël onmiddellik. Gebruik ná 4 weke.

Print Friendly, PDF & Email
 

Kaas Skons

Baie lekker. Maak hierdie skons gereeld, en dit is ‘n wenner.

KAASSKONS

Deur: http://lifeandcheese.com/category/cheesey-recipe/  – erkenning!

Bestanddele
2 koppies meel
2 teelepels bakpoeier
1 teelepel suiker
1/2 teelepel sout
knippie rooipeper (opsioneel)
2 koppies gerasperde sterk kaas
1 koppie volroommelk

Metode
Verhit die oond tot 220 ° C. Plaas die bakplaat in die oond om warm te word.
Sif meel, bakpoeier, sout, suiker en rooipeper in ‘n bak. Meng kaas by. Maak ‘n holte in die middel van die meel..

Bestrooi jou werksoppervlakte met meel en sorg dat jou oond op hitte is.

Voeg die melk by, meng deur met ‘n mes. Keer uit op ‘n meelbestrooide oppervlak en vinnig vorm ‘n 3 cm dik reghoek. Sny in 8 stukke en sit op meelbestrooide, warm bakplaat. Bak vir 15-20 minute. Jy sal ruik as julle gereed is. Dit sal mooi opgepof en goudbruin wees.
Jy kan die resep ook in jou muffin pannetjies bak wat gespuit is met spray en cook.

Heerlik! As jy dit nie dadelik wil eet nie, die resep vries goed.

Wenke vir bak van skons

1 Verhit die oond vooraf- dit moet warm wees. . Jy moet nie nog wag vir die oond om op hitte te kom as jou beslag klaar is nie.
2. Verhit die pan – sit dit in wanneer jy die oond aansit.
3. Voeg al die melk op een slag by – dit moet eerder ‘n nat as ‘n droë mengsel wees.
4. Meng dit vinnig deur met ‘n mes te sny , net genoeg om saam te bind. Moet dit nie oor meng.
5. Moenie te veel karring aan jou skon mengsel nie. Dws moenie te veel roer nie. Die oomblik as jy die melk ingemeng het, sny in stukke en kry dit dadelik in die oond.

Ag, en een laaste ding, gebruik ‘n sterk cheddar kaas vir ‘n werklik heerlike botterbroodjie saam met jou gunsteling konfyt en ekstra kaas.

Print Friendly, PDF & Email
 

Soutballetjies:

Ingestuur deur Joeye Hannekom

rasper 1klein Polonie by 2k meel.2t bakpoeier.1t sout.

Klits saam:1eier,1k melk,2 etl olie.

Meng Dan met droe best.

Drup lepelsvol in warm olie.skep op handdoekpapier om oortollige olie the absorbeer.

Ek gebruik n spesiale skoon afdroogdoek.Strooi lemoenpeper,aromatic en knoffelsout oor.

Print Friendly, PDF & Email