Soet Hoendervlerkies met ‘n Byt

Huisgenoot

Bestanddele
60 ml (¼ k) meel
sout en peper
10 ml (2 t) Cajun-speserye
5 hoendervlerkies
30 ml (2 e) botter
3 jalapeno-rissies, gesny
250 ml (1 k) soetrissiesous
410 g (1 blikkie) Mexikaanse tamaties
45 ml (3 e) water
15 ml (1 e) room

METODE:
Voorverhit die oond tot 180 °C. Meng die meel, sout, peper en speserye.  ebruik die helfte van die mengsel om die vlerkies mee in te vryf en sit 30 minute eenkant om uit te droog. Bestrooi dan met die orige mengsel. Verhit die helfte van die botter in ’n kastrol oor matige hitte en braai die vlerkies aan albei kante bruin. Haal uit die kastrol, plaas in ’n oondpan en bak 15 minute in die oond. Voeg die jalapeno-rissies, soetrissie, tamaties en water in die kastrol wat vir die vlerkies gebruik is. Laat prut 5 minute, roer die room by en plaas die hoender terug in die kastrol.
Bron: Huisgenoot

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements
 

Russian Kebabs

Koos Goosen

Besatnddele
3 russiese worsies (in stukkies gesny)
8 kersietamaties
1 groot groen soetrissie (in 12 vierkante gesny)
8 gepiekelde uitjies
1 blikkie pynappelstukkies (205g)

Metode
Ryg bestanddele in stokkie, wissel af na smaak
Braai paar minute oor vuur en geniet
Geniet saam met ‘n lekker doopsous

Print Friendly, PDF & Email
 

Kwarteleiers met swart sesamsout

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Genoeg vir 6-8

Makliker kan dit nie en die eiertjies is tog so mooi.

12 kwarteleiertjies
125 ml seesoutvlokkies, soos Maldon-sout
60 ml swart sesamsaad
60 ml wit sesamsaad, liggies gerooster

1 Vul ’n middelslagkastrol met water en laat dit oor hoë hitte borrel.
2 Skep die kwarteleiers met ’n gaatjieslepel in die borrelende water.
3 Kook dit vir presies 1 min. Dreineer dadelik en laat koue water daaroor loop om die kookproses te stop.
4 Meng die sout en sesamsaad.
5 Sit die eiertjies in die dop op die sout voor en hou ’n bakkie vir die doppe byderhand.

Resep bron en foto: rooirose.co.za

Print Friendly, PDF & Email
 

roasted onions

Shop online
6 large onions, unpeeled

Filling
1 cup barley
100 ml sultanas
1 packet dried apricots, or dried peaches, chopped
60 ml chopped parsley
60 ml chopped sage
1 tbsp crushed garlic and ginger paste
1 tbsp olive oil
125 ml freshly squeezed orange juice
125 ml chicken stock
1 dash salt and milled pepper

Method
Preheat oven to 180°C. Bring a pot of water to the boil and blanch onions in skins for 10 minutes. Remove from water, remove tops and peel away outer skin. Don’t cut off root end. Scoop out centre to create a cavity, leaving layers of onion as the ‘walls’. Or, chop it up and scoop it out. Reserve removed onion.

Boil barley with reserved onion in 2.5 cups (375ml) water for 15 minutes. Reduce heat and simmer until tender. Drain and cool. Mix barley, dried fruit, herbs, garlic & ginger paste and olive oil together. Season. Pack onions snugly into a roasting pan. Spoon filling into cavities. Pour over orange juice and stock. Bake for 35-40 minutes, or until soft. Serve with remaining barley and a green salad.

Great idea
Spice filling up with 1 tsp (5ml) each of ground coriander and cumin.

Print Friendly, PDF & Email
 

Avodkado Ritz

Slaaisous
160 ml (2∕3 k) mayonnaise
45 ml (3 e) rooiwynasyn
80 ml (1⁄3 k) dik room
45 ml (3 e) gekapte grasuie
sout en rooipeper na smaak

Steurgarnale
300 g skoongemaakte, gestoomde
steurgarnale met
stertjies
2 avokado’s, gehalveer en ontpit

Metode
SLAAISOUS
Meng al die bestanddele saam.

GARNALE
Rangskik die garnale in die avokado-helftes en giet die slaaisous oor.

Print Friendly, PDF & Email
 

Perske en parmaham voorgereg

Bestandele
(Gebruik hoeveelhede volgens smaak)
Soet ryp kaalgatperske, gewas en in skywe gesny
Parmaham of enige goeie papierdun gesnyde ham bv pancetta
Vars roketblare
Fetakaas, gekrummel
Olyfolie
Balsamiekasyn

Metode
Draai die parmahamskywe afsonderlik
om elke perskeskyfie. Verhit intussen
olyfolie in ‘n pan en braai die ham – en
– perskerolletjies tot bros. Bedien dit onmiddellik op vars roketblare en bedruip met olyfolie en balsamiekasyn.

Krummel Fetakaas oor en siedaar –
makliker en smaakliker kan dit wragtag
nie.

Print Friendly, PDF & Email
 

AVOKADO GEVUL MET GEROOKTE SNOEK:

Anna Eksteen

Bestanddele
2 groot, ryp avokado’s                                               
100 g gerookte snoek, gevlok
varsgemaalde swartpeper                                           
50 ~ 60 ml mayonnaise
100 g gruyère-kaas, gerasper (250 ml)                       
60 ml droë broodkrummels
vinkel en suurlemoenwiggies vir garnering

Metode
Sny die avokado’s in die lengte in die helfte en ontpit.
Vul die avokadohelftes met die gevlokte, gerookte snoek.
Geur met varsgemaalde swartpeper.
Smeer mayonnaise eweredig oor elke helfte.
Meng die kaas en broodkrummels en sprinkel oor gevulde avokadohelftes.
Plaas avokadohelftes op ‘n bakplaat en plaas onder ‘n voorverhitte roosterelement vir ‘n paar minute, totdat die kaas net smelt.
Sit voor op mooi kleinbordjies en garneer met vinkel en suurlemoenwiggies.
Sit voor met growwe bruinbrood.

Print Friendly, PDF & Email
 

Mexikaanse Avokado Gereg

Ideale voorgereg

Hierdie gereg kan ‘n dag vooraf gemaak word en in yskas gebêre word. Verwyder uit yskas ‘n uur voor opdiening.

Bedien 6

Betsanddele
100g  gerasperde cheddar kaas (beleë indien jy het vir sterker geur)
1 groot of 2 medium  avokado’s (fyn gemaak tot growwe tekstuur)
15ml suurlemoensap
Sout en peper
2 x  410g MIAMI Mexican Style Chopped Tomato
2 vars chillies, ontpit en gesny of 5/10ml chilli poeier
1 bondel “spring onions” gekap
5ml suiker
250ml  suurroom
5ml  paprika

Metode
Meng avocado, sap, sout & peper en smeer op basis van bedienbak van ongeveer 28 x 18cm.
Gooi MIAMI Mexican Style Chopped Tomato uit in vergietes en hou eenkant.
Meng chilli, suiker en “spring onions” met gedreineerde tamati
Smeer tamatie mengsel oor avocado laag.
Smeer suurroom oor tamatiemengsel
Gooi gerasperde kaas oor en besprinkel met paprika.

WENK:  Hou avokadopit in gereg tot voor bediening  (dit verhoed dat die avokado verkleur)
Indien geen suurroom, meng 1 teelepel suurlemoensap/asyn met vars room of gebruik gewone joghurt
Groen chillies brand minder as rooi chillies

Print Friendly, PDF & Email
 

Miami Braaivleiswiele

‘n Vinnige voorgereg by ‘n braai wat maklik is om te maak.

Bedien 6

Stel oond op 180C

Bestanddele
1 pak voorbereide vetkoekdeeg
bacon smeerkaas
1 x 410g Miami Tomato & Black Olive Relish
gesnipperde spek (braai vooraf)
1 eetlepel gemaalde knoffel
1 eetlepel suiker
sout & peper na smaak
fetakaas
2 koppies gerasperde chedderkaas

Metode
Rol vetkoekdeeg uit tot 1,5 cm dik
Smeer laag met smeerkaas
Smeer Miami Tomato & Black Olive Relish mildelik
Sprinkel gebraaide spekstukkies, knoffel en suiker oor
Sout en peper na smaak
Druk mengsel stewig vas en rol deeg op.
Sny deeg in wiele en pak uit in gesmeerde oondpan (los genoeg spasie vir uitrys)
Sprinkel feta en cheddarkaas bo-oor
Laat rys mengsel vir ongeveer 30 minute
Bak ongeveer 30 minute of tot gaar

Print Friendly, PDF & Email
 

Krakerige gevulde eiers

Dankie vir jou resep Jan
Bestanddele
12 Eiers hard gekook
¼ Pakkie bakers kips (Spek geur)
4 Repe ontbytspek bros gebraai
45ml Fyngekapte pietersielie

Betsanddele Vulsel:
30ml Room
45ml Mayonaise
20ml Tamatiesous
15ml Worcestersous
5ml Sout
5ml Witpeper

Metode:
Dop eiers af en sny in die helfte in die lengte deur. Verwyder die geel en plaas in mengbak. Kap die spek fyn. Breek die koekies klein stukkies en meng met die spek en pietersielie. Hou eenkant. Druk die eiergele fyn en voeg die room, mayonnaise, tamatiesous, worcestersous asook sout en peper by. Meng goed deur. Skep die mengsel in die halwe eiers en plaas in opdienbord. Strooi die koekiemengsel bo-oor die eiers. Garneer met pietersielietakkies en klein tamatietjies. Lewer 12 porsies.

Print Friendly, PDF & Email