Plaatkoekies

Anna Eksteen

Bestanddele
2 eiers                                                                          
125ml suiker
250ml melk
25ml gesmelte margarien of olie
500ml meelblom
20ml bakpoeier
2.5ml sout

Metode
Klits die eiers en suiker saam.  Voeg 125ml melk en margarien by. Sif die meelblom, bakpoeier en die sout saam en voeg dit by die eiermengsel. Voeg die orige melk geleidelik by om ‘n gladde mengsel te vorm. Moet die mengsel nie weer roer nadat alles goed gemeng is nie. Bak in ‘n warm pan waarin bietjie olie gedrup is. Bak eers aan die een kant en as dit bo-op lugblasies vorm, draai die koekies om en bak ook aan die anderkant tot goudbruin.  Dien op met botter en stroop of heuning.

 

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements
 

GRANNY  DRIED  FRUIT-FILLED  PANCAKES

Rika Theron

Ingredients:  Pancakes:
250 ml cake flour
2,5 ml salt
5 ml baking powder
12,5 ml castor sugar
2 eggs, well beaten
375 ml milk
60 g melted butter
10 ml lemon juice
4 mashed bananas, rubbed through a sieve
oil for frying.  

Filling:
110 g honey or golden syrup
30 g butter
grated rind of 1 lemon
12,5 ml lemon juice
12,5 ml brandy
110 g sultanas, chopped
110 g seedless raisins chopped
110 g chopped walnuts
10 maraschino cherries cut into quarters.

Method:
Melt honey and butter.  Add lemon rind and juice, brandy, sultanas and raisins.  Bring to boiling point.  Boil for 1 minute.  Add cherries and nuts, keep at one side while preparing pancakes.  Sift flour, salt, baking powder and castor sugar together in a bowl.  Beat eggs, milk and butter together.  Make a well in centre of dry ingredients, add liquid slowly, stirring all the time, working flour in gradually to make a thin cream consistency.  Add banana mixed with lemon juice.  Add more milk if mixture is too thick.  Grease a griddle with oil and cook pancakes until golden brown.  Keep hot.  Make about 10 pancakes.  Heat dried fruit filling and spread a little on each pancake.  Roll and place on a warm dish.  Sprinkle with a little icing sugar and serve with whipped cream.

Print Friendly, PDF & Email
 

PANNEKOEK LASAGNE

Bron: WEG Resepte 
vir 6-8 mense

JY BENODIG:
12 pannekoeke, gebruik jou gunsteling pannekoek resep

VIR DIE VULSEL:
olie vir panbraai
1 groot ui, fyngekap
1 wortel, geskil en gerasper
1 knoffelhuisie, fyngedruk
500 g maalvleis
1 blik (410 g) heel tamaties
1 eetlepel tamatiepasta
sout en peper na smaak
’n knippie suiker
’n hand vol vars pietersielie, gekap

VIR DIE KAASSOUS:
3 eetlepels botter
6 eetlepels koekmeel
3 koppies melk
½ koppie kaas van jou keuse, gerasper (ons het sterk cheddar gebruik)

SO MAAK JY:
Maak eers die vulsel. Verhit die olie in ’n pan en braai die ui tot sag. Voeg die w ortel en knoffel by en braai dit vir nog ’n paar minute. Voeg dan die maalvleis bietjies-bietjies by en braai dit tot goudbruin. Maak die klonte met ’n vurk fyn sodat die vleis eweredig verbruin. Roer die tamatie by en geur dit met sout en peper na smaak. Proe aan die vleis en geur dit verder met ’n knippie suiker en die pietersielie. Prut alles vir 10 minute en hou dit eenkant. Maak die kaassous. Smelt die botter in ’n pot oor matige kole (of gebruik ’n gasbraai). Roer die meel by en braai dit vir ’n minuut. Gooi nou die melk bietjies-bietjies by die meelmengsel en roer dit aanhoudend. Prut die sous vir 15 minute en roer dit die heeltyd om te keer dat klonte vorm.
Gooi die kaas by en geur dit met sout en peper voordat jy dit vir oulaas deurroer.  Maak die pannekoeklasagne. Skep 2 eetlepels vleis in die middel van elke pannekoek, gevolg deur 1 eetlepel kaassous. Vou dit toe in ’n driehoek, pak dit in ’n stapel en sit dit dadelik voor.

WENK: Probeer ’n hand vol gekapte koljanderblare vir ’n skerper smaak saam met die vleis.

Print Friendly, PDF & Email
 

Kerk se pannekoek ~ Grootmaat

Rohanja

200 100 60 30
5 kg koekmeel 2.5 kg meel 1.25 kg meel 625 g meel
4 eetl bakpoeier 2 eetl bakpoeier 1 eetl bakpoeier 7.5ml bakpoeier
3 k kookolie 375 ml olie 187.5 ml olie 95ml olie
40 eiers 20 eiers 10 eiers 5 eiers
2 eetl sout 1 eetl sout ½ eetl sout 3.5ml sout
10 l lou water 5 l water 2.5 l water 1.25 l water

Metode
Klits eiers en water goed saam. Dan olie en klits weer goed. Dan bakpoeier en sout. Voeg meel bietjies by en klits goed terwyl dit doen. Kan nie rou deeg vries nie, maar gaar pannekoeke wel.

Print Friendly, PDF & Email
 

GRANNY  DRIED  FRUIT-FILLED  PANCAKES

Rika Theron

Ingredients:
Pancakes:
250 ml cake flour
2,5 ml salt
5 ml baking powder
12,5 ml castor sugar
2 eggs, well beaten
375 ml. milk
60 g melted butter
10 ml lemon juice
4 mashed bananas, rubbed through a sieve
oil for frying

Filling:
110 g honey or golden syrup
30 g butter
grated rind of 1 lemon
12,5 ml lemon juice
12,5 ml brandy
110 g sultanas chopped
110 g seedless raisins chopped
110 g chopped walnuts
10 maraschino cherries, cut into quarters.

Method:
Melt honey and butter.  Add lemon rind and juice, brandy, sultanas and raisins.  Bring to boiling point.  Boil for 1 minute.  Add cherries and nuts, keep at one side while preparing pancakes.  Sift flour, salt, baking powder and castor sugar together in a bowl.  Beat eggs, milk and butter together.  Make a well in centre of dry ingredients, add liquid slowly, stirring all the time, working flour in gradually to make a thin cream consistency.  Add banana mixed with lemon juice.  Add more milk if mixture is too thick.  Grease a griddle with oil and cook pancakes until golden brown.  Keep hot.  Make about 10 pancakes.  Heat dried fruit filling and spread a little on each pancake.  Roll and place on a warm dish.  Sprinkle with a little icing sugar and serve with whipped cream.

Print Friendly, PDF & Email
 

DUITSE SJOKOLADE & KERSIEPANNEKOEKIES

Rika Theron

Bestanddele en metode
Sif 200 ml meel, 35 ml kakao en 5 ml kitskoffiepoeier saam.
Maak holte in middel en voeg 1 eier by.
Voeg helfte van melk (125 ml) by en meng goed.
Voeg nou res van melk (125 ml) by en klop 5 minute.
Verhit bietjie botter om bodem mee te smeer, in pan en bak pannekoekies aan albei kante mooi bruin. (Maak ongeveer 6 pannekoekies.)
Dreineer 840 g blik pere en 460 g rooi of swart kersies.
Meng sappe om 250 ml te maak.
Meng bietjie van sap met 20 ml mielieblom en roer dan by res van sap.
Verhit tot kookpunt en roer aanhoudend.
Kap pere op.
Voeg pere en kersies by vrugtesap en kook vir 2 minute.
Verdeel mengsel tussen pannekoekies en dien warm op.

Print Friendly, PDF & Email
 

PANNEKOEK MET LEMOENSTROOP

Anna Eksteen
Sekerlik een van die lekkerste winternageregte. Probeer hiervoor klein, dun pannekoeke maak.

CRÊPES
300ml koekmeelblom
1ml sout
3 ekstra-groot eiers
250ml melk
125ml water
15ml brandewyn
15ml gesmelte botter

Metode
Sif die meel en sout saam. Maak ‘n holte in die middel. Klits die eiers, melk en water goed saam en voeg by die bestanddele. Klits stadig om te meng en dan vinniger tot ‘n gladde beslag vorm. Roer die brandewyn en gesmelte botter by en laat staan vir 30 minute. Giet ‘n dun lagie van die beslag in ‘n klein pan wat met ‘n bietjie botter of olie gesmeer is. Braai oor matige hitte vir een minuut of tot borrels op die oppervlak verskyn, draai om en braai tot gaar aan die ander kant. Herhaal en hou eenkant warm. Lewer 16 klein pannekoekies.

LEMOENSTROOP
90ml botter
180ml strooisuiker
sap en fyn gerasperde skil van 3 lemoene
skeut vars suurlemoensap

180ml lemoenlikeur (soos Van der Hum of Cointreau)     
60ml botter

Metode
Verhit die botter en suiker saam. Voeg die lemoensap en skil by en prut tot verdik. Voeg die likeur en suurlemoensap by en verhit tot dit net wil kook. Verwyder van hitte en roer die botter by. Vou die pannekoekies in die helfte en dan weer om driehoeke te vorm en pak in die warm stroop. Laat opkook en sit warm voor met koue skinkroom.

Print Friendly, PDF & Email
 

Pannekoek (Regte weer vir pannekoek)

Bestanddele
¼t sout
¼t bakpoeier
1 koppie meel
1¼ koppie melk
2 eiers
1E water
gewone kookolie
kaneelsuiker (meng eenvoudig suiker en kaneel)
suurlemoen

Metode
Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Meng geleidelik die melk by terwyl jy klits. Voeg dan die eiers en water by en klits goed om seker te maak daar’s geen klontjies nie. (Wenk: as klontjies ’n vreeslike probleem is, gooi eenvoudig die lotjie deur ’n sif.) Verhit ’n kwart teelepel olie in ’n kleefvrye pan (ek weet hy’s kleefvry, maar ek gee hom so af en toe olie). Skep ’n groot lepel beslag in die pan en skommel die pan effe om seker te maak die beslag bedek die hele pan. (As jy vind die beslag is te dik, roer nog ’n lepel water by.)Kook die pannekoek vir ’n paar sekondes tot ligbruin, draai die pannekoek om en braai aan die ander kant. Herhaal met die res van die beslag. Sit voor met die kaneelsuiker en skyfies suurlemoen.

Print Friendly, PDF & Email
 

Meisie se Pannekoek

Lewer 12 Pannekoeke

Bestanddele
250 ml (1k) koekmeel
5 ml (1t) bakpoeier
3 ml (1/2t) sout
3 ekstra groot eiers
500 ml (2k) water
30 ml (2e) Botter of margarien
suurlemoensap en kaneelsuiker om oor te sprinkel

Metode
Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
Klits die eiers en water saam en voeg by die droe bestanddele. Voeg laastens die gemelte botter by en klits tot glad.Laat minstens ‘n halfuur of langer staan.
Bak in ‘n braaipan tot gaar.

Eeet en geniet

Print Friendly, PDF & Email
 

Gluten vrye, LCHF, gesonde plaatkoekies

1 Piesang

2 Eiers

1/2 kop of 125ml Amandel meel

1/4 t bakpoeier indien verkies

Meng alles goed. Verkieslik in n voedselverwerker.

Skep ongeveer 2 Eetlepels in n gesmeerde pan op medium hitte..

Heerlike gesonde plaatkoekies.

 

Print Friendly, PDF & Email