2020/03/14 |
|
Toxins in the workplace |
|
|
|
|
|
|
Gratis Liplekker Resepte
2020/03/14 |
|
Toxins in the workplace |
|
|
|
|
|
|
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
Blye Versekering vir 16 Maart. 2020 Tema: Kolossense 3-Deel 1
**** My eie woorde
****Ons kan maklik getuig dat ons in ‘n nuwe lewe is. Ek kyk weer die naweek op die media, hoe aaklig mense met mekaar kan wees. Toe besef ek, dis die ou mens in hulle, want nuut gebore mense in Christus, het daardie goed afgesterf. Wat bedink ons? Kyk hoe mooi stel die skrif dit
Kol 3:1 As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. 2 Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. 3 Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.
Gal.2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
**** Vrees oorval sovele en net soos met die lotery, skreeu almal dat ons net gou Psalm 91 moet opsê. Weet ons wat daar staan? Jy kan daardie Psalm net joune maak as jy vers 1 uitleef. Dit is hierdie nuwe lewe dat ek Christus in geloof aanneem en by Hom gaan skuil, want dit sê hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, eers dan sal ek in Sy skaduwee kan bly. Om te sit beteken ek spandeer tyd met Hom. Die tragedie is juis, wanneer die rampe oor ons kom is almal seker daar is ‘n God maar sodra dit beter gaan, gaan ons op die ou trant voort soos gister en eergister.
GEBED vir VANDAG K
Onse Vader baie dankie dat ons verseker kan weet in U Seun Jesus Christus kan ons vandag ‘n nuwe lewe ontvang en ons ou lewe afsterf. Help ons elkeen om te besef, U roep uit tot ons om te sê “ Kom na My toe en Ek sal julle rus gee” Ek bid vanoggend vir ons land en sy mense en vra vir genade op genade. Ek bid vir ons President dat U hom wysheid insig en genade sal gee. Help ons om sy bene sterk te hou deur gebed maar dat ons op U sal vertrou en nie op ons regering nie. Ek bid vir elkeen onder die letter K vandag. Wil U ‘n wyle by hulle stilstaan vandag en U sterk hand op hulle skouer sit en sê: Moenie vrees nie, ek is by jou. In Jesus se Naam. Amen.
Geseënde dag en week aan julle elkeen.
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
Blye Versekering vir 11 Maart. 2020 Tema: Tevergeefs 3
**** My eie woorde
**** Wat interessant is in vanoggend se gedeelte is juis dat dit ‘n lied moet wees, maar wanneer mens die hele Psalm lees, sluit dit aan by vers twee, die verlange dat hierdie uitroep na God nie tevergeefs sal wees nie. Moontlik het jy al so gevoel dat jou uitroep na Hom tevergeefs is en jy wonder wat doen jy dan verkeerd en vra ook soos die Psalmis dat jou geroep tog nie by Hom sal verbygaan nie.
Psalm 88 :1 ‘n Lied. … V2 Here my God wat my altyd help, ek roep elke dag om hulp, elke nag bid ek tot U. 3 Laat my gebed nie tevergeefs wees nie, hoor my geroep.
Kyk hoe antwoord HY in Sy woord. Hy sê Hy is gretig om ons genadig te wees en om Hom oor ons te ontferm. Hy laat reg geskied. Hoekom lyk alles dan so deurmekaar. Weet net dit God sien die ongeregtigheid raak en dit wat nou gebeur is nie sonder Sy medewete nie. Hy is die God wat die onmoontlike moontlik maak, die Een wat spreek en dit gebeur, die Een wat die heelal in stand hou en beheer… dis Hy wat ons gebed hoor en gretig is om ons te antwoord al sê Hy soms nee werk ook dit ten goede mee. Vorentoe sal ons sien.
Jes 30:18 Tog is die Here gretig om julle genadig te wees en wil Hy Hom oor julle ontferm: Die Here is ‘n God wat reg laat geskied, en dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou. V19 Jy, volk in Sion, jy wat in Jerusalem woon, jy hoef nie meer te huil nie. Die Here sal jou genadig wees as jy na Hom roep om hulp, Hy sal jou gebed verhoor sodra Hy dit hoor. V20 Die Here het jou honger en dors laat ly, maar Hy wou jou leer, en Hy sal Hom nou nie meer afsydig hou van jou nie; jy sal self sien dat Hy die Een is wat jou leer.
GEBED vir VANDAG H
Onse Vader hoe wonderlik is die wete dat U gretig is om ons genade te skenk en U oor ons te ontferm. Baie dankie vir U groot liefde. Help ons om te verstaan dat soveel negatiewe goed van die vyand af kom en hy lê dit voor U deur. U wat U Seun laat sterf het vir ons. Geen groter offer as dit is moontlik nie. Ek bid vandag vir elkeen onder die letter H Ek vra dat U hulle uitroep na U sal hoor en verhoor soos U belowe in U woord. Seën hulle vandag met ‘n spesiale hemelse seën. In Jesus se Naam. Amen
Geseënde dag vir elkeen.
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
Blye Versekering vir 10 Maart. 2020 Tema: Tevergeefs 2
**** My eie woorde
****Paulus herinner die Korintiërs maar ook vir jou en my om aan die evangelie, vas te hou want as ons aan iets anders vashou is ons geloof tevergeefs. Nou kom die vraag wat is “dié evangelie” Ons as Christene gebruik dikwels terme en dan het ek en jy nie eers ‘n idee wat dit beteken nie. Iemand praat eendag met my en sê ons moet net die evangelie verkondig. Ek stem saam want anders is ons geloof tevergeefs. Toe vra ek, nou wat is die evangelie? Skielik weet die een nie en antwoord dat dit seker iets met Jesus te doen het. Onthou die skrif verklaar homself. Kom ons kyk wat sê die woord daaroor. Paulus gee hierdeur ‘n opdrag
1Kor 15:1 Ek herinner julle, broers, aan die evangelie wat ek aan julle verkondig het en wat julle ontvang het en waarin julle ook gevestig staan. 2 Deur dié evangelie word julle ook gered as julle vashou aan die boodskap soos ek dit aan julle verkondig het. As julle aan iets anders vashou, het julle tevergeefs tot geloof gekom.
**** Nou verduidelik hy wat hierdie evangelie is. Soveel gelowe glo wel in Jesus maar nie dat Hy God is nie en wat Hom anders maak is dat Hy uit die dood opgestaan het en daardeur is profesie vervul.
1Kor.15:3 Die belangrikste wat ek aan julle oorgelewer het en wat ek ook ontvang het, is dit: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; 4 Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte.
GEBED vir VANDAG G
Onse Vader opnuut besef ons die wonders in U woord en dat daar net een antwoord is naamlik Jesus ons Heiland en Verlosser wat die dood oorwin het. Al sou ons sterf weet ons dat ons deur Hom die ewige lewe het. Ek bid vir elkeen onder die letter G vandag. Ontferm U oor hulle vandag en laat U wil ook in hulle lewens geskied. In Jesus se Naam. Amen
Geseënde dag aan elkeen.
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
Written by Bob & Debby Gass |
|
2020/03/07 |
|
Your “benefits package” |
|
|
|
|
|
|
Blye Versekering vir 9 Maart. 2020 Tema: Tevergeefs 1
**** My eie woorde
**** So dikwels hoor mens dat mense ervaar dat alles maar tevergeefs is. Wat ons daarmee sê is dat alles eintlik tot niks lei nie. Dis nie regtig so nie, elke saak onder die son het ’n doel en God se grootste doel is ons redding en geestelike groei. Net omdat ek en jy dit nie verstaan nie beteken dit nie dis waardeloos nie. Dan sê Paulus aan die Korintiërs dat hulle moet sorg dat hulle nie Christus se genade tevergeefs ontvang het nie. Wat sou hy daarmee bedoel, want dit is ook vir ons vandag. Wat Paulus sê is dat ons nie God se onverdiende guns van Verlossing en opoffering deur die lewe van Christus as niks afmaak nie. Mag hierdie week se uitdagings jou opnuut bewus maak van God se mag, gesag en wil in elke saak.
2Kor.6 :1 As medewerkers van God doen ons ‘n beroep op julle om te sorg dat julle die genade van God nie tevergeefs ontvang het nie. V2 Hy sê: “Op die regte tyd het Ek jou gebede verhoor, en op die dag van redding het Ek jou gehelp. “Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding.
Rom.5:8 maar God bewys Sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.
**** Wees verseker die coronavirus is nie die einde van die wêreld nie, maar slegs die begin van die einde. Verseker moet ons gereed maak maar ook gereed wees elke dag. Ek kan vandag sterf sonder ‘n virus, dan kan ek nie meer kies nie.
GEBED vir VANDAG F
Onse Vader, help my en elkeen wat hier lees of luister om opnuut Christus ons eie te maak. Hy het immers gekom om ons as sondaars te kom red. Ek bid vir elkeen onder die letter F. Vader help hulle vandag om te weet U is daar en terwyl daar lewe is, is daar hoop. In Jesus se Naam. Amen.
Geseënde dag en week aan elkeen.
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|