Korslose Spinasie Soufle

Woumarie

Bestanddele
Neem 2 pakke bevrore of vars gekapte spinasie (1 bossie) en ontdooi.
As rou is, kap fyn.
Klits 4 eiers
2 koppies lae vet Griekse jogurt
1 teelepel sout
1 teelepel knoffel poeier
½ teelepel swartpeper
ROER IN:
1 ½ koppies gekerfde mozzarella, en die spinasie, dan gooi mengsel in muffinpan.

Metode
Sit in die oond vooraf verhit by 180° C en bak vir 30-35 minute tot gestol en effens opgepof.  Toets met ‘n tandestokkie of dit gaar is.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements

Lensie Koekies

Lynette Muller

Bestanddele
1,5 kg bruinlensies, oornag in water geweek
1 groot ui, gekap
1 groot aartappel, gerasper
1 groot wortel, gerasper op kombuispapier
1 tamatie, fyngekap
4 eiers, geklits
80 g (1 pakkie) soppoeier
15 ml blatjang
sout en peper
olie vir vlakbraai

Metode:
Dreineer die lensies en kook dit sag in soutwater. Dreineer dit weer.
Meng die lensies met die res van die bestanddele, behalwe die olie.
Meng met ‘n bietjie koekmeel by indien die mengsel te slap is.
Braai lepelsvol in warm kookolie tot goudbruin. Dreineer die koekies op handdoekpapier.
Bedien warm met ‘n slaai.

Print Friendly, PDF & Email

Mediterranean sweet potatoes with Beanz, spinach and feta

Ingredients
1 medium sweet potato
1 Baked Beans 200g
2 handfuls of spinach
A splash of olive oil
½ lemon, zested
15g sundried tomatoes, roughly chopped
½ tsp dried oregano
½ tsp dried thyme
15g feta cheese

Method
1
Preheat the oven to 200C/180C fan/gas mark 6. Coat the sweet potato with a splash of oil and wrap in a sheet of foil. Bake in the oven for 40 minutes or until soft and cooked all the way through.

2
Once cooked cut potato open and fill with a handful of spinach then re-wrap in the foil to allow the spinach to wilt slightly. Meanwhile add the Beanz Snap Pot to the microwave and cook for one minute until the beans are piping hot.

3
To serve, add your spinach to the plate and put the sweet potato on top. Slice the sweet potato and pour the beans on top then finish with with lemon zest, sundried tomatoes, oregano, thyme and plenty of black pepper. Finally crumble on some feta cheese.

All information provided by Heinz.

 

Print Friendly, PDF & Email

Lekkerbek spinasie

Koekoes Vorster

Bestanddele
2 pakke spinasie
2 aartappels
1 ui
1 pakkie spek, gesnipper en gaar gemaak tot lekker bros
2 koppies witsous met ‘n teelepel droë mostert en paprika vir geur

Metode
Kook aartappels en ui tot amper sag.
Voeg spinasie by.
Wanneer gaar, voeg sout en peper na smaak by met ‘n stukkie botter en maak fyn.
Pak 1 lagie spinasie in oondvaste skottel.
Sit witsous bo-oor en dan die spek.
Herhaal met spinasie en witsous.
Sprinkel cheddarkaas bo-oor, strooi paprika oor en bak in die oond vir ongeveer 20 minute

Print Friendly, PDF & Email

MOSTERD AARTAPPELS

Anna Eksteen

Bestanddele
450g aartappels   
225g uie
10ml tiemie
10ml heuning
10ml mosterd
sout en swartpeper na smaak
olie om aartappels aan te klam (nie te veel)

Metode
Sny aartappels en uie in skywe, meng met olie en plaas in ‘n oondskottel. Gooi die tiemie, sout en swartpeper by en bak vir 30 minute by 180C. Gooi die heuning en mosterd by, roer goed en bak nog 15 minute tot goudbruin.

Print Friendly, PDF & Email

AARTAPPELPANNEKOEK

Okkie Jansen van Vuuren

Bestanddele
2 aartappels, skoongeskrop en ongeskil
4 eiers, geskei
250ml koekmeel
5ml bakpoeier
5ml sout
250ml water

Metode
Kry ‘n geskikte dikboompan gereed sodat daar dadelik gebraai kan word wanneer die mengsel gereed is. Klits die eiergele. Voeg die droë bestanddele en water om die beurt daarby en meng tot glad. Rasper die ongeskilde aartappel in die meelmengsel. Klop die eierwitte styf en vou dit in. Bak die pannekoek totdat dit aan albei kante ligbruin is en sit dit met enige soet- of soutvulsel voor.

VULSEL
450g sampioene, gesny
25ml olie
25ml botter
50ml vars broodkrummels
15ml pietersielie, gekap
sout en peper
50ml room

Metode
Verhit die botter en olie in ‘n pan en braai die sampioene 4 minute tot sag. Meng die broodkrummels, pietersielie en smaakmiddels. Roer die room by. Verhit stadig. Plaas van die vulsel op elke pannekoek, vou dit toe en garneer dit met tamatieskywe.

Print Friendly, PDF & Email

KERRIE GROENTE BREDIE:

Anna Eksteen

Bestanddele
250g gaar, bruin bone
250g stowe lamsvleis
25ml olie
2 ui, gekap
1 knoffelhuisie, gekneus
5ml komynsaad
5ml koljander, fyngemaal
5ml gemengde kruie
2ml matige kerriepoeier
1 groen soetrissie, gekap
250 g murgpampoentjies, in skywe gesny
100g rosyne
8 klein aartappeltjies, halfgaar gekook in die skil
50ml tamatiepuree
250ml geelwortel, in skywe gesny
suiker na smaak
1 klein blomkool, in blommetjies gebreek
sout en per na smaak
1 blokkie biefaftreksel, opgelos in 350ml kookwater

Metode
Verhit die olie in ‘n pan. Voeg die vleis, uit en knoffel by en soteer tot die vleis bruin is. Voeg die komynsaad, koljander, kruie en kerriepoeier by. Soteer die mengsel vir ‘n verdere 2 minute. Voeg die groente en bone by. Giet aftreksel bo-oor en laat die mengsel kook. Meng die tamatiepuree en rosyne by die bonemengsel in. Verlaag die hitte en prut vir 30 minute. Voeg smaakmiddels na smaak by. Die mengsel kan vir potjiekos gebruik word.

Print Friendly, PDF & Email

BEET BLATJANG:

Anna Eksteen

Bestanddele
750 ml suiker                                                                 
500 ml bruin asyn
6 kopppes gaar beet, geskil en in blokkies gesny           
2 groot uie, fyn gekap
15 ml kerriepoeier
5 ml sout
45 ml mielieblom, aangemaak met bietjie water

Metode
Meng suiker en asyn in ‘n kastrol. Verhit oor lae hitte. Roer tot die suiker opgelos is en begin kook. Verhit tot kookpunt, voeg beet en uie by en kook nog 5 minute. Meng kerrie, sout en mielieblom met ‘n bietjie water om ‘n lopende pasta te vorm. Voeg by die beet en kook 5 minute deur. Skep warm in gesteriliseerde bottels en verseël.

Print Friendly, PDF & Email

MATROOSPASTEI 

Rika Theron 

(4 – 6 porsies)

Bestanddele
1 blik sardyne in tamatiesous,
500 ml witsous,
4 hardgekookte eiers, gekap,
50 g gesmelte botter,
225 g blik ingemaakte tamaties,
1 eier, geklop,
750 g aartappels, gekook en fyngedruk,
sout & peper.

Metode
Dreineer sardyne en hou sous eenkant.  Vlok sardyne en meng met eiers en witsous.  Voeg gekapte tamaties en tamatiesous by en skep in oondskottel.  Klop aartappels, botter en eier tesame en geur goed met sout en peper.  Skep bo-op vismengsel.  Bak ongeveer 20 – 30 minute (190°C) tot goudbruin,

Print Friendly, PDF & Email

Warm Aartappel tert

4 groot gaar aartappels
1 koppie fyn spinasie (rou)
1/2 koppie gekapte sampioene
2 eiers
1/2 koppie melk
1/2 koppie room
vars pietersielie, gekap
Sout en peper na smaak
2 eetlepels parmesaankaas (opsioneel)
1 koppie gerasperde cheddarkaas

Voorverhit oond tot 180C en smeer oondvaste tertbak
Maak aartappels fyn en men met die spinasie en sampioene.
Klits eiers met melk en voeg by aartappel mengsel
Voeg die res van die bestanddele, behalwe die cheddarkaas, by en meng goed.
Skep in tertbak, strooi cheddarkaas oor en bak vir 20 min of tot ligbruin
Skep lepels vol op borde en bedien.
Kan ook as bykos by meer formele etes bedien word.
Vir ‘n ligte aand ete kan die spinasie deur tuna en skywe tamatie vervang word.

Print Friendly, PDF & Email