Kool en dadel slaai

Bestanddele
½ kool, gewas en in dun repe gesny (Jy kan ook rooi kool gebruik)
200 g Tussers kaas, in blokkies gesny
½ pakkie dadels, gekap
¼ koppie grondbone
gekapte pietersielie

Sous:
125ml mayonnaise
50ml kondensmelk
25ml asyn
25ml olie

Metode:
Meng kool, kaas dadels en grondbone saam.

Meng die sousbestanddele saam.

Giet oor slaai en meng goed.

Besprinkel met pietersielie.

Sit in yskas tot bediening.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements

Samp / Stampmielies

So maak ek my samp.

2 koppies samp oornag in lou warm water, spoel deeglik af voor jy dit in Slow cooker sit.

Slow cooker werk diè beste vir samp – maar dit is hoe ek myne maak, elkeen vir hom \ haarself wat dit aan betref.

Kook die samp vir +- 6 ure, loer af en toe om daar genoeg water in is.

Sodra dit amper opskep tyd is, gooi  sout, pepper en aromat in, botter, laat dit smelt in die samp in, nou kan jy enige van die volgende in jou samp in meng: Indien jy dit iets anders wil maak met samp!

2 blikkies suikermielies \ pietersielie \ enige kruie wat kleur sal gee aan die samp (verkieslik groen)

2 blikkies ertjies

uie en bacon wat gebraai is \ enige groen kruie vir kleur

Het dit ook al gemaak met bietjie witsous wat ek maak van room nie van melk nie, vervang net die melk met houertjie room.

Samp bly maar konings kos kom wat wil!

 

Print Friendly, PDF & Email

Warm botterskorsie-en-lensieslaai

Bestanddele
500 g botterskorsie, geskil en in blokkies gesny
sout en vars gemaalde peper
1 stuk heel kaneel
60 ml (¼ k) olyfolie
250 g droë lensies, gekook (of ’n blik lensies)
1 ui, grof gekap
1 knoffelhuisie, fyn gekap
2 selderystingels, in skywe gesny
sap en skil van een klein suurlemoen
60 ml (¼ k) Italiaanse pietersielie, fyn gekap
15 ml (1 e) kruisementblare, fyn gekap
100 g fetakaas, in blokkies gesny

Metode
Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n groot oondbak met olie of spuit met kossproei. Plaas die botterskorsie in die bak. Geur met die sout en peper en heel kaneel. Bedruip met die helfte van die olyfolie. Bak 20 minute of tot gaar en goudbruin. Hou eenkant. Dreineer die lensies, spoel dit af en hou dit eenkant. Verhit die res van die olyfolie en braai die ui, knoffel en seldery in ’n pan. Geur met die suurlemoensap en -skil en roer die uiemengsel by die lensies, gevolg deur die pietersielie en kruisementblare. Roer die gaar botterskorsieblokkies versigtig by en skep die slaai op ’n opdienbord.
Sprinkel die fetakaas oor en sit met ’n blareslaai voor.

Print Friendly, PDF & Email

Wit Stampmielies

Nog n wenresep van Jan af
500 g Wit stampmielies
200 g Vetterige vleis of Varkspek met sooltjie aan
750 ml Water
5 ml Sout
Metode:
Week die stampmielies oornag in koue water. Dreineer die volgende dag. Plaas die mielies in ‘n kastrol, sny die vleis of spek in klein stukkies en voeg by die mielies en so ook die sout. Gooi die water oor en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en prut die stampmielies vir 1 uur tot lekker sag en lymerig.
Print Friendly, PDF & Email

Outydse Stampkoring

Baie dankie vir jou reseo Jan van Niekerk…
375 ml Stampkoring
750 ml Water
5 ml Sout
20 ml Skaap- of varkvet (Varkvet is die lekkerste)
As jy varkvleis braai, hou daai vet wat uitbraai vir jou koring. Dis heerlik.
Metode:
Week die koring oornag in water. Dreineer die koring die volgende dag en spoel met skoon water af. Sit die koring in ‘n kastrol en voeg genoeg water by sodat die water 5cm bokant die koring is. Voeg die sout en vet by, as jy nie vet het nie, sit 50 ml botter in. Bring die koring tot kookpunt en verlaag die hitte. Prut vir 2 ure oor lae hitte. As dir koring droog raak, voeg ‘n bietjie kookwater by. Roer maar af en toe want koring brand maklik aan. Sit voor met lekker kerrie skaapafval.
Print Friendly, PDF & Email