TAMATIE LEKKERTE

Woumarie

Bestanddele
4 kg geskilde tamaties
1 kg gekapte uie
3 kop suiker
2 kop asyn
2 gekapte “greenpeppers”
Kook saam ± 1uur

MENG EN VOEG BY
2 eetl mosterdpoeier
2 eetl Kerrie
2 eetl sout
2 eetl maizena (hoogvol)
2 eetl koekmeel (hoogvol)
1 kop asyn

Opsioneel en Metode
Ek gooi so 1 tl crushed chillies by die daai ekstra Byt !! Kook goed deur.  Skep in bottels. Mens kry 10 botteltjies uit van die mengsel. Gebruik as ‘n braai bygereg, hamburgers, hotdogs, saam met kerrie geregte, sous oor jou gebraaide wors, as sous by jou pap

Advertisements
 

KERRIESOUS-BêREMENGSEL

Lynette Muller

Bestanddele
1 ui
3 e botter/margarien
1e appelkooskonfyt
1e vrugteblatjang
1e kerriepoeier
1t sout
250ml water
2 e suurlemoensap
2 e suiker

Metode
Braai die uie in die botter.
Voeg al die ander bestanddele by.
Kook vir 20 minute.
Bêre in yskas en gebruik soos benodig.

 

TUISGEMAAKTE MAYONNAISE:

Anna Eksteen

Bestanddele
2 eiergele
2ml mosterdpoeier
5ml suiker
2ml sout
knippie witpeper
10ml suurlemoensap of asyn
250ml olyf of kookolie of ‘n mengsel daarvan

Metode
Klits die eiergele, mosterd, suiker, sout, witpeper en suurlemoensap of asyn saam in ‘n mengbak.
Hou aan met klits en voeg die olie druppel vir druppel by. Sodra die mengsel begin verdik, kan meer olie op ‘n slag bygevoeg word. (Gewoonlik na 60-75ml) Hou aan met klits totdat al die olie bygewerk is.

 

SPESERY SUIKER

Lynette Muller 

Idiaal vir pannekoek, melktert, wafels…en enige soet afronding.

Bestanddele
625 ml sagte bruinsuiker
50 ml van der Hum likeur
10 ml kaneel
2 ml neutmuskaat
1 ml gemengde speserye
25 ml gerasperde lemoenskil
25 ml vermicelli

Metode
Meng 125 ml suiker met die likeur en speserye, voeg res van suiker, skil en vermicelli by en roer goed deur. Bêre in mooi dig sluitende fles.

 

Maak jou eie karringmelk

Lynette Muller

As jy nie karringmelk het nie kan jy gou jou eie aanmekaarslaan deur ‘n houer te neem, 1 eetlepel asyn daarin te gooi en dit met melk aan te vul tot 250ml.  Gee dit ‘n roer en laat staan vir 5 minute en gebruik.

Hoekom gebruik ons karringmelk in resepte?
Karringmelk bevat suur wat met ander bestanddele soos bakpoeier en koeksoda reageer om suurstofborreltjies te maak om die rysproses te bewerkstellig.

Jy kan enige melk gebruik met ‘n suurmiddel soos asyn, lemoensap of suurlemoensap.  Die presiese hoeveelhede maak nie regtig saak nie.  Jy kan ‘n teelepel suurlemoensap gebruik instede van ‘n eetlepel wat die resep voorskryf.  Wees ook maar versigtig vir te veel, dit kan jou gereg laat suur proe.  Dit is beter om die melk by die suurmiddel te voeg as andersom.

Nog maklike plaasvervangers vir karringmelk:

Suurlemoensap
Gooi 1 eetlepel suurlemoensap in ‘n 250ml maatbeker en vul aan met melk tot by die 250ml merk.  Laat die mengsel staan vir vyf tot tien minute teen kamertemperatuur en gebruik.

Gewone jogurt
Meng twee eetlepels melk met genoeg jogurt om 250ml te maak en gebruik.

Kremetart
Klits 1 koppie melk (250ml) met 3/4 tot 1 eetlepel kremetart en laat dit staan vir vyf tot tien minute.  Roer voor gebruik.

 

TUISGEMAAKTE GOUESTROOP:

Anna Eksteen

Bestanddele
6x250ml suiker
750ml koue water
15ml kremetart

Metode
Meng suiker, kremetart en die helfte van die water in ‘n kastrol. Roer oor lae hitte totdat suiker opgelos is. Kook oor matige hitte tot stroop ligbruin van kleur is, sowat 15-20 minute. Voeg die res van die water stadig by. Verwyder van hitte en gooi in, gesteriliseerde flesse. Verseël dadelik.

 

UIE KONFYT:

Anna Eksteen

Heerlik saam met alle vleissoorte.

Bestanddele
450g uie, in ringe gesny                                                 
100g preie, in ringe gesny
50g grasuie, fyngekap                                                   
1 liter water
750ml suiker                                                                  
5ml gemengde speserye

Metide
Kook die ui, prei en grasui in ‘n bietjie water tot net sag. Dreineer goed. Voeg die 1 liter water, suiker en speserye by en roer tot die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt en prut tot die mengsel verdik en nie meer waterig is nie. Skep in gesteriliseerde flesse terwyl dit nog warm is.

Lewer 750ml.

 

TUISGEMAAKTE GOUESTROOP:

Anna Eksteen

Bestanddele
6x250ml suiker                                                              
750ml koue water
15ml kremetart

Metode
Meng suiker, kremetart en die helfte van die water in ‘n kastrol. Roer oor lae hitte totdat suiker opgelos is. Kook oor matige hitte tot stroop ligbruin van kleur is, sowat 15-20 minute. Voeg die res van die water stadig by. Verwyder van hitte en gooi in, gesteriliseerde flesse. Verseël dadelik.

 

WIMPY RELISH

Joey Hanekom

Bestanddele
3 uie baie fyn gesny
500ml wit asyn
125ml suiker
750ml tamatiesous maar nie All Gold nie n goedkoop maak

METODE:
Kook die uie en die suiker saam in die asyn. As die uie sag is en van die asyn weg gekook is gooi Dan die bottel tamatiesous in en laat vir so rukkie weer deurkook