Suurlemoen Atchar

Dankie vir jou bydrae Okkie…
 
So 6 groot of 10 klein growweskil-suurlemoene
een koffiebeker bruin suiker
een koffiebeker asyn
uie en /of knoffel
pitlose rosyne/sultanas
droe appelkosies of perskes
n dosyn klein brandrissies
speserye soos kardamon en vinkelsaad en kaneel en gemmer en n naeltjie of wat
paar gedopte amandels en/of okkerneute/pekanneute
Sny die suurlemoene met skil en al in stukke, haal die pitte uit! (week oornag in kalkwater en spoel dan af met kraanwater)
kook die rissies[heel] en die speserye die gesnyde uie {en neute} in die
asyn[werk ook in die mikrogolf]
stowe die suurlemoenstukke en suiker saam[mikrogolf 5min]
nou alles saam op stadige hitte in n glasbak[mgolf] of staalpot tot dit lekker gaar is
proe as dit koud is en haal die brandrissies uit[dit word al hoe sterker later!]
nog suiker of asyn na smaak  voeg neute hierby, dan weer tot kookpunt en in warm[nb] flessies met goeie deksels gebottel. die kleur word later al hoe donkerder maar dit word al hoe lekkerder!
Indien nog bitter laat amandels heeltemal uit Daar is erkenbare hoeveelhede arseensout in vrugtekoek met amandels  wat ‘n jaar gestaan het gevind !
Print Friendly, PDF & Email
Advertisements

Kerriebone slaai

Bestanddele
1,8kg groenboontjies
900g uie
Sout
750ml suiker
500ml wit asyn
250ml water
45ml mielieblom
25ml kerriepoeier

Metode
Kook die boontjies, uie en sout tot sag. Kook die asyn, water, mielieblom, kerrie en suiker saam totdat dit gaar is. Voeg nou die boontjies by die asynmengsel en laat dit opkook. Bottel warm.

Print Friendly, PDF & Email

Drieboontjieslaai

Bestanddele
1 blik (420g) boontjies in tamatiesous
1 blik (410g) botterbone, gedreineer
1 blik (230g) gekerfde groenboontjies, gedreineer
1 ui, gekap
1 soetrissie, gekap
25ml kookolie
150ml witasyn
100ml suiker
5ml basiliekruid

Metode
Meng die verskillende boontjies, ui en soetrissie in ‘n bak. Meng die res van die bestanddele en voeg by die boontjies. Meng goed. Hierdie slaai is nog lekkerder as dit ‘n dag of twee gestaan het. Die slaai kan ook gebottel en ‘n hele paar weke in die yskas gehou word.

Print Friendly, PDF & Email

Groen Tamatie Atjar

Bestanddele
1½ kg Groen tamaties
1 Bottel asyn
1½ e Aangemaakte Mosterd
2 tot 3 Uie
4 e Gouestroop
2 e Kerriepoeier

Metode
Sny tamaties in dun skywe. Laat oornag in soutwater. Volgende oggend gooi soutwater af en spoel tamaties deeglik af. Sny uie in dun skywe. Plaas tamaties en uie in pot. Meng al die ander bestanddele en gooi in pot. Kook mengsel vir ¾ uur. Roer gedurig. Plaas in gesteriliseerde bottels. Verseël terwyl warm.

Print Friendly, PDF & Email

Rissie blatjang

Bestanddele
3 Uie
2 Knoffelhuisies
500 ml Opgesnyde brandrissies
250 ml Bruin asyn
750 ml Appelkooskonfyt
10 ml Kerriepoeier
5 ml Mosterdpoeier
5ml Gemaalde Gemmer
5ml Gemengde Kruie
5ml Sout

Metode
Skil die uie en knoffel en sny dit in stukkies op. Maal dit saam met die brandrissies. Voeg die asyn by en kook vir ‘n paar minute. Roer die res van die bestanddele by. Verhit dit stadig tot kookpunt. Prut ongeveer 30 minute lank tot dik. Roer gereeld. Bottel blatjang warm en verseël dadelik.

Print Friendly, PDF & Email

Kool Atjar

Bestanddele – Kool
10 k Gesnipperde Kool
4 k gekapte uie

Bestanddele – Sous
3 k Suiker
2½ k Wit asyn
2 dessertlepels sout
2½ e Kerriepoeier
4 e Mielieblom

Metode
Kook Kool en uie sag (nie pap nie). Dreineer goed. Meng al die bestanddele vir sous en voeg by kool. Kook nou vir 10 minute. Roer gedurig. Bottel warm.

Print Friendly, PDF & Email

Ingemaakte Chilies

Frik Lombard

Bestanddele
1 Bottel Asyn
2 tot 3 k Suiker
1 Pakkie Piekel Speserye
Chilies
Rooi en Geel peper (Red & Green Peppers)

Metode
Kook chilies vir ongeveer 20 minute tot sag. Kook asyn, suiker en piekel speserye saam. Gooi chilies in bottel(s). Sny die peper in blokkies en sit tussen chilies vir kleur. Gooi asyn mengsel oor. Bere vir so 2 maande.

Wenk
Hierdie chilies is lekker net so of saam met kos. Ek neem partykeer ‘n suurlemoen en sny in dik skywe. Dan skep ek so lagie chilies in die bottel. Dan ‘n lagie peper blokkies en dan ‘n dik sky suurlemoen. Die suurlemoene gaan ‘n besonderse smaak aan die chilies.

Print Friendly, PDF & Email

Koper Pennie Wortel Slaai

Ouma Ies Lombard

Bestanddele Slaai
1 kg Wortels
3 Uie
3 Groen Rissies

Bestanddele Sous
250 ml Water
1 Pakkie tamatie roomsop
200 ml Asyn
250 ml Suiker
125 ml Olie
10 ml Worcester Sous
7 ml Mosterd

Metode Slaai
Sny Wortels in ringe. Kook wortels 15 minute (Nie te sag nie). Sny uie in ringe en kook. Sny groen rissies in blokkies. Pak wortels, uie en groen rissies in lae in bak.

Metode Sous
Meng al die bestanddele vir die sous saam. Kook 3 minute saam. Gooi warm sous oor die wortels. Laat staan in yskas vir ten minste een dag.

Print Friendly, PDF & Email