DRIE- SITRUS- MARMELADE:

Bestanddele
2 lemoene
2 pomelos
2 suurlemoene
1,5 – 2 liter water
wit suiker

Metode
Sny die skil van vrugte in repies en trek versigtig af. Sit in gaasdoekie enbind vas. Sny heel vrugte in wiggies en verwyder die pitte. Verwyder die witgedeeltes. Meet hoeveel pulp en sit in kastrol. Voeg 500ml water vir elke 250 pulpmengsel. Verhit tot kookpunt. Verlaag hitte en kook vir nog 40 minute oor stadige hitte. Giet die mengsel in maatbeker en voeg dan 250g witsuiker by vir elke 250ml pulp. Giet alles- ook skilsakkie- in kastrol. Verhit stadig tot suiker opgelos is. Verhit en kook mengsel vir 25 minute, totdat dit nie meer waterig is nie. Laat afkoel, as dit stewig en nie meer loperig is nie is dit reg. Skep warm marmelade in bottels wat gesteriliseer is. Lewer sowat 2 liter marmelade. 1 gesnyde pynappel kan ook bygevoeg word. Vir iets anders.!

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements

KONFYTSKYWE

Lynette Muller

Bestanddele
500ml koekmeel
15 ml bakpoeier
1 ml sout
125 g botter/margarine
25 ml kookolie
100 ml suiker
1 ekstra groot eier
Appelkoos of enige ander konfyt

METODE:
Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Verroom die botter, kookolie , suiker en eier saam. Voeg die meelmengsel by die eiermengsel en meng tot ‘n deeg vorm. Druk twee derdes van die deeg taamlik dun met die vingers op die boom van ‘n oondbak met ‘n volume van ongeveer 2 liter. Smeer appelkooskonfyt oor die deeg. Rasper oorblywende deeg grof bo-op. Bak totdat die deeg begin verbruin op die middelste oondrak by 180 C. Bak vir + – 20 min. Sny in blokke sodra dit afgekoel het.

Print Friendly, PDF & Email

VINNIGE KLITSPOEDING

Lynette Muller

Dit is binne minute gereed om bedien te word.

Bestanndele
1 x 410 g blik yskoue ideal melk
1 pakkie kitspoeding – vanielje of piesang geur
50 ml aarbeikonfyt

METODE:
Klits die ingedampte melk tot styf. Klits die kitspoeding by tot gemeng en laat ‘n paar minute staan. Klits die konfyt by.
Gooi die mengsel in ‘n mooi poedingbak en plaas in die yskas om te stol.

Print Friendly, PDF & Email

GROEN SOETRISSIE KONFYT:

Anna Eksteen

Die konfyt is heerlik op roosterbrood. Maak net seker jy kap die soetrissies baie fyn.

Bestanddele
4 koppies fyn gekapte groen soetrissies
500ml suiker
2ml sout
2ml gemmer
2ml gemengde speserye

Metode
Meng alle bestanddele in ‘n vlekvryestaalpot en laat staan vir 2½ uur. Kook daarna vir 40 minute oor matige hitte to stroop begin dik word. Verwyder van stoof en bottel warm.

Print Friendly, PDF & Email

UIE KONFYT:

Anna Eksteen

Heerlik saam met alle vleissoorte.

Bestanddele
450g uie, in ringe gesny                                                 
100g preie, in ringe gesny
50g grasuie, fyngekap                                                   
1 liter water
750ml suiker                                                                  
5ml gemengde speserye

Metide
Kook die ui, prei en grasui in ‘n bietjie water tot net sag. Dreineer goed. Voeg die 1 liter water, suiker en speserye by en roer tot die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt en prut tot die mengsel verdik en nie meer waterig is nie. Skep in gesteriliseerde flesse terwyl dit nog warm is.

Lewer 750ml.

Print Friendly, PDF & Email

Suurlemoen marmelade (2 resepte)

SUURLEMOEN MARMELADE

Sny so 4 suurlemoene baie fyn……
kook dit dan sag met so 6 koppies water …..
Dan het jy ongeveer 6 koppies suurlemoen moes……
gooi dan 6 koppies suiker by en kook so ongeveer 2 ure …..kyk maar as jou jam sulke blink borreltjies maak ……..
Toets dit op n koue piering.
As dit lekker stol…..is dit reg ……
Bottel warm

Resep:   Marie JV Rensburg
Foto: Alma Bredenkamp Meyer

SUURLEMOEN MARMELADE Resep 2


Ek het verlede week marmelade gemaak. Baie lekker.
Vir elke 1kg suurlemoene, gebruik jy 1,25kg suiker, en 1,5l water.
Halveer die suurlemoene, en druk die sap uit.
Hou die sap eenkant.
Skil die uitgedrukte stukkies, en sny die skil in repies.
Gooi die repies, sap, suiker, water in pot, en kook op lae hitte.
Sodra die meeste water weg gekook het, verlaag die hitte.
Toets die sap, as reg is bottel in warm vlesse.
Ek het twee 400gr vlesse uit die 1kg gekry.

Resep:  Sarel Lacante

 

Bron:   bottelenbere.weebly.com

 

Print Friendly, PDF & Email

UIE-MARMELADE:

Anna Eksteen

Bestanddele
150ml olyfolie
20ml mosterdsaad
1kg rooi uie, geskil, in dun ringe gesny
25ml gemmer, vars, gerasper
2 vars lourierblare
100ml bruinsuiker
150ml rooi wynasyn
100ml rooiwyn
fyngerasperde skil en sap van 2 lemoene

Metode
Verhit die olie in ‘n groot swaarboomkastrol en soteer die uie stadig oor ‘n lae hitte tot dit sagg is (sowat 25 minute) Roer dit af en toe. Voeg die res van die bestanddle by en prut saggies tot die sappe verdik. Geur na smaak met sout en en vars gemaalde peper en laat staan 8 uur sodat die geur goed deurtrek. Skep in droë, skoon en warm flesse en bêre in yskas. Sit voor met gebraaide beesvleis, ham of kaas.

Print Friendly, PDF & Email

Komkommer Konfyt

Ingestuur deur Joeye Hanekom

Bestanddele
750g engelse komkommer
250g wortels
1kg suiker
3 koppies water.
2 Blikkies fyn pynappel
Sout na smaak

Metode
Rasper komkommer en geskilde wortels op growwe kant van rasper.
Voeg suiker en water by en laat oornag staan.
Kook tot amper reg en voeg dan 2 klein blikkies crushed pynappel en n knypie sout by.
Kook tot reg is.
Laat koud word en bottel.
Indien verkies kan komkommer afgeskil word.

Print Friendly, PDF & Email

Prickly pear and chilli chutney (Turksvy en Chillie chutney)

16 prickly pears
500 gr onion
1 teaspoon ground ginger
50 ml white vinegar
150 g sugar
1 teaspoon salt
1 stick cinnamon
1/2 teaspoon chopped fresh chilli
Peel the pears, leave 2 whole, cut into small pieces and pass them to other food mill to remove seeds.Add all other ingredients in a bowl and leave for 2 hours.Cook over very low heat for about 2 hours, stirring often, checking the consistency should be like a jam.
Put into sterilized jars, seal and let cool upside down.
 
Carol Elliott Claassen
Print Friendly, PDF & Email

HEEL GROENVYEKONFYT

Gebriuk groen vye waarvan die binnekant nog nie hol of verkleur is nie.
Sny met ‘n skerp mes ‘n kruisie deur die blomogie van elke vy.
Vryf die skil met growwe skuurpapier af of rasper met ‘n fyn neutrasper af.
Weeg die hoeveelheid vye af.
Week dit oornag in ‘n oplossing van 25 ml sout per 2,5 liter water; plaas ‘n omgekeerde bord oor die vye en sorg dat die soutwater die vye heeltemal bedek.
Spoel die vye die volgende oggend goed af in ‘n vergiettes onder lopende koue water.
Vul ‘n groot konfytkastrol half met water en laat dit kook.

Plaas die vye in die kastrol en verhit dit tot kookpunt. Dreineer dit dadelik en spoel dit goed in vars water af.

Vul die kastrol half met vars water en verhit dit tot kookpunt. Plaas die vye en ‘n paar afgespoelde jong vyeblare daarin en kook dit ongeveer 4 minute oor matige hitte totdat ‘n skerpgemaakte vuurhoutjie maklik in ‘n vy gesteek kan word. Dreineer die vye.

Gebruik vir die stroop 7,5 liter water, 3 kg wit suiker en 50 ml suurlemoensap of 10 ml kremetart per 2,5 kg vye. Verhit die water en suiker stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is. Plaas die sag gekookte vye geleidelik in die kokende stroop. Kook dit ‘n halfuur lank oor matige hitte sonder ‘n deksel. Haal die kastrol van die stoof af, sit die deksel op en laat die vye oornag in die stroop masereer.

Skep die vye die volgende oggend met ‘n gleuflepel uit die stroop en sit dit opsy. Verhit die stroop tot kookpunt en plaas die vye geleidelik teurg in die kokende stroop – dit moenie ophou kook nie. Kook die vye ‘n uur lank oor matige hitte en skuim die konfyt dan af. Die vye kan nou weer tot die volgende oggend opsygesit, uitgehaal en terug in die kokende stroop geplaas word. So nie kook die vye totdat die stroop so dik soos kasterolie is. Kook intussen in ‘n aparte kastrol ekstra stroop, want dit is gewoonlik te min teen die tyd at dit die regte dikte het. Voeg hierdie stroop, die kremetart of suurlemoensap en 12,5 ml suiwer gliserien teen die end by die vye s’n en laat dit goed deurkook. Bottel warm en verseël dadelik.

Bron:  Lekker vir Later

Print Friendly, PDF & Email