GROEN VYE KONFYT

Bestanddele:
1,25g suiker per 1kg vrugte
1,5 liter water per
1kg suiker
50-60ml suurlemoensap per 3kg vrugte

Metode:
Gebruik vye wat goed uitgeswel is, maar waarvan die binnekant nog nie hol of verkleur nie.
Krap rasper of skil vye baie dun af en behou steeltjies. Sny ‘n kruisie aan die onderpunt van elke vy. Bepaal massa en prik.
Laat vye oornag in kalkwater of koeksodawater 25ml gebluste kalk en 45ml koeksoda per 5 liter water.
Haal uit en spoel deeglik af. Sit vye in en ‘n paar vyeblare in kookwater en kook tot sag maar nie pap nie, ±15 minute. Sit die vye in stadig kokende stroop en kook matig vinnig tot vrugte goed deurgekook word, ± 30 minute.
Laat stroop afkoel en lig vrugte uit die volgende dag. Kook stroop weer en sit vrugte by kook ± 5 minute of totdat dit reg lyk.
Skep warm in gesteriliseerde flesse en verseël deeglik. Vrugte met skille kan ook gebruik word, maar die kooktyd in water moet verleng word.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements

MIKGROGOLF HEEL GROENVYEKONFYT

Bestanddele
500 g groenvye
1 liter koue water
1 liter kook water
5 ml kalk
2 vye blare

Stroop:
500g wit suiker
750 ml water
10 ml suurlemoensap of 1 ml wynsteensuur
1 stuk pypkaneel

Metode
Hou die stingels aan en skil dun of skraap die velletjie af. Sny ‘n kruis in die onderkant van elke vy.
Meng koue water en kalk, plaas vye in oplossing en laat oornag week. Spoel onder koue kraan water af. Plaas in ‘n vuurvaste bak en voeg kookwater en blare by.
Bedek en plaas in mikrogolf 8-10 min by volle krag. Meng al die stroop bestandele en roer tot die suiker opgelos het.
Bedek en mikrogolf 10 min by volle krag. – roer 2 maal deur. Gooi vye af en plaas in warm stroop. Mikrogolf 30 – 40 min by volle krag – roer dikwels.
Skep vrugte in flesse en giet warm stroop bo oor, laat effens afkoel voordat die flesse verseël word.

Bottelenbere resep

Print Friendly, PDF & Email

Fig Jam

Rika Theron

Ingredients
1 kg ripe figs, peeled and halved,
180 ml water,
45 ml lemon juice,
940 ml sugar,
15 ml peeled and grated fresh ginger.

Method
Place figs, water and lemon juice in a large heat-resistant bowl, microwave on High, 10 – 12 minutes, stirring frequently. Add sugar and ginger, stir until sugar has dissolved. Microwave on High 15 – 20 minutes or until setting point is reached. Allow to cool slightly, then fill hot, dry, sterilised jars. Makes 2 x 750g jars.

Print Friendly, PDF & Email

KWEPERJELLIE

Bestanddele
3 kg kwepers                                                                     
water
suiker                                                                                    
2 suurlemoene se sap en skil
L.W.  Gebruik 625 ml suiker vir 600 ml sap.

Metode
Was kwepers en sny stukkend.  Plaas in kastrol en bedek net met koue water.  Kook tot sag.  Syg stadig deur, liefs oornag.  Moenie druk of roer nie.  Meng sap en suiker.  Verhit stadig tot suiker opgelos is, maar moenie kook nie.  Voeg deurgesygde suurlemoensap en -skil (toegebind) by, bring tot kookpunt en kook vinnig verder.  Gooi in warm droë flesse en verseël.

Print Friendly, PDF & Email

KWEPERJAM

Bestanddele
1,2 kg geskilde, gerasperde kwepers
2,5 kg suiker
500 ml kookwater

Metode
Skil en rasper kwepers voordat dit geweeg word.  Meng suiker en water in pot, plaas op stoof en roer tot suiker gesmelt is.  Voeg gerasperde kweper by en roer goed.  Kook vinnig vir 30 min en roer dikwels, maar saggies sodat dit nie aanbrand nie.  Koel af en bottel.

Print Friendly, PDF & Email

MAMMA SE 3-VRUGTE-MARMELADE

Bestanddele
3 ewe groot lemoene
3 suurlemoene
3 nartjies

Metode
Skil vrugte dun af.  Sny op – verwyder alle pitte en gooi dit weg.  Snipper vrugte fyn en sny die skil in dun repies – net dunner as ‘n vuurhoutjie.  Weeg af en gebruik 6 k water per 500 g vrugte.  Kook tot sag – ongeveer 60 – 90 min.  Laat staan oornag.

Meet vrugtemoes nou weer af en gebruik 1 k suiker vir elke koppie moes.  Verhit stadig totdat suiker gesmelt het.  Kook vinnig by nr. 7 totdat marmelade opkom en draai plaat af tot by nr 5 en kook verder tot regte dikte en lig van kleur.  Die proses neem in totaal tussen 20 en 40 min.  Wanneer die konfyt vir die tweede keer opkom, is dit feitlik reg.  Skakel af, toets dikte van marmelade.  Bottel warm of koud.

Print Friendly, PDF & Email

LEMOENMARMELADE

Bestanddele
2 lemoene
1 suurlemoen
9 k water
suiker
Metode
Gebruik 1 k suiker vir 1 k pap.
Maal lemoene en suurlemoene deur vleismeultjie.
Voeg water by en kook 20 min.
Voeg suiker by en kook dit totdat dit dik genoeg is.
Bottel warm en verseel.
Print Friendly, PDF & Email

MOERBEIJAM

Bestanddele
500 g moerbeie
475 ml suiker

Metode
Verwyder stingeltjies, was goed en weeg moerbeie.  Plaas in kastrol.  Gooi suiker oor en laat oornag so staan.  Verwarm die volgende dag stadig sodat suiker kan smelt.  Sodra suiker gesmelt het, verhoog temperatuur en kook vinnig tot verlangde dikte.  Bottel warm in gesteriliseerde flesse.

Print Friendly, PDF & Email

PERSKEKONFYT

Bestanddele
1 kg taaipitperskes                                     
30 ml suurlemoensap
1 kg suiker

Metode
Skil perskes, sny in skyfies en verwyder pitte.  Plaas in groot glasbak, besprinkel met suurlemoensap en mikrogolf 8 min (11 min) by volle krag.  Voeg suiker by, roer tot opgelos en mikrogolf 40 (53) minute by volle krag tot stolpunt bereik word – roer dikwels tussendeur.  Laat effens afkoel, skep in gesteriliseerde flesse en verseel soos beskryf hieronder.  (Lewer 2 x 500ml)

Print Friendly, PDF & Email

LEMOENJELLIE

Bestanddele
12 pitlemoene
2 suurlemoene
7 liter water 
suikerL.W. Gebruik 625 ml suiker vir 600 ml sap.

Metode
Sny ongeskilde lemoene en suurlemoene in dun skyfies. Bind pitte in sakkie toe. Gooi water by vrugte en pitte en kook saggies tot vloeistof met helfte verminder het, ongeveer 3 – 4 ure. Gooi in flenniedoek en syg stadig deur, liefs oornag. Moenie druk of roer nie. Meng suiker en sap en verhit stadig tot suiker gesmelt is. Bring tot kookpunt en kook vinnig verder. Bottel in warm, droe flesse en verseël.

Print Friendly, PDF & Email