KORRELKONFYT

Bestanddele
500 g vars sultanakorrels
470 ml wit suiker
7,5 ml suurlemoensap
paar stukkies gekneusde groen gemmer
knippie anys
Steriliseer flesse.

Metode
Spoel sultanakorrels goed af. Pak korrels en suiker in lae in swaarboomkastrol en verhit baie stadig oor lae hitte tot die suiker gesmelt het. Verhoog die hitte, voeg die suurlemoensap en gemmer by en kook konfyt vinnig tot dit begin braai (stolpunt bereik). Doen die pieringtoets. Skep die skuim af en skep konfyt in flesse. Bedek konfyt met botterpapiersirkels wat in brandewyn gedoop is en verseël die flesse.

 

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements

VYEKONFYT

Bestanddele
500 g ryp vye
30 ml suurlemoensap
625 ml wit suiker

Metode
Skil vye en sny middeldeur. Plaas in groot glasbak, besprinkel met suurlemoensap en mikrogolf 8 (11) minute by volle krag. Voeg suiker by en roer tot opgelos. Mikrogolf dan 20 (27) minute by volle krag tot stolpunt bereik word – roer dikwels tussendeur. Laat effens afkoel, skep in gesteriliseerde flesse en verseel soos beskryf.

Sterilisering van flesse
Vul die flesse sowat driekwart met water en mikrogolf 3 – 4 (4 – 5,5) min by volle krag tot kookpunt bereik word. Gooi water uit, keer flesse onderstebo, bedek met absorberende kombuispapier en laat afvloei..

Vul van flesse
Laat konfyt effens afkoel, want die vrugte sal na bo kom as dit te warm gebottel word. Vul flesse tot net onder die rand en bedek met kerwasskyfies terwyl die konfyt nog effens warm is. Skroef die deksels op.

LW: Onthou om flesse te gebruik wat geen metaal bevat nie. Moenie gesmelte kerswas bo-op die konfyt skep nie – bedek dit met gestolde skyfies. Wanneer die skyfies gemaak word, moenie die kerse in die mikrogolfoond smelt nie.

Print Friendly, PDF & Email

RYP TAMATIEKONFYT

Bestanddele
2 kg ryp tamataies
kookwater
7,5 k wit suiker
37,5 ml suurlemoensap
gekneusde groen gemmerstukke

Steriliseer flesse.

Metode
Bedek tamaties met kookwater, laat staan 1 – 2 minute lank, trek skille af en weeg. Kap tamaties in blokkies. Pak die tamaties en suiker in lae in swaarboomkastrol, voeg die suurlemoensap by en verhit dit baie stadig oor lae hitte totdat die suiker gesmelt het, of laat staan dit oornag.

Verhoog hitte sodra suiker opgelos het en kook tot die konfyt stolpunt bereik het. Roer nou en dan sodat die konfyt nie aanbrand nie. Doen die pieringtoets. Skep konfyt in flesse, bedek met botterpapiersirkels wat in brandewyn gedoop is en verseël die flesse.

Print Friendly, PDF & Email

AARBEIKONFYT

Bestanddele
500 g aarbeie
15 ml suurlemoensap
375 ml wit suiker

Metode
Was en maak aarbeie skoon.  Plaas in groot glasbak en besprinkel met suurlemoensap.  Mikrogolf 5 min (7 min) by volle krag.  Voeg suiker by en roer tot opgelos.  Mikrogolf dan 20 – 25 min (27 – 33 min) by volle krag tot stolpunt bereik word – roer dikwels tussendeur.  Laat effens afkoel, skep in gesteriliseerde flesse en verseel.Lewer 1 x 500 ml.

Print Friendly, PDF & Email

KERRIE-UIE

Heerlike bykos by braaivleis
Maak ten minste 3 weke vooraf, bottel en plaas op rak – nie in yskas!

Bestanddele
1,5 kg uie, geskil en in ringe gesny
500 g fyn appelkooskonfyt                     
100 ml druiwe-asyn
7 ml matige kerriepoeier                       
7 ml sout
7 ml borrie                                                   
125 ml suiker

Metode
Vermeng alles deeglik en laat ongeveer 2 ure lank staan voordat dit gebottel word.  Laat minstens 3 weke lank by kamertemperatuur verouder voor dit gebruik word.

Print Friendly, PDF & Email

Lemon Marmalade

Ingredients
12 medium sized lemons            
3 kg sugar
4,5 litres water
Method
Wash lemons well. Slice thinly, & then into quarters.  Place pips & ends into muslin bag.  Place sliced lemon pieces, contents of muslin bag into a large bowl, cover with the water & leave overnight. Next morning, discard muslin bag & place lemons (with liquid) into a saucepan, boil for about 1 hour until the lemon pieces are tender.  Add the sugar & bring back to the boil. Cook marmalade until it gels. Boil for about 1 hour. If ‘scum’ appears on top of the mixture, remove. Marmalade is ready, when a blob is put on saucer & wrinkles when moved with finger tip. Pour into sterilised glass jars, seal & allow to cool.
Print Friendly, PDF & Email

Druiwekonfyt

Die Resep kom uit kook en geniet

Bestanddele
375 g Suiker
500 g Druiwe

Metode
Was die druiwekorrels en verwyder die pitte indien verkies. Weeg die vrugte.
Gebruik 375 g Suiker vir elke 500 g Druiwe. Sit die vrugte en suiker in lae in die kastrol. Laat dit eenkant op die stoof staan tot die sap van die druiwe gedeeltelik uitgetrek het. Verhit die mengsel stadig en roer af en toe tot al die suiker opgelos is.

Die mengsel mag nie kook voordat al die suiker gesmelt is nie. Kook nou vinnig tot al die helder en deurskynend is en die stroop dik is. Sorg net dat die mengsel nie aanbrand nie, trek ‘n lepel oor die boom van die pot. Toets die konfyt na sowat 30 minute om te sien of dik is. As dit nie lekker dik is nie toets weer elke 15 minute. Bottel die konfyt terwyl warm.

Print Friendly, PDF & Email