GEBAKTE APPELKOOSPOEDING

Lynette Muller

Bestanddele
1 ½ kp meelblom
2 eetl botter
1 teel koeksoda
3eetl fyn appelkooskonfyt
½ kp melk aangesuur met 1 eetl. asyn

STROOP
2 ½ kp water
1kp suiker
1 teel fyn kaneel
2 eetl asyn

Metode
Kook die bestandele van die stroop saam en giet dit in ‘n vuurvaste bak. Vryf die botter in die meelblom. Meng die soda met die aangesuurde melk en voeg die melk en konfyt by die meelblom. Skep die mengsel in die warm stroop. Bak die nagereg 30-40min in matige oond (190°C)..Sit voor met vla.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements

Souserige Poering of Poeding

Bestanddele Deeg
2 Koppies meel
125 gm Margarien
4 Eetlepels appelkooskonfyt
1 Desertlepel koeksoda
Knippie Sout

Stroop:
6 Koppies water
2 Koppies suiker
2 Teelepels margarine
2 Teelepels vanielje

Metode Stroop
Meng die stroop se bestanddele in ‘n kastrol en kook vir 5 minute. Hou dit daarna warm.

Metode Deeg en Poeding
Smelt margarien en voeg koeksoda en konfyt by. Meng met meel en sout. Gooi nou stroop in ‘n groot bak, bv. oondpan.
Skep groot lepelsvol deeg in die stroop.  Bedek met foelie. Bak 25 min.  By 180°.

Print Friendly, PDF & Email

Mango Passion Fruit Ice Cream

Ideal For Dessert after a Christmass Lunch

Ingredients
1 large ripe mango
6 scoops vanilla
ice cream
2 tbsp thick cream
3 passion fruits

Method
Peel and dice a large ripe mango; whizz to a purée in a food processor. Add 6 scoops of vanilla ice cream and 2 tbsp thick cream and whizz again. Spoon into bowls and scoop ½ passion fruit over each.

Print Friendly, PDF & Email

OROS POEDING ~ Grootmaat

Lynette Muller
50mense

Bestanddele
3 blikkies Idealmelk (oornag in yskas)
5 desertl gelatien (opgelos in koue water en so ‘n paar sek in mikrogolf tot gesmelt)

Metode.
Los op 5 kop suiker in 2 en half kop kookwater, voeg gelatien by –
Gooi 2 bottels oros (750ml elk) by stroop mengsel
Sit in yskas om af te koel maar dit moet nie stol nie –
Klits nou die ideal melk styf en voeg by bo-genoemde – Sit in yskas om te stol –

Print Friendly, PDF & Email

Bar One Poeding

Lynette Muller

Bestanddele
120 g roomkaas
3 Bar Ones in stukkies gesny
250 ml room styf geklits
700 ml melk, vir kitspoeding aanmaak
2 pakkies sjokolade kitspoeding
1 pakkie Romany Creams grof gebreek
1 Flake sjokolade

Metode
Meng die roomkaas en Bar One sjokolade. Vou die geklitse room in. Klits melk en kitspoeding saam en laat 5 minute in yskas stol.
Skep derde van die kitspoeding in glas bak. Sprinkel die helfte van die stukkies Romany Creams daaroor, dan die helfte van die roomkaas mengsel. Herhaal die lae en eindig met die oorblywende derde van die sjokolade poeding mengsel. Skep die roomkaas mengsel oor met die oorblywende kitspoeding mengsel bo-op. Sprinkel met die sjokolade om af te rond. Sit in yskas tot gereed om dit te bedien.

Print Friendly, PDF & Email

BOEREJONGENS:

Anna Eksteen

Bestanddele
500g Rosyne
250 ml water
200g suiker
1 stokkie pypkaneel

Verhit rosyne, water, witsuiker en pypkaneel stadig saam tot kookpunt en roer dit aan die begin om die suiker te laat oplos. Kook dit vir 10 minute oor matige hitte. Giet die stroop af en  en plaas die rosyne in warm glasflesse. Vul die flesse met skoon brandewyn of om die helfte stroop en die helfte brandewyn.

Wenk
Bedien met roomys.

Print Friendly, PDF & Email

Cheese Pudding

www.flippenlekkaspices.co.za

Ingredients
3 cups fresh breadcrumbs
4 cups milk
6 eggs(white and yolk seperated)
3 cups matured cheddar cheese
1 teaspoon Flippen Lekka Spice.

Method
Preheat oven to 190 C. Soak the breadcrumbs in the milk for 5 mins. Add the egg yolks, spice and cheese. Beat the egg whites and fold into the mixture. Pour the mixture into a greased ovenproof dish and bake until set and golden brown. Serve with honey and/or cream.

Print Friendly, PDF & Email

Dadelwieletjies

Okkie Jansen Van Rensburg

Bestanddele Vulsel
1 pakkie (250g) dadels, gekap
½ koppie (125ml) rosyntjies
150ml water
1 eetlepel (15ml) brandewyn
1 pakkie (100g) gevlokte amandels, gekap

Bestanddele Deeg
2 koppies (500ml) koekmeel
1 teelepel (5ml) koeksoda
2 teelepels (10ml) kremetart
½ teelepel (2,5ml) kaneel
knypie sout
knypie gemengde speserye
¾ koppie (187ml) strooisuiker
½ koppie (125ml) olie
1 koppie (250ml) water

Stel oond op 180 ºC.

Metode Vulsel
Kook dadels en rosyntjies in water vir 2 minute in mikrogolfoond. Roer brandewyn en amandels by en laat eenkant om af te koel.

Metode Deeg
Sif al die bestanddele behalwe suiker, olie en water saam. Roer suiker by gesifte bestanddele. Roer olie en water bymekaar en roer by gesifte bestanddele. Vorm deeg en rol tot redelik dun op ‘n meelbestrooide oppervlak in reghoek van ongeveer 50 cm x 30 cm uit. Smeer vulsel op uitgerolde deeg en rol in breedte op soos ‘n rolkoek. Draai deegrol toe met kleefplastiek en plaas in yskas vir 5 ure. Sny deeg in 1 cm- skyfies, plaas op gesmeerde bakplaat en bak vir 12 minute of tot goudbruin. Lewer ongeveer 60 koekies

Print Friendly, PDF & Email

Sagopoeding ~ Grootmaat

Jan van Niekerk
Lewer 50 porsies

Bestanddele
8 Koppies sago
6 Kaneelstokkies
7 ½ Liter melk
900g Suiker
30 ml Sout
225 ml Botter
18 Eiergele, geklits
450 ml Appelkooskonfyt
50 Eierwitte
1 kg Suiker

Metode:
Spoel die sago af. Voeg die kaneelstokkies en sago by die melk en verhit stadig. Kook oor lae hitte totdat die sago deurskynend is. Voeg 100 g suiker, sout en botter by. Meng goed. Verwyder die kaneelstok. Voeg die geklitste eiergele by. Skep die mengsel in ’n oondbak en stip die appelkooskonfyt oor. Klits die eierwitte styf en voeg die 120 g suiker lepel vir lepel by. Skep die meringue bo-op die sagomengsel en bak vir 20-25 minute teen 180 °C. Sit warm of koud voor. Jy kan die vulsel van die sagopoeding die vorige dag maak, hou in die yskas en sit die meringue die volgende dag bo-op en dan in die oond. Lewer 50 porsies.

Print Friendly, PDF & Email