Boston Brood

* 120 g koekmeelblom (250 ml)
* 120 g mieliemeel (250 ml)
* 2 ml sout
* 17 ml bakpoeier
* 2 ml koeksoda
* 5 ml fyn kaneel
* 5 ml fyn gemmer
* 2 ml neutmuskaat
* 130 g volkoringmeel (250 ml)
* 150 g  pitlose rosyne, gekap (250 ml)
* 75 g ontpitte dadels, gekap (125 ml)
* 50 g okkerneute of pekanneute, gekap (125 ml)
* 110 g margarien of botter (120 ml)
* 200 ml gouestroop
* 250 ml melk
* 5 ml vanielje-geursel

Smeer twee Boston brood blikke en deksels (of gebruik twee 450 g kakao blikke) sif meelblom, mieliemeel, sout, bakpoeier en speserye in mengbak.
Voeg volkoringmeel, vrugte en neute by. Meng goed.
Smelt margarien of botter en voeg stroop, melk en vanielje-geursel by.
Voeg vloeistowwe by droë bestanddele. klop goed vir een minuut.
Vul blikkie half, sit deksels op en stoom vir 2¼ uur.
Verwyder deksels en koel in blikkie af. plaas oor in lugdigte houer vir ‘n dag voor dit gesny word.
Bedien snytjies met botter of margarien

 

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements
 

Satay Chicken Kebabs

Ingestuur deur Spookie Pretorius

(Serves 6)

chicken specially for runners – rebuild and recover muscles
Kebabs

600-800g skinless chicken breasts, cubed
Chunky vegetables of choice, such as – mixed peppers, onion slices, mushrooms

Satay sauce

3 tbsp water
½ onion, peeled and finely grated
1 tsp. garlic, crushed
½ tsp. chilli
4 tbsp. peanut butter, smooth
1 tbsp. soy sauce
2 tbsp. lemon or lime juice
1 cup apple juice

Method
Kebabs

Thread the chicken onto the skewers, alternating with cut seasonal vegetables of your choice.

Satay sauce
  1. Bring the water, onion and garlic to the boil in a small saucepan, and cook gently till the onion is soft.
  2. Over a low heat, add the chilli and the peanut butter, one tablespoon at a time. Stir well after each addition to make a smooth sauce.
  3. Add the soy sauce, lemon or lime juice and half the apple juice. Mix well.
  4. Add the rest and stir well.
  5. Bring to the boil and stir constantly.
  6. Reduce the heat and simmer for a further 2 minutes.
  7. Spoon Satay sauce liberally over each kebab and grill or braai.
  8. The remaining sauce can be used to baste the kebabs while grilling.
Print Friendly, PDF & Email
 

Vla vulsel vir Speenvarkies

Drie eiers, 3/4 bottel melk, 2 onse (56 g) botter, 2 onse (56g) fyn suiker, 3 desertlepels meelblom en 10 druppels lemoen of amandelolie.

Klop die geel van die eiers en klop die botter tot room. Roer dit goed deurmekaar met die melk en meelblom. Sit dit op die stoof om dik te word (dit moet nie kook nie). Voeg die suiker en geursel by. Sit tertdeeg in vormpies en vul dit met vla. Laat dit bak tot dit gaar is en laat dit afkoel/ Klop nou die wit van die twee eiers baie goed en roer 2 onse witsuiker daarby. Sit dit liggies bo-op die vla en sit dit vir ‘n rukkie in die oons sodat die wit van die eier net effens kan bruin word.

Print Friendly, PDF & Email
 

Vulsel vir Ganse No 2

Een koppie wit broodkrummels, 1/2 lb (250g) skoongemaakte korente, 1 lepel fyn suiker, 1/2 teelepel fyn kaneel, ‘n bietjie sout, ‘n klont botter, 25 fyngestapte amandels en ‘n stuk fyngerasperde suurlemoenskil. Maak alles ann met ‘n glas Franse of ander goeie brandewyn, Stop die gans met die vulsel.

Print Friendly, PDF & Email
 

Vulsel vir Ganse en Varkvleis No 1

Vier groot uie, 10 saliblare, 1/2 lb (250g) broodkrummels, 1 1/2 onse (42 g) botter, 1 eier, sout en peper. Skil die uie, sit dit in kookwater en laat stadig kook tot dit sag is. Voeg die salie vir ‘n paar minute by en kap dit dan saam met die uie fyn. Roer die brood, peper, sout, botter en die geel van die eier goed deurmekaar met die uie en salie.

Print Friendly, PDF & Email
 

Droë speserye vir biefstuk en karmenaadjies

Een ons (28g) fyngestampte en gesifte gemmer. 1 ons (28g) peper. 1 ons (28g) kaneel, 21 naeltjies, 1 1/2 ons (42g) foelie (Nutmeg), 3/4 ons (21g) fyn rissies, 1 1/2 ons (42g) ons neut, 4 ons (112g) wit peper. Stamp alles goed fyn, maak dit goed deurmekaar en bêre in droë bottel.

Print Friendly, PDF & Email