Hoofstuk 6 (Bredies) ~ Gestopte Murg van Groente

Een murg van groente (Woordeboek), 3 uie, 1 groot koppie broodkrummels, 1 lepel botter, 1 teelepel mak salie, 1 eier, sout en peper. Sny die murg van groente in die lengte deur en verwyder die pitte. Kook die uie en maal dit. Meng dit goed met die ander bestanddele en voeg ook ‘n geklitste eier by. Vul nou die murg van groente met die vulsel, sit die twee halwes bymekaar, smeer dit met ‘n bietjie botter en bak dit ‘n volle halfuur lank.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements

Hoofstuk 6 (Bredies)~ Kerrie Groente

Vier groot uie, 4 of 5 groot appels, 6 groot aartappels, 1 eetlepel kerriepoeir, 3 lepels melk en 1 lepel asyn.

Maal die uie en appels, sit dit in ‘n kastrol met ‘n 1/4 pond (113 g) botter en smoor dit tot mooi ligbruin. Maak die kerrie aan met die melk en ‘n bietjie sout en roer dit by die uie en appels. Kook nou die aartappels, sny dit in klien stukkies en voeg dit by die uie en appels. Kook dit tot sag en voeg die asyn by. bedien saam met rys.

Print Friendly, PDF & Email

Hooftsuk 6 (Bredies) ~ Tamatiepastei

‘n driekwartpond (340g) pasteideeg., 1/4 pond (113g) macaronie, 2 eetlepels gekapte pietersielie, 2 eetlepels gekapte uie, 3 hardgekookte eiers, 1 ons (28g) botter, 1 ons (28g) meelblom, tamaties, ‘n groot koppie water, sout en peper.Breek die macaroni in duimlange stukkies, sit dit in kokende water met ‘n bietjie sout en kook dit tot dit sag is. Gooi die water af. Sit nou ‘n laag gesnyde tamaties in ‘n gesmeerde pasteiskottel, dan ‘n laag gekookte macaroni en dan ‘n laag pietersielie, uie, sout en peper. Herhaal to die skottel vol is. Sny dan die hardgekookte eiers in skyfies en sit dit bo-op. Smelt nou die botter in ‘n pan, roer die meelblom daarby en sit dit op die stoof.Roer dit tot dit mooi ligbruin is, voeg dan die water daarby en roer tot dit kook. Voeg nou sout, peper en ‘n lepel Worcestersous by en gooi dit ook in die pasteiskottel. Rol die deeg uit en sit dit oor die pastei. Versier dit met deeg. Smeer opgeklopte eier bo-oor en bak dit ‘n halfuur lank in ‘n warm oond. 

Print Friendly, PDF & Email

Hoofstuk 6 (Bredies) ~ Frikadelle en wingerdblare

Neem vleis, wingerdblare, sout, peper, neut, naeltjies, tiemie, ‘n sny witbrood en ‘n geklopte eier.

Maal die vleis en krummel die brood daarby. Voeg peper en sou na smaak by; ook die speserye en eier. Smeer elke blaar met vet of botter en sit op elkeen ‘n frikkadel.Bind dit toe met ‘n draad gare  en sit dit on ‘n gesmeerde kastrol of pan. ‘n Kastrol met ‘n deksel op is die beste.Bak die frikadelle maar nie te droog nie, Bedien die frikadelle met sous wat gemaak is deur ‘n klont botter in meelblom te rol en in die pan te roer. Die blare word saam met die frikadelle ge√ęt.

Print Friendly, PDF & Email

Hoofstuk 6 (Bredies) ~ Snoek en Tamatie

Kook ‘n groot stuk snoek en verwyder al die grate. Sny 2 of 3 uie in skyfies en smoor dit in vet tot dit mooi geelbruin is. Roer nou die vis en gesnyde tamatie daarby en voeg ‘n bietjie peper en ‘n lepel vet daarby. Kook dit stadig, maar nie te droog nie.

Print Friendly, PDF & Email

Hoofstuk 6 (Bredies) ~ Vleis en Groentestoof

Sny 3 of 4lb (1.5 of 2 kilo’s) vleis in kelinstukkies, was dit en sit dit in ‘n kastrol met een gesnyde ui, 3 of 4 gesnyde geelwortels, 2 of 3 gesnyde witwortels, 2 rape, 8 of 10 graat aartappels, ‘n half bottel water, sout en peper. Laat alles stadig saam stowe.

Print Friendly, PDF & Email

Hoofstuk 6 (Bredies) ~ Muisies in kool

Kook koolblare of gooi kokende water daaroor dat dit verlep word. Verwyder die harde stronke en smeer elke blaar met botter of vet. Sit frikkadelletjies in elke koolblaar en vou dit toe. Sit dit in ‘n kastrol wat met vet gesmeer is en maak dit gaar. Skep dit uit op ‘n skottel en bedien sous daarby.

Print Friendly, PDF & Email

Hoofstuk 6 (Bredies) ~ Gabkte tamates No 1

Trek die steeltjies af, sit die tamaties in ‘n skottel en bak dit gaar. Maak nou ‘n gaatjie bo-in en vul dit met broodkrummels wat aangemaak is met sout, peper ‘n eier en fyn uie. Steek dit weer in die oond om gaar te bak. Keer dit om.

Print Friendly, PDF & Email