Een ons (28g) fyngestampte en gesifte gemmer. 1 ons (28g) peper. 1 ons (28g) kaneel, 21 naeltjies, 1 1/2 ons (42g) foelie (Nutmeg), 3/4 ons (21g) fyn rissies, 1 1/2 ons (42g) ons neut, 4 ons (112g) wit peper. Stamp alles goed fyn, maak dit goed deurmekaar en bêre in droë bottel.
Category: Uit de oude Tyd ~ Bykosse vir Biefstuk
Tamatie – Atjar
Uie in Asyn
Hoofstuk 10 (Bykosse vir Biefstuk) ~ Perske Atjar
Hoofstuk 10 (Bykosse vir Biefstuk) ~ Peperwortels No 2
Hoofstuk 10 (Bykosse vir Biefstuk) ~ Peperwortels No 1
Hoofstuk 10 (Bykosse en Speserye vir Biefstuk) ~ Groen Okkerneut Atjar
Hoofstuk 10 (Bykosse en Speserye vir Biefstuk) ~ Lemmetjie Atjar
Rol die lemmetjies op ‘n tafel sodat die olierigheid kan uitkom. Sny nou 4 snytjies in elke lemmetjie en vul met sout. Pak dit nou styf in ‘n erdepot met die punte na bo en maak dit toe. Laat dit ‘n maand so in die pekel staan, haal dit dan uit en druk die pekel uit. Neem nou 1 koppie mosterd, 1 koppie fyn gemmer en genoeg asyn, om die lemmetjies te bedek en kook dit ‘n uur lank. Neem ‘n kommetjie van die lemmetjies se pekel en kook die lemmetjies daarin. Haal die lemmetjies uit, gooi die asynsous oor en laat dit 10 minute aanmekaar kook. Pak die lemmetjies nou netjies, met puntjies na bo, in ‘n fles, gooi ‘n lepel soetolie by en dan die sous bo-oor. Laat dit heeltemal koud word voordat dit toegemaak word.
Hoofstuk 10 (Bykosse en Speserye vir Biefstuk) ~ Eier Atjar
Hoofstuk 10 (Bykosse en Speserye vir Biefstuk) ~ Kool Atjar
Sny die kool in 4 dele en sny die stronk uit. Strooi sout daaroor en laat dit 24 uur lank so in ‘n skottel staan. Laat die pekel dan afloop en pak die kool in ‘n skoon erdepot. Neem vir elke twee bottels asyn 1 ons (28g) swart peper, 1/2 ons (14g) gesnyde peperwortels, 1 ons (8g) Jamaikapeper (allspice), 3 rissies en 1 ons (28g) mosterdsaad. Kook dit op en gooi dit op die kool in ‘n erdepet, maak dit dig toe.