Sny die vleis in mooi kelienrige stukkies en sit ‘n paar pond fyngesnyde spek daarby. Voeg nou sout, peper, 12-14 naeltjies, ‘n halwe gesrasperde neut, 3 blaartjies foelie (Sien Woordeboek), ‘n duimlagie stukkie kaneel en ‘n glas water daarby en stowe dit tot dit gaar is. Neem vervolgens ‘n glas asyn, maak dit met ‘n lepel bruinsuiker en ‘n lepel maizena of meelblom aan en roer dit by. Laat dit opkook. Passop dat dit niue brand nie.
Category: Uit de oude Tyd ~ Gebraaide Vleis
Hoofstuk 7 (Gebraaide Vleis) ~ Gebraaide Wildsboud
Hoofstuk 7 (Gebraaide Vleis) ~ Gevulde Varkboud
hoofstuk 7 (Gebraaide Vleis) ~ Met Spek Gestopte Skaapoboud
Sny die voorbeen van die boud vleis af en sny die boud mooi rond. Was en droog dit goed af. Neem nou ‘n speknaald en lardeer die boud met stukkies spek so lank soos jou pinkie. Sit dit dan in ‘n diep skottel, strooi peper en sout daaroor en laat dit 12 uur lank in asyn lê. Keer dit om en laat nog 12 uur loê. Braai dit.
Hooftsuk 7 (Gebraaide Vleis) ~ Skaapboud (Ander metode)
Was die boud skoon en droog dit af. Sny in mooi snye tot op die been en sit gekapte pietersielie, sout peper, ‘n fyngesnyde ui, ‘n halwe gerasperde neut, 3 blaartjies foelie (Sien Woordeboek ) en 12 naeltjies tussen die snye. Steek nou die snye vas met ‘n pennetjie, gooi ‘n glas wyn daaroor, smeer die boud en braai dit tot dit gaar is.
Hooftsuk 7 (Gebraaide Vleis) ~ Gestopte Skaapboud
Hooftsuk 7 (Gebraaide Vleis) ~ Gebraaide Haas
Maak die haas mooi skoon en haal die lewer uit. Sny nou die vier pote by die eerste lit af, trek die vel oor die agterpote en trek die vel van die ore af. Sny die senings van die agterbeentjies af an steek dit agter die boudjies vas. Doen nou dieselfde met die voorbeentjies. Stop die haas met vulsel. Was en droog die haas goed af, besprinkel dit met sout en peper en sit in ‘n kastrol met ‘n koppie water.Laat dit stadig kook tot amper gaar. is en strooi dan ‘n bietjie meel en sout of ‘n bietjie botter en vet daaroor.Laat dit weer kook tot dit gaar is en voeg dan ‘n koppie kook of warmwater en ‘n bietjie asyn daarby vir sous. Moenie met ‘n vurk in die boudjies steek nie maar draai dit liewer met ‘n lepel om as dit braai.
Hoofstuk 7 (Gebraaide Vleis) ~ Gestoofde Hoender
Maak ‘n jong hoender mooi skoon en sny dit aan stukke. Sit dit in ‘n kastrol met ‘n groot koppie water en laat dit ‘n uur lank stadig kook. Voeg nou sout, 2 blaartjies foelie (Woordeboek), 8 naeltjies en 1 lepel botter by. Laat dit ‘n halfuur lank kook. Maak ‘n lepel sago aan met ‘n koppie melk of water en gooi dit by die hoender. Laat dit stadig kook tot die sago gaar is. Klop nou ‘n eier saam met ‘n bietjie suurlemoensap en voeg dit vinnig by die hoender.
Hoofstuk 7 (Gebraaide Vleis) ~ Gekookte hoender
Pluk, skroei en was die hoender mooi skoon. Haal die buinnegoed uit, sny die nek en pota af by die eerste lit af en steek die bene agter in. Stop die hoender met vulsel en werk of steek die opening vas-ook die nekvel. (Sit peper en sout of net sout binne-in die hoender). Strooi nou meel op ‘n doek en rol die hoender daarin. Kook 2 uur lank en bedien witsous en pietersielie- of bottersous daarby. Ham of sout tong is ook lekker daarby.
Hoofstuk 7 (Gebraaide Vleis) ~ Gebraaide Hoender
Maak die hoender mooi skoon en wees versigtig dat die gal nie breek nie. Stop die hoender met vulsel, draai die vlerkiesoormekaar op die rug, sny die pooitjies af, druk die boudjies styf teen die lyf en steek hulle met ‘n pennetjie vas. trek die nekvelletjie mooi oor die nek, sout en peper die hoender en braai mooi geelbruin.