Hoofstuk 8 (Groente) ~ Witwortel no 3

Wit- en geelwortels saam met soutvleis gekook is ook lekker.

Advertisements
 

Hoofstuk 8 (Groente) ~ Skorsenierwortel No 3

Sien Woordeboek

Was af en kook met skille aan. Trek die skille af as dit gaar is en gooi een vir een in ‘n bietjie asyn water om te verhoed dat die wortels blou word. Sny dit nou in stukkies, sit dit in die kastrol en voeg ‘n lepel botter, sout en ‘n koppie melk waarin ‘n bietjie maizena geroer is, by. Laat dit stadig stowe. Passop dat dit nie brand nie.

 

Hoofstuk 8 (Groente) ~ Gekookte Rape

Skil die rape en kook dit sag in water met ‘n bietjie sout. Water af en druk dit met ‘n vurk fyn. Sit dit weer in ‘n kastrol en voeg sout, peper, botter en 2 of 3 lepels room by. Klop dit goed deur en laat dit weer opkook. Rape kan ook heel gekook word en met sous bedien word wat genaak is van botter, neut en ‘n bietjie sout.

 

Hoofstuk 8 (Groente) ~ Gestoofde Patats

Skil en sny die patats in skyfies. Gooi dit vir ‘n tydjie in soutwater, was dit dan af, en sit die skyfies in lae in ‘n kastrol. Strooi genoeg suiker bo-oor en voeg ook ‘n paar stukkies kaneel, 10 of 12 naeltjies. ‘n goeie lepel vet of botter en ‘n glas water of wyn by. Laat dit stadig kook. Die suiker, kanneel en water of wyn kan ook apart gekook word en dan oor die patats gegooi word om gaar te stowe.