Hoofstuk 3 (Vleis) Bobotie

Bobotie

Een pond (454 g) gemaalde koue, gaar vleis of rou vlies, 2 onse (56g) botter, 1 groot koppie melk, 1 sny brood, 2 getampte amandels, 1 teelepel kerrie, die sap van ‘n suurlemoen en 1 ui. Stamp die amandels fyn, week die brood in vleisekstrak of melk en smoor die ui in botter. Makk alles goed deurmekaar en sit in ‘n diep skottel met ‘n paar lemoenblare. Klits 3 eiers met die melk en gooi oor die vleis in die skottel. Bak dit in die oond.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements

Hoofstuk 3 (Vleis) Beesvleis met spek

Beesvleis met spek

Sny beesvleis in dun stukkies so groot soos ‘n hand. Kneus dit, was dit af en sout en peper dit. Neem nou spek en sny dit in repies-so lank soos die stukkies vleis en so dik soos ‘n pinkie. Twee stukkies spek vir elke stukkie vleis. Rol dit mooi toe in die vleis en bind dit vas met sterk gare. Sit dit in ‘n kastrol met water-ongeveer ‘n bottel vol-maak dit goed toe en stowe op ‘n stadige vuur totdat dit gaar is. Haal uit op ‘n warm skottel. Neem nou ‘n teelepeltjie vol meelblom of maizena, maak dit aan met ‘n kelkie vol wyn of asyn en ‘n lepel vol Worcestersous. Roer dit by die sous in die kastrol en laat dit ‘n paar minute kook. Haal die garedrade van die vleisrolletjies af en gooi sie sous oor die vleis.

Print Friendly, PDF & Email

Hoofstuk 3 (Vleis) Biefstuk met Brood

Biefstuk met Brood

Neem ‘n stukkie beesvleis so groot soos ‘n hand, was en kneus dit. Sny nou diep kerwe daarin (nie dwarsdeur nie). Neem nou 1 koppie broodkrummels, 1 ui, ‘n bietjie pietersielie, sout en peper na smaak, en maak dit aan met een eier. Stop nou die kerwe in die vleis met die mengsel en bind die vleis goed vas met ‘n toutjie. Sit dit in ‘n pot met ‘n bietjie asyn en water, of in water (omtrent ‘n glasvol) waarin suurlemoen skyfies gesny is. Laat dit twee uur lank stadig stowe. Haal dit op ‘n skootel uit en versier met suurlemoen skyfies. Neem een lepeltjie meelblom of maizena, maak dit aan met ‘n kelkie vol wyn of asyn en ‘n lepel Worcester sous. Roer dit by die sous in die kastrol en laat dit ‘n paar minute kook. Haal die garedrade van die vleis af en gooi die sous oor die vleis.

Print Friendly, PDF & Email

Hoofstuk 3 (Vleis) Biefstuk en Uie

Biefstuk en Uie

Neem ‘n stukkie beesvleis, was en sny dit mooi, kneus dit goed en nadat dit gesout en gepeper is, rol dit in meel en dit in warm vet totdat dit gaar is. Keer dit dikwels om in die solandk dit braai. Smoor nou ‘n diepbord vol uie in dieselfde pan, sout en peper dit goed en gooi oor die biefstuk in ‘n skottel.

Print Friendly, PDF & Email

Hoofstuk 2 (EIers) Eier en Kaaslekkerny

Eier en Kaaslekkerny

‘n kwartpond (113g) gerasperde kaas, 1/4 pond (113g) broodkrummels, 1/4 pond (113g) botter, 4 eiers, 4 lepels melk en ‘n bietjie peper. Klop die eiers goed en die botter tot room. meng met die melk en roer dan die kaas, krummels en peper daarin. Bak die mengsel in klein vormpies.

Print Friendly, PDF & Email

Hoofstuk 2 (Eiers) Eiers met spekvulsel

Eiers met spekvulsel

Neem ‘n sny brood (2 duim dik) (5 cm) en druk dit af met ‘n ronde vorm so grppt soos ‘n glas. Neem nou ‘n vormpie so groot soos ‘n kelkie en druk dit af in die groot brood vorm, maar nie dwarsdeur nie. Verwyder nou die klein broodvormpie, sodat daar ‘n ronde opening in die brood is. Bak die brood in warm vet totdat dit bruin is. Neem nou gemaalde spek en bak dit in sous in die pan. Vul nou die gebakte brood met spekvulsul en sit die gebakte eier bo-op. Bedien dit warm.

Kommentaar
Ek is nie seker of spek spek is nie en of dit Bacon is nie. In albei gevalle sal dit heerlik wees.

Print Friendly, PDF & Email

Hoofstuk 2 (Eiers) Eiers met Pietersielie

Eiers met Pietersielie

‘n Kwartpond (113g) botter, 1 lepel meel, omtrent 1/2 bottel melk (240 ml), 1 lepel pietersielie, 6 eiers, 1/2 suurlemoen se sap, sout en peper. Sit die meel en die helfte van die botter op die stoof totdat dit dik word. Voeg die kokende melk met die sout en peper by en laat dit 5 minute lank kook. Voeg nou die orige botter en die fyn pietersielie by. Kook die eiers , haal die doppe af en sit dit in ‘n skottel. Gooi die sous bo-oor en bedien.

Print Friendly, PDF & Email

Hoofstuk 2 (Eiers) Eiers en Frikadel

Eiers en Frikadel

Neem 1/4 ‘n kwart lb (113 g) gemaalde vleis met broodkrummels, sout, peper en gerasperde neut. Kook 6 eiers hard, en haal die doppe af. Maak elke eiers toe met die vleis en broodmengsel, rol dit in rou eiergeel en bak totdat dit gaar is.

Print Friendly, PDF & Email

Hoofstuk 2 (Eiers) Gebakte eiers met fyn of gemaalde spek.

Gebakte eiers met fyn of gemaalde spek.

Maal of rasper koue spek. Neem 1/2 (halwe) koppie brood met ‘n bietjie peper en gemaalde neut vir elke koppie ham. Maak dit goed deurmekaar. Klop 4 eiers baie goed, maak plat koekies van die ham en brood en rol in die eier. Strooi broodkrummels bo-oor en bak in warm vet.

Print Friendly, PDF & Email