Hoofstuk 2 (Eiers) Gebakte eiers met spek

Gebakte eiers met spek

Sny die randjie van die spek af. Sit die spek in ‘n warm pan met ‘n bietjie vet. Bak dit tot dit gaar is, en haal uit. Breek die eiers een vir een totdat dit gaar is, rangskik elkeen op ‘n skyfie ham op ‘n warm skottel.

Advertisements

Hoofstuk 1 (Drankies) Om koffie te maak

Om koffie te maak

‘n Kwartpond (113 g) gemaalde koffie, 2 klein teelepeltjies sigorei. Sit in die koffie kan en gooi 8 koppies water daarop. Gooi dit tweemaal oor. Maak toe en laat dit trek vir ‘n paar minute. Skink met warm melk en suiker.

Hoofstuk 1 (Drankies) Sjokolade Drank

Sjokolade – Drank

Een ons sjokolade sjokolade (28 g), 1 1/2 (Een en ‘n half) glas water, 1 1/2 (Een en ‘n half) glas melk. Kook die melk en water. Maak die sjokolade aan met ‘n bietjie melk en roer vinnig by die melk en water. Voeg suiker na smaak by.

Wenk:
Ek is nie seker of die sjokolade wat Mev Dykman hier van praat nie ‘n poeier sjokolade is of nie, dalk is dit ook kakao. Die resep behoort te werk met gewone sjokolade wat mens dan net in die melk en water smelt.

Hoofstuk 1 (Drankies) Kakao

Kakao

Twee teelepltjies kakao, of 1 teelepltjie kakao-ekstrak vir 1 groot koppie kokende melk of melk en water. Sit die vloeistof in ‘n kastrol om te kook. meng die kakao met ‘n bietjie koue melk en voeg by die kokende melk. laat vir ‘n paar minute kook. Voeg suiker by na smaak.