Hoofstuk 10 (Bykosse en Speserye vir Biefstuk) ~ Blatjangt No 3

Twee pond (1 kg) gekookte of gebakte kwepers goed fyngemaak, 1/4lb (113g) suiker, 1/4 lb (113g) rosyntjies sonder pitte, 1/4lb (113g) sout, 1/4lb (113g), 1 ons (28g) gemmer, 1 ons (28g) fyn koljander, 2 onse (56g) knoffel, 1 bottel asyn. Kook die suiker en asyn tot ‘n stroop, stamp die ander bestanddele goed fyn en voeg dit by die stroop. Laat dit goed kook en verun met asyn.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements
 

Hoofstuk 10 (Bykosse en Speserye vir Biefstuk), ~ Blatjang no 2

‘n Halfpond (250g) droë appelkose, 1 1/2 bottel asyn, 1/4 pond (113g) mosterdsaad, 1/2 lb (250g) rosyntjies sonder pit, 1/2lb (250g) suiker, 6 onse (17g) uie, 3 huisies knoffel, 1/4 lb (113g) sout, 1/4lb (113g) rissies en 1 groot lepel fyn koljander.

Kook die appelkose in ‘n bottel asyn en maal dit saam met die uie, knoffel en ‘n 1/4 (113g) amandels. Kook nou ‘n stroop van die suiker en ‘n 1/2 bottel asyn en voeg die gekneusde mosterdsaad en die orige bestanddele by. Kook dit goed gaar en voeg die asyb by totdat ditdun genoeg is.

Print Friendly, PDF & Email
 

Hoofstuk 10 (Bykosse en Speserye vir Biefstuk), ~ Blatjang no 1

Een-en-‘n half pond (750 g) klam suiker, 3/4 lb (340 g) sout, 1/4 lb (113g) Knoffel, 1/4 lb (113g) uie, 1/4 lb fyn gemmer, 1/4 lb (113g) rissies, 3/4 lb (340g) mosterdsaad, 3/4 lb (340g) rosyntjies sonder pitte, 2 bottels asyn, 30 suur groen appels. Maak ‘n stroop van die suiker en ‘n glasvol asyn. Stamp die knoffel, uie en gemmer fyn en rol die mosterdsaad met ‘n rolstok fyn. Skil die appels, haal die pitte uit en kook dit gaar met 1 1/2 bottel asyn. Laat dit koud word en voeg dan al die ander goed daarby. Maak dit goed deurmekaar en maak die bottels vul. Kurk dit goed toe. 

Print Friendly, PDF & Email
 

Hoofstuk 10 (Bykosse en Speserye vir Biefstuk), ~ Blomkool-Atjar No 2

Sit die blomkool op ‘n erdeskottel en bestrooi dit goed met sout. Laat dit ‘n bietjie trek, haal die kool dan uit en laat dit winddroog word. Neem nou twee lepels borrie, 2 lepels gemmer, 2 lepels peper, 2 lepels mosterd en 2 lepels suiker en genoeg asyn om die kool te bedek. Kook dit en gooi die warm sous oor die kool in flesse.

Print Friendly, PDF & Email
 

Hoofstuk 10 (Bykosse en Speserye vir Biefstuk) ~ Atjar van Agurkies of Klein Komkommertjies

Laat 100 agurkies 3 uur lank in piekelwater (1 1/2 lb. sout ~ 750g sout) lê. Gooi die water af en droog hulle met ‘n skoon doek af. Neem nou 3 bottels asyn, 3 onse sout (85 g), 1/2 ons (14 g) Jamaikapeper (alspice), 1/4 ons (7 g) naeltjies, 1/4 ons foelie (Sien WOordeboek), ‘n halwe gerasperde neut en ‘n stukkie peprwortels (so lank soos ‘n vinger) en kook dit ‘n kwartier lank. Laat dit koud word en gooi dan oor die agurkies. Maak dit goed toe en laat dit 12 uur staan. Kook dit dan stadig totdat die agurkies groen word. 

Print Friendly, PDF & Email
 

Hoofstuk 9 (Slaaie) ~ Tamatieslaai

Sny die tamaties in skyfies in ‘n slaaibak. Maak ‘n 1/2 teelepel sout, 1/2 teelepel peper, ‘n 1/2 teelepel mosterd en 2 lepels soetolie goed deurmekaar en roer dan stadig 4 lepels asyn daarby. Voeg ook ‘n goed geklitste eier by en goog oor die tamatie.

Print Friendly, PDF & Email