Hoofstuk 9 (Slaaie) ~ Uieslaai

Skil en was jong, groen uie en kook dit sag. Gooi ‘n eier en asynsous (soos in boek aangegee) bo-oor.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements
 

Hoofstuk 9 (Slaaie) ~ Tamatieslaai

Sny die tamaties in skyfies in ‘n slaaibak. Maak ‘n 1/2 teelepel sout, 1/2 teelepel peper, ‘n 1/2 teelepel mosterd en 2 lepels soetolie goed deurmekaar en roer dan stadig 4 lepels asyn daarby. Voeg ook ‘n goed geklitste eier by en goog oor die tamatie.

Print Friendly, PDF & Email
 

Hoofstuk 9 (Slaaie) ~ Skorsenierwortel-Slaai

Sien Woordeboek

Was en kook dit gaar en verwyder die swart skil. Sit die skorsenierwortel in ‘n slaaibak en gooi ‘n bietjie asyn bo-oor sodat dit nie blou word nie. Maak ‘n eier en asynsous en gooi dit bo-oor nadat die asyn eers afgegooi is. 

Print Friendly, PDF & Email
 

Hoofstuk 9 (Slaaie) ~ Kropslaai

Was die slaai skoon en breek die steeltjies af. Sit dit in ‘n slaaiskottel. Dop hardgekookte eiers af, sny dit in mooi skyfies en rongskik dit op blare. Die wit eierringetjies kan ook op die blare gesit word met rooi radysies binne-in, en die geel kan in ronde stukkies gesny word en tussenin geplaas word. Die geel wat afval, kan by slaaisous gevoeg word.

Print Friendly, PDF & Email
 

Hoofstuk 9 (SLaaie) ~ Bromkors-Slaai

Soek die bromkors uit en breek die stingeltjies af. Was dit skoon af en sit n ‘n slaaibak. Maak ‘n sous van die geel van 1 hardgekookte eier, 1 lepeltjie aangemaakte mosterd, 1 lepel soetolie, ‘n bietjie sout en genoeg asyn. Gooi dit oor die slaai.

Print Friendly, PDF & Email