Hoofstuk 4 (Sop) Vermicillisop

Drie pond (1.5 kg) beesvleis in klein stukkies gesny, 1 hoender klein gesny, 3 blaartjies foelie (Sien Woordeboek), 15 naeltjies, 1/4 neut gerasper, 12 korrels Jamaikapeper (Allspice), 1/2 lb Vermicelli, 8 bottels water, sout en peper. Kook die vleis ‘n goeie 2 ure lank en voeg dan al die ander bestanddele by. Laat dit nog ‘n urr kook. die vleis moet stadig gekook word om die krag daaruit te kry.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements
 

Hoofstuk 4 (Sop) Swart Suursop no 2

Kook net soos in vorige resep (Swart Suursop no 1), maar neem in plaas van bloed 3 onse botter, 10 naeltjies en ‘n knypie kanneel. Laat die botter smelt en roer die meel daarby tot dit mooi bruin is. Gooi die sop daarby, maar haal eers die naeltjies daaruit. Laat die sop opkook.

Die botter met die naeltjies daarin. kan ook gesmelt word, en sny ‘n bruin gebraaide brood kan daarby gevoeg word. Haal dan die naeltjies en die brood uit en roer die botter by die sop.

Print Friendly, PDF & Email
 

Hoofstuk 4 (Sop) Swart Suursop no 1

Vang die bloed van ‘n hoender, of ‘n diepbord vol bloed van ‘n vark, en roer ‘n bietjie sout daarin tot dit koud is. Gooi dit deur, en laat dit staan. Kook nou die harslag (Sien Woordeboek) van ‘n hoender of ‘n vark met water vir sop en gooi daarby ‘n ‘n blaartjie foelie (Sien Woordeboek), ‘n bietjie neut, 12 naeltjies, sout en peper en laat dit goed deurkook. Maak ‘n bietjie meel aan vir kluitjies en sit dit in die pot. Maak die bloed aan met ‘n lepel meelblom en ‘n bietjie asyn. Roer dit by die sop. 

Print Friendly, PDF & Email
 

Hoofstuk 4 (Sop) Sagosop

Drie pond vleis (1.5 kg), 1/2 lb (250g) sago, 8 bottels water, 2 blaartjies foelie (Sien Woordeboek) , 15 naeltjies, 1/4 neut gerasper, 12 korrels Jamaikagemmer (allspice)’ sout en peper. Kook dit net soos vermicillisop. Klop, net voor opskeptyd, 2 eiers op met ‘n bietjie room en roer dit vinnig in die sop. Laat dity net opkook.

Print Friendly, PDF & Email
 

Hoofstuk (4) Ryssop

Een hoender sam met ‘n vleisbeen of 2lb (1kg) vleis (fyngesny), 6 bottels water, 2 blaartjies foelie (Sien Woordeboek), 10 naeltjies, 1/4 neut gerasper, 6 korrels Jamaikpeper (aalspice), ‘n klein uitjie, sout en peper. Laat alles 2 uur lank stadig kook. Neem nou ‘n 1/4 pond (125g) gestampte rys en roer dit stadig in die pot met of sonder ‘n bietjie pietersielie.Haal die pot van die stoof af. Klop 4 eiers op in ‘n bietjie gekookte melk en roer dit stadig in die sop. Hou warm, maar moenie weer kook nie. anders sal dit skif. Roer dit kort kort.

Print Friendly, PDF & Email
 

Hoofstuk (4) Kluitjiesop

Sny 2lb (1kg) vleis in klein stukkies en laat dit 2 ure lank met 6 bottels water kook. Voeg ‘n blaartjie foelie (Sien Woordeboek) sout en peper by. Maak nou 1pd (1/2 kg), ‘n handvol gesnyde kerwel (Sien Woordeboek) en ‘n 1/2 teelepeltjie bakpoeier goed deurmekaar en maak dit styf genoeg aan met vleissop. Vorm nou die kluitjies met ‘n teelepeltjie en sit dit in die kokende pot. Maak een lepel meelblom aan met melk of water en roer dit in die sop om te bind.

Print Friendly, PDF & Email
 

Hoofstuk 4 (Sop) Groentesop

Neem 2 of 3 lb )1 tot 1 1/2 kilos) skenkel, 2 of 3 wortels, 1 witwortel, 2 rape, ‘n stukkie kool, pietersielie of selery, 3 of 4 groot aartappels, ‘n handvol groot suring (Sien Woordeboek), 1 ui en 1 prei. Snay alles fyn en voeg 9 bottels water daarby. Laat dit 3 uur lank kook en voeg dan twee eetlepels meelblom wat met ‘n bietjie water aangemaak is, daarby. Laat dit weer opkook.

Print Friendly, PDF & Email
 

Hooftsuk 4 (Sop) Gortdop N0 2

Neem 2 of 3 lb (1 tot 1 1/2 kilos), beesvleis, 3/4 lb (375g) gort, 1 ui, 3 blaartjies foelie (sien Woordeboek), bietjie fyngekapte neut, 15 naeltjies, 10 bottels water, 6 tamaties aan skywe gesny, sout en peper. Laat alees vir 3 ure lank stadig kook. Die ui hoe fnie bygevoeg word nie. 

Print Friendly, PDF & Email