Vla vulsel vir Speenvarkies

Drie eiers, 3/4 bottel melk, 2 onse (56 g) botter, 2 onse (56g) fyn suiker, 3 desertlepels meelblom en 10 druppels lemoen of amandelolie.

Klop die geel van die eiers en klop die botter tot room. Roer dit goed deurmekaar met die melk en meelblom. Sit dit op die stoof om dik te word (dit moet nie kook nie). Voeg die suiker en geursel by. Sit tertdeeg in vormpies en vul dit met vla. Laat dit bak tot dit gaar is en laat dit afkoel/ Klop nou die wit van die twee eiers baie goed en roer 2 onse witsuiker daarby. Sit dit liggies bo-op die vla en sit dit vir ‘n rukkie in die oons sodat die wit van die eier net effens kan bruin word.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements
 

Vulsel vir Ganse No 2

Een koppie wit broodkrummels, 1/2 lb (250g) skoongemaakte korente, 1 lepel fyn suiker, 1/2 teelepel fyn kaneel, ‘n bietjie sout, ‘n klont botter, 25 fyngestapte amandels en ‘n stuk fyngerasperde suurlemoenskil. Maak alles ann met ‘n glas Franse of ander goeie brandewyn, Stop die gans met die vulsel.

Print Friendly, PDF & Email
 

Vulsel vir Ganse en Varkvleis No 1

Vier groot uie, 10 saliblare, 1/2 lb (250g) broodkrummels, 1 1/2 onse (42 g) botter, 1 eier, sout en peper. Skil die uie, sit dit in kookwater en laat stadig kook tot dit sag is. Voeg die salie vir ‘n paar minute by en kap dit dan saam met die uie fyn. Roer die brood, peper, sout, botter en die geel van die eier goed deurmekaar met die uie en salie.

Print Friendly, PDF & Email