Hoofstuk 5 (Vis) ~ Lekker Vispastei

‘n Halfpond (250 g) vis, 2 hardgekoote eiers, 1 klein koppie gekapte pietersielie, 1 gerasperde suurlemoenskil met die sap, 2 lepels botter, 2 eetlepels melk, 1/2 pons (250 g) pasteideeg, sout en peper. Kook die vis, verwyder die grate en maak fyn. Meng dit met die ander nestanddele. rol die deeg uit en sit die vis in die middel. Vou die deeg terug oor die vis in ‘n vorm van blare. SMeer dit met geklitste eier en bak dit in ‘n warm oond.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements
 

Hoofstuk 5 (Vis) Vis-Vla

Twee pond (1kg) Silwer- of Hottentotsvis, 1 eetlepel fyn meel, 1 desertlepel botter, 2 eiers , 1 koppie melk, sout en peper. Maak die vis mooi skoon, sny dit in stukkies en sit dit in ‘n pasteiskottel. Strooi sout en peper bo-oor. Sit die meel in ‘n kom met ‘n bietjie botter en meng dit met geklitste eiers en die emlk. Gooi dit oor die vis en bak dit ‘n driekwartier lank in die oons. Drup suurlemoensap bo-oor as dit gaar is.

Print Friendly, PDF & Email
 

Hoofstuk 5 (Vis) ~ Vis – Frikadel No 3

Haal die grate uit die gekookte vis en kap die vis fyn. Voeg by broodkrummels, fyn pietersielie’n fyngekapte ui, sout en peper, ‘n klein bietjie tiemie en sarè (Ek is tans besig om uit te vind wat dit is), en ‘n stukkie fyn suurlemoenskil. Maak alles deurmekaar. Vorm dit nou in koekies of bolletjies, rol in eier en krummels en bak mooi ligbruin in warm vet. Sous kan van die kop, vinne en stert soos in N0 2 gemaak word.

Print Friendly, PDF & Email
 

Hoofstuk 5 (Vis) ~ Vis – Frikadel No 2

Neem koue, gaar gaar vir (of rou vis) en sny dit van die rugstring af. Sit die kop, vinne, stert en grate in ‘n kastrol met ‘n ui, sout peper en ‘nh bietjie fyn kruie en laat dit twee uur lank stadig stowe. Dit is die sous. Neem nou die vis, kap dit fyn en voeg ‘n bietjie koue fyn aartappels, net soveel broodkrummels en ‘n bietjie pietersielie by. Vorm dit in plat koekies, verf dit met die geel van ‘n eier en bak dit mooi ligbruin. Gooi nou die sous deur, gooi dit oor die frikadel an laat dit ‘n kwartier stadig stowe.

Print Friendly, PDF & Email
 

Hoofstuk 5 (Vis) ~ Vis – Frikadel, No 1

Neem 1lb (500g) gekookte en gemaalde vis, 4 gekookte aartappels, ‘n bietjie neut, sout en peper, ‘n lepel vol fyn pietersielie’n ui en ‘n kelkie melk. Knie dit alles saam en maak plat koekies. Smeer dit met eier, strooi broodkrummels oor en bak dit in warm vet. 

Print Friendly, PDF & Email
 

Hoofstuk 5 (Vis) ~ Kerrievis

Smoor ‘n bord vol dungesnyde uie in ‘n paar lepels vet. Laat ‘n stuk tamaryn (Sien hWoordeboek) trek in warm water en voeg ‘n lepel kerriepoeier by die water. Roer dit dan in die uie. Sny die vis in stukkies en sit by die uie met ‘n bietjie sout, ‘n hele rooi rissie en ‘n huisie knoffel as jy dit het. Voeg ‘n bietjie water by en stowe dit stadig totdat die vis gaar is.

Print Friendly, PDF & Email
 

Hoofstuk 5 (Vis) ~ Gesmoorde Snoek

Kook die snoek en verwyder die grate. Pluis dit mooi fyn. Smoor ‘n groot bord vol uie in sagte vet vet tot dit bruin is. Voeg ‘n rooi rissie en bietjie peper by die uie. Sit die snoek in die uie en laat stadig stowe. ‘n Bietjie aartappels daarby gevoeg is ook lekker.

Print Friendly, PDF & Email