Hoofstuk 3 (Vleis) Om wors of Sosys te bak

Neem wors en prik dit hier en daar met ‘n vurk. Dit sal dan nie oopbars nie. Bak dit in ‘n pan en keer dit 2 of 3 maal om.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements
 

Hoofstuk 3 (Vleis) Sosysbroodjies N0 2

Neem tertdeeg, aangemaak volgens die resep in die boek, en rol dit uit so dik soos ‘n kroonstuk. Druk dit af met ‘n groot glas en sit op die een helfte van die deeg ‘n stukkie sosys. Smeer nou die randjie van die deeg ann die binnekant met die wit van ‘n eier, druk dit toe, smeer dit dan bo-oor met die geel van ‘n eier. Bak in ‘n warm oond.

Nota: 
Sover ek kon aflei is Sosys (Of Sosis) ‘n Nederlandse / Indoniese vleis rolletjie. Soos ons in regte Afrikaans sal sê “Sausage Roll”. Sover ek uit die resep kan aflei is die maal vleis verwerk met alles wat bykom, dan gerol om ‘n ronde langwerpige stuk vleis te vorm. Dit is dan sosys genoem. Om dit maklikker te stel is dit wors sonder ‘n dermpie.

Hier plaas ek ‘n resep vir vleis rolletjies van Thea Eksteen. Ek plaas dit om net die resep van Sosys te plaas. Om Sosys te maak, maak net die maalvleis deel aan.


Vleisrolletjies (Thea Eksteen)
Bestanddele 
2 Koppies Meel 
500 g Margarien
1 t Sout 
1 Eier
2 t Asyn of Suurlemoensap 
4 e Koue Water
1 kg Fyngemaalde vleis (helfte bees & helfte Vark) 
Metode Deeg
Meng deeg en margarien totdat gekrummel. Klits eiergeel, asyn en water. Meng eiermengsel met meel mengsel. Laat goed afkoel voor gebruik.
Metode Vleisrolletjies

Neem deeg en rol uit. Sny kante mooi gelyk. Neem vleis en geur na smaak. Vul versiersak of buis (met geen punt) en vul met vleis. Druk op deeg sodat dit ‘n wors vorm. Rol vleis toe. Sny oortollige deeg af. Sorg dat las onder lê. Sny in verlangde grootte. Smeer eier of melk oor. Sny skuins kepe oor. Sprinkel met braaivleis speserye oor. Bak tot gaar.
Print Friendly, PDF & Email
 

Hoofstuk 3 (Vleis) Sosysbroodjies N0 1

Neem gerysde brooddeeg en rol dit met ‘n rolstok uit. sny vierkantige stukkies en sit op die een helfte ‘n stukkie sosys. Vou die ander helfte oor en bak dit in die oond.

Nota: 

Sover ek kon aflei is Sosys (Of Sosis) ‘n Nederlandse / Indoniese vleis rolletjie. Soos ons in regte Afrikaans sal sê “Sausage Roll”. Sover ek uit die resep kan aflei is die maal vleis verwerk met alles wat bykom, dan gerol om ‘n ronde langwerpige stuk vleis te vorm. Dit is dan sosys genoem. Om dit maklikker te stel is dit wors sonder ‘n dermpie.

Hier plaas ek ‘n resep vir vleis rolletjies van Thea Eksteen. Ek plaas dit om net die resep van Sosys te plaas. Om Sosys te maak, maak net die maalvleis deel aan.


Vleisrolletjies (Thea Eksteen)
Bestanddele 
2 Koppies Meel 
500 g Margarien
1 t Sout 
1 Eier
2 t Asyn of Suurlemoensap 
4 e Koue Water
1 kg Fyngemaalde vleis (helfte bees & helfte Vark) 
Metode Deeg
Meng deeg en margarien totdat gekrummel. Klits eiergeel, asyn en water. Meng eiermengsel met meel mengsel. Laat goed afkoel voor gebruik.
Metode Vleisrolletjies

Neem deeg en rol uit. Sny kante mooi gelyk. Neem vleis en geur na smaak. Vul versiersak of buis (met geen punt) en vul met vleis. Druk op deeg sodat dit ‘n wors vorm. Rol vleis toe. Sny oortollige deeg af. Sorg dat las onder lê. Sny in verlangde grootte. Smeer eier of melk oor. Sny skuins kepe oor. Sprinkel met braaivleis speserye oor. Bak tot gaar.
Print Friendly, PDF & Email
 

Hoofstuk 3 (Vleis) Sosaties No. 2

Neem 3lb (+- 1.5 kilo’s) dikvleis, 2 groot uie, 1 lepel kerrie, 2 onse tamaryn, 1 huisie knoffel, sout, peper en 1 teelepel suiker. Sny die vleis in mooi stukkies, sout en peper dit en sit in ‘n skottel. Trek die Tamaryn in kookwater. sny die uie en knoffel en smeer dit in vet. Gooi nou die Tamarynwater en kerrie oor. Voeg ook die suiker en 2 lepels asyn by en laat 2 minute lank kook. As dit yskoud is, gooi dit dan oor die vleis, roer dit om en laat ‘n dag of langer staan. Braai dit dan. Die sous wat oor die vleis was, moet opgekook word vir sous.

Nota: Tamaryn water kan vervang word met lemmetjie sap as jy nie Tamarind kan kry nie.

Print Friendly, PDF & Email
 

Hooftsuk 3 (Vleis) Sosaties 1

Neem ‘n vet boud vleis en sny dit op in netjiese vierkantjies. Sit dit in ‘n diep skottel. Neem nou drie huisies knoffel, 3 rooi rissies, ‘n bietjie sout, ‘n paar lemoenblare en ‘n takkie salie/ Strooi dit alles oor die vleis. Smoor nou 6 of 8 uie mooi ligbruin.Maak 1 teelepel kerrie aan met tamarynwateren 1 lepel suiker en gooi dit saam oor die vleis. Laat dit ‘n week lank staan, maar keer elke dag die vleis om sodat dit goed kan deurtrek. Ryg die vleis in staaldraad of bamboes stokkies in en braai dit op ‘n warm rooster. Dit kan ook in ‘n pot op die vuur gebraai word en met sous bedien word.

Nota: Tamarynwater is water met Tamarind pasta in. Tamarind is suur. As jy nie Tamarind kan kry nie gebruik sap van ‘n lemmetjie (lime).


Print Friendly, PDF & Email
 

Hoofstuk 3 (Vleis) Lewer en Spek 2

Sny die spek in skyfies. Neem nou ‘n plat stukkie lewer, wat dit af en rol dit in meel met sout en peper. Bak dit in warm vet in die pan en haal dit uit op ‘n warm skottel. Bak nou die spek en sit ‘n stukkie op elke stukkie lewer. Bind die sous met maizena of meelblom en gooi dit oor die lewer en spek.

Print Friendly, PDF & Email
 

Hoofstuk 3 (Vleis) Lewer en Spek no 1

Sny die lewer mooi dun en bak dit in warm vet. Neem nou dun skyfies spek en bak dit saam met die lewer as laasgenoemde gaar is. As dit mooi bruin is, sit dit op ‘n warm skottel. Bedien dit met suurlemoensap, of maak ‘n sous deur ‘n bietjie asyn te laat opkook in die pan waarin die lewer gebak is. ‘n Dun sous kan ook gemaak word deur ‘n bietjie meelblom of maizena te meng met ‘n bietjie water en dit te laat opkook in die pan.

Print Friendly, PDF & Email