Hoofstuk 1 (Drankies) Om lekker tee te maak

Om lekker tee te maak

Neem 1 teelepeltjie tee vir elke persoon. Maak die teepot warm, gooi die tee daarin. Voeg by een kokende koppie water vir elke persoon. Laat 5 minute staan om te trek.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements

Hoofstuk 1 (Drankies) Om koffie te maak

Om koffie te maak

‘n Kwartpond (113 g) gemaalde koffie, 2 klein teelepeltjies sigorei. Sit in die koffie kan en gooi 8 koppies water daarop. Gooi dit tweemaal oor. Maak toe en laat dit trek vir ‘n paar minute. Skink met warm melk en suiker.

Print Friendly, PDF & Email

Hoofstuk 1 (Drankies) Sjokolade Drank

Sjokolade – Drank

Een ons sjokolade sjokolade (28 g), 1 1/2 (Een en ‘n half) glas water, 1 1/2 (Een en ‘n half) glas melk. Kook die melk en water. Maak die sjokolade aan met ‘n bietjie melk en roer vinnig by die melk en water. Voeg suiker na smaak by.

Wenk:
Ek is nie seker of die sjokolade wat Mev Dykman hier van praat nie ‘n poeier sjokolade is of nie, dalk is dit ook kakao. Die resep behoort te werk met gewone sjokolade wat mens dan net in die melk en water smelt.

Print Friendly, PDF & Email

Hoofstuk 1 (Drankies) Kakao

Kakao

Twee teelepltjies kakao, of 1 teelepltjie kakao-ekstrak vir 1 groot koppie kokende melk of melk en water. Sit die vloeistof in ‘n kastrol om te kook. meng die kakao met ‘n bietjie koue melk en voeg by die kokende melk. laat vir ‘n paar minute kook. Voeg suiker by na smaak.

Print Friendly, PDF & Email