Malvalekker Piesang

AGS Emmanuel Gemeente

Bestanddele
6 Piesangs
2 Flakes
12 Malvalekkers

Metode
Skil piesangs en plaas elkeen op foelie. Plaas 2 malvalekkers op elke piesang. Sprinkel Sjokolade oor. Draai foelie mooi toe en braai oor kole vir 10 minute.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements
 

Mallow Crispies

Bestanddele
125 g Margarien
350 g Rice Crispies
500 g Marshmallows
400 g Sjokolade

Metode
Plaas margarien in kastrol en smelt. Voeg marshmallows by en roer tot amper opgelos/gesmelt. Voeg rice crispies by en meng goed deur tot alle crispies bedek is. Giet uit in ‘n gesmeerde rolkoekpan en druk goed vas. Smelt sjokolade en smeer oor crispies mengsel. Laat die hele mengsel stol vir ±1 uur en sny dan in blokkies.

Print Friendly, PDF & Email
 

Maklike Aartappel Slaai

Bestanddele
Gekookte Aartappels
Fyn Pynappels
Kondensmelk
Mayonnaise

Metode
Sny Aartappels in blokkies. Voeg van die fyn pynappels by. Voeg Kondensmelk en mayonnaise by.

Wenk
Hoeveelhede hier kan volgens u smaak bepaal word. Die Slaai moet net mooi klam wees.

Print Friendly, PDF & Email
 

Makataan Konfyt

(Hierdie konfyt is ook in die volksmond onder ‘n ander naam bekend. Maar die landswette verbied my om die konfyt op hulle regte naam te noem.)

Bestanddele
500 g Wartlemoen
750 g Suiker

Metode
Vir elke 500 g Wartlemoen gebruik u 750 g suiker. Sny die wartlemoen in klein stukkies. Gooi suiker daaroor. Laat oornag staan. Nou kan u ‘n bietjie wynsteensuur, gemmer en kaneel oor. Kook en roer tot die stroop dik word. Bottel.

Wenk
Ek het al van die konfyt ge-eet waarin klein stukkies heel gemmer bygevoeg is. Laat dan die fyn gemmer weg.

Print Friendly, PDF & Email
 

Macaroni Vispastei

Liza Bosch

Bestanddele
125 g macaroni
500 g gekookte wit vis
30 g Margarien
250 ml gerasperde Cheddarkaas
1 blik (410 g) Aspersie slaai stukke
Melk
Sout & Peper
Knippie Mosterdpoeier

Metode
Kook macaroni tot sag. Dreineer. Smelt margarien en gooi meelblom by. Dreineer aspersies en hou sap in ‘n maatbeker. Voeg genoeg melk by om 300 ml vloeistof te maak. Voeg melkmengsel stadig by meelmengsel en roer tot dik en glad (soos witsous). Geur met sout, peper en mosterdpoeier. Roer aspersiestukke en vis by. Voeg gekookte macaroni by en helfte van die kaas. Meng goed. Plaas in ‘n gesmeerde pastei bak en sprinkel oorblywende kaas oor. Bak teen 180 °C vir ongeveer 25 minute lank.

Print Friendly, PDF & Email
 

Maaskaas koek

Erline Jordaan

Bestanddele
750 ml Koekmeel
375 g Sagte botter
250 g Gladde Maaskaas
750 ml Strooisuiker
10 ml Vanielje geursel
6 Groot eiers by kamertemperatuur

Metode
Sif meel in mengbak en hou eenkant. Smeer tuitpan goed en voorverhit oond tot 180°C. Verroom botter, maaskaas, suiker en geursel tot lig. Klop eiers een vir een by en meng goed na elke byvoeging. Sif meelmengsel weer en meng in met metaallepel. Skep in pan en bak vir 1½ uur. Eet louwarm.

Print Friendly, PDF & Email
 

Maaskaas Tert

Joey Notnagel

Bestanddele
2 x 250 g Geroomde Maaskaas
1 Blik Kondensmelk
1 Blik vrugte (youngberry of aarbeie)
1 e Suurlemoensap
1 Rolkoek
Vlapoeier of Mezinna

Metode
Klits Kondensmelk, Maaskaas, Suurlemoensap saam tot dik. Pak ‘n laag rolkoek in bak. Gooi mengsel oor en maak gelyk. Smeer vrugte daaroor. Gooi vrugtesap in kastrol en kook. Verdik met vlapoeier of mezinna. Gooi oor tert en verkoel in yskas

Wenk
Maak maar altyd twee van die terte aan want een is nooit genoeg nie.

Print Friendly, PDF & Email
 

Litchi slaai

Hein

Bestanddele
Litchis
Bulgaarse Yogurt
Kondensmelk

Metode
Dop litchis af en ontpit dit. Sit die litchi’s in ‘n bak. Meng nou van die yogurt en kondensmelk. Voeg net genoeg kondensmelk by die yogurt om die suur van die yogurt te breek. Voeg nou die mengsel by die litchis. (Genoeg om al die litchis te bedek). Meng en verkoel.

Print Friendly, PDF & Email
 

Lemon Curd (Suurlemoenbotter)

Bestanddele
Gerasperde skil van 3 suurlemoene
Sap van 2 groot suurlemoene
250 g Suiker
120 g Botter of Margarien
2 Eiers, geklits

Metode
Plaas ‘n pot met water op die stoof. Plaas nou ‘n glasbak op die pot. Plaas al die bestanddele, behalwe die eiers in die glasbak. Prut en roer kort, kort totdat die botter en suiker gesmelt het. Voeg die eiers by, en roer nou en dan. Wanneer die mengsel dik is haal mengsel van die stoof af. Bottel en bêre.

Wenk
Vir die lemoen weergawe gebruik die skil van 3 lemoene en die sap van 2 lemoene.

Print Friendly, PDF & Email