Nagemaakte Suurroom

Met vergunning Die Hart stigting van Suid Afrika

Bestanddele
300 ml Vetvry- of laevet maaskaas
Asyn na smaak (opsioneel)
100 ml Karringmelk

Metode
Plaas sowat 100 ml karringmelk in ‘n voedselverwerker of versapper. Voeg 250 ml maaskaas by en meng. Skakel af en skraap kante skoon. Voeg meer vloeistof of kaas by. Meng en roer af en toe totdat die mengsel ‘n gladde tekstuur van suurroom verkry. Indien verkies kan ‘n paar druppels asyn bygevoeg word om ‘n suur smakie te gee. Suiker of onverdunde bevrore vars lemoensap of vars piesangs kan vir ‘n soet bolaag bygevoeg word. Fyn kaneel en neutmuskaat gee ook ‘n interessante smaak.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements
 

Mosterd Doop Sous

Peta van Heerden

Bestanddele
3 Eiers
125 ml Wit Asyn
250 ml Suiker
10 ml Mosterdpoeier
Knypie Sout
250 ml Ingedampte Melk

Metode
Klits eiers, asyn, suiker mosterd en sout saam in beker. Mikrogolf totdat die mengsel begin verdik. Roer die mengsel aanhoudend. Laat afkoel. Voeg ingedampte melk by en meng goed. Gooi in houer. Verseël en plaas in die yskas.

Wenk
Maak die resep sommer so twee of drie keer aan, want as jy die doopsous eers geproe het gaan jy dadelik weer die sous aanmaak.

Print Friendly, PDF & Email
 

Monkey Gland Biefstuk

Estelle Lotter

Bestanddele
3 Middelslag uie, grof gekap
15 ml Kookolie
30 ml Tamatiesous
30 ml Worchester sous
30 ml Soetwyn
Sout en Peper na smaak
500 g Biefstuk soos kruisskyf
Gemengde Kruie (Opsioneel)

Metode
Braai die uie in olie tot ligbruin. Voeg die tamatiesous, Worchester sous en die wyn by. Geur dit met sous en peper. Roer aanhoudend en prut vir 2 minute. Sny die vleis in netjiese porsies. Geur die vleis met sout en peper en kap die kruie deeglik daarin. Plaas die porsies vleis in die sous mengsel en braai weerskante tot gaar. Oppas vir aanbrand. Sit voor met kapokaartappels en groente.

Wenk
Indien jy nie soetwyn het nie maak ‘n mengsel van 30 ml asyn, 30 ml bruinsuiker en 15 ml Blatjang. Gebruik dit in die plek van die soetwyn.

Print Friendly, PDF & Email
 

Molshope

Bestanddele
3 tot 4 lekker groot Aartappels
Groterige klont Margarien
2 – 3 ml Bakpoeier
Sout na smaak
250 ml Room
125 ml gerasperde Cheddar Kaas

Metode
Skil en kook die aartappels gewoonweg tot sag. Dreineer en druk fyn. Voeg die margarien, bakpoeier, sout en ‘n bietjie van die room by en klits dit met ‘n vurk tot lig. Smeer ‘n oondvaste bak en skep lepels vol van die aartappels daarin. Gooi die res van die room bo-oor. Strooi die kaas dan bo-oor. Bak dit 20 – 25 minute lank in ‘n voorverhitte oond by 180 °C.

Print Friendly, PDF & Email
 

Mielie tert

Bestanddele
60 ml Koekmeelblom
15 ml Bakpoeier
2 blikke (410 g) geroomde suikermielies
40 ml Suiker
60 ml Gesmelte Margarien
4 Eiers Geklits

Metode
Voorverhit oond tot 180° C. Smeer ‘n oondvaste bak met margarien. Meng al die bestanddele goed en gooi in bak. Bak vir 1 uur of tot gaar. Sny in blokke en bedien warm of koud met braaivleis.

Print Friendly, PDF & Email
 

Mieliebrood (1)

Erline Jordaan

Bestanddele
1 Blik suikermielies – room soort
2 Eiers
15 ml Olie
5 ml Sout
15 ml Suiker
500 ml Bruismeel
Paprika
Gerasperde geel kaas

Metode
Meng mielies, eiers en olie. Voeg sout, suiker en bruismeel by en meng deeglik.
Spuit ‘n Tupper jelly ring met spray en cook. Sprinkel paprika onder in. Gooi kaas in.
Gooi nou die mengsel in. Bak by 60% krag vir 7 minute en daarna vir 3 minute by 100%. Ontvorm en laat afkoel.

Print Friendly, PDF & Email
 

Mengel vrugtetert

Bestanddele Tert
1 k Suiker
2 k Meelblom
1 t Sout
2 Eiers
1 Blik gemengde vrugte en sap (825g)
2 t koeksoda

Bestanddele Sous
1¼ k Suiker
1 Blik Idealmelk
125 g Margarien
1 Klein Blikkie fyn pynappel.

Metode
Meng suiker, meel, koeksoda en sout. Klits eiers en voeg by meel mengsel en meng goed. Gebruik die sap van die vrugte om ‘n deeg te maak. Smeer ‘n groot tert bak. Sit die vrugte in die tertbak. Gooi deeg oor die vrugte. Bak vir 45 minute teen 160°C in voorverhitte oond. Smelt die botter in ‘n pot. Gooi suiker in botter. Meng goed. Voeg ideal melk by. Roer aanhoudend tot mengsel kook en dik word. Voeg fyn gedreineerde pynappel by sous. Sodra tert uit oond kom gooi sous oor die tert. Versier met room, indien verkies.

Print Friendly, PDF & Email
 

Melktert

Belinda Grobbelaar

Bestanddele Kors
Tennisbeskuitjies

Bestanddele Vulsel
800 ml melk
2 eiers
100g (125 ml) suiker
25g (50 ml) koekmeelblom
25g (50 ml) mielieblom
knypie sout
15 ml botter of margarien
2 ml vanieljegeursel
gemaalde kaneel

Metode
Bring melk tot kookpunt in die mikrogolfoond. Klits eiers goed, voeg suiker by en meng. Voeg koekmeelblom, mielieblom en sout by eiermengsel en meng goed. Voeg eiermengsel by melk en roer goed en sit die vanieljegeursel by. Sit terug in mikrogolfoond en kook tot dik, maar onthou om so elke minuut dit te roer anders maak dit klonte. As klaar gaar is en dik genoeg, gooi in bak met tennisbeskuitjies as kors. Strooi kaneel oor en sit in yskas vir so 3 ure en geniet.

Print Friendly, PDF & Email