Gestolde Klapper slaai

Stephanie Strydom

Bestanddele
1 Blik (410 g) Fyn Pynappels
2 Pakkies pynappel jellie
1 Blik verkoelde ingedampte melk
Rooipeper
Pietersielie na smaak
Water
250 g Roomkaas
375 ml Klapper
Aromat

Metode
Dreineer pynappel en behou vloeistof. Vul pynappel vloeistof aan tot 375 ml met water. Plaas pynappel water in kastrol en kook vir 5 minute. Voeg jelliepoeier by en roer tot opgelos. Laat afkoel. Meng pynappel en roomkaas in die jellie. Klits ingedampte melk styf. Voeg nou die jellie mengsel drupsgewys by die melk en klits aanhoudend. Voeg res van die bestanddele by en meng goed. Gooi in vorm. Plaas in yskas tot gestol. Ontvorm en garneer soos verkies.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements

Kits Peppermint Tert

Yvonne Swanepoel

Bestanddele
1 Pakkie Tennisbeskuitjies
1 Blik Caramel Kondensmelk
1 Pakkie Kunsroom (Orley Whip)
1 Pak Peppermint sjokolade

Metode
Rasper die Peppermint sjokolade. Klits die room styf. Pak in lae. Tennisbeskuitjies, dan kondensmelk, room en laastens sjokolade. Hou eendag in yskas, voor bediening, sodat die geure kan meng.

Print Friendly, PDF & Email

Kits Nagereg

Yvonne Swanepoel

Bestanddele
1 Pakkie klein koekies bv. Choc Biscuits
1 Blikkie Gesnipperde Perskes
Ultramel Vla

Metode
Breek die koekies in halwe en kwarte en plaas in ‘n plat bak. Plaas die gesnipperde perskes en sous oor die gebreekte koekies. Gooi nou ‘n dik laag vla oor die perskes.

Print Friendly, PDF & Email

Kits aandete

Bestanddele
Een Groot Ui
2 Tamaties
1 e Margarien
1 t Kerriepoeier
1 e Asyn
6 Hardgekookte eiers

Metode
Braai die ui in die margarien tot sag en bruin. Sny die tamaties in dun skywe en braai saam met die ui. Sodra die tamaties gaar is meng kerriepoeier en asyn. Gooi die mengsel oor die tamaties en roer goed, laat so ‘n paar minute prut. Sny eiers in die helfte en sit in ‘n bak. Gooi die tamatie mengsel oor die eiers. Bedien warm. Kan saam met rys bedien word.

Print Friendly, PDF & Email

Kersfees Jellie

Johan Bezuidenhout

Bestanddele
250 g Vrugtekoek mengsel
250 ml Water
125 g Ontpitte Dadels
250 ml Gekapte Okkerneute
125 ml Gekapte Glanskersies
1 Pakkie Portwyn Jellie
250 ml Warm Water
125 ml Port
½ Pakkie Marie Beskuitjies
5 ml Gemengde Speserye

Metode
Kook Vrugtekoek mengsel in 250 ml water vir 5 minute. Dreineer en voeg dadels, neute en kersies by. Los jellie in 250 ml warm water op. Voeg port by jellie. Voeg gekrummelde beskuitjies en speserye by vrugtemengsel. Voeg jellie by die vrugtemengsel en roer goed. Giet mengsel in uitgespoelde tradisionele vorm. Keer uit vorm en versier.

Wenk
Dien op met room wat gegeur is met Brandewyn of Rum.

Print Friendly, PDF & Email

Kersie blokkies

Annetjie Cilliers

Bestanddele
200g wit Easy-Melt-dek sjokolade
397g kondensmelk
200g donker Easy-Melt-dek sjokolade
30g botter
250ml glanskersies, gekap
500ml klapper

Metode
Smelt wit sjokolade oor ‘n bak met warm water. Meng kersies, kondensmelk en klapper saam en voeg by sjokolade. Gooi kersie mengsel en gesmeerde en uitgevoerde pan en versprei eweredig. Smelt donder sjokolade, voeg botter by en smeer eweredig oor kersie mengsel. Verkoel tot geset en sny in blokkies.

Print Friendly, PDF & Email

Kerrie Vrugteslaai

Bestanddele
1 Blik Cocktail Vrugte gedreineer
1 Ui gekerf en gebraai in margarien
½ k van vrugte se sap
1 e Asyn
1 t Kerrie
2 t Maizena

Metode
Meng Maizena en kerrie poeier. Voeg asyn stadig by en roer die mengsel goed na elke byvoeging. Voeg die vrugtesap stadig by asyn mengsel en roer goed na elke byvoeging. Wanneer sous klaar gemeng is voeg by vrugte. Hou in yskas vir ten minste 24 uur.

Print Friendly, PDF & Email