TUNA EN MASALA SOUFFLE

Woumarie
‘n RSG Resep

Bestanddele
1 blikkie tuna
¼ ui, fyngekap
2 eetlepels botter
1 eetlepel olie
1 eetlepel masalaknippie sout
3 eiers, geskei
¾ koppie melk
3 eetlepels meel
1 eetlepel fyngekapte danja (koljander)

METODE
Verhit oond tot 160 grade Celsius. Braai uie in olie en botter. Voeg masala en meel by soos jy ‘n witsous sal maak. Roer melk by.
Roer drie eiergele by (eiergele moet gaar word, maar jy wil nie roereier maak nie) Voeg tuna en danja by. Laat sous afkoel terwyl jy die drie eierwitte styf klits. Vou die eierwit in die sousmengsel in. Sit dit in ‘n groot bak wat met botter gesmeer is, of in kleiner porsie bakkies. Bak vir 45 minute. Dit is heerlik met pampoen

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements

Elsabe se spogpensie

RSG

Bestanddele
800g varklies (Porkbelly)
olyfolie
seesout
6 wortels
2 uie, in ringe gesny
peper

Sous
8 ryp koejawels, inblokkies gesny
½ koppie esdoringstroop (Maple syrup)
50g bruinsuiker
sout en peper
100g botter

Metode Varklies
Smeer varklies met olie, seesout en peper. Plaas wortels en uie in ‘n oondpan. Plaas varklies bo-op.
Bak vir 1½ uur onbedek teen 180grade.

Sous
Smelt botter en suiker in ‘n kastrol. Voeg die res van die bestanddele by, en roer tot die suiker opgelos is. Giet oor die varklies. Bedien met kapokaartappels en slaai.

Print Friendly, PDF & Email

Johan se ideale tuna

Bestanddele
2 uie, gekap
1 groen soetrissie, gekap
olie
1 pak macaroni
2 blikkies tuna
1 x 410 g blikkie ingedampte melk
1 pakkie sampioensoppoeier
1 koppie kaas, gerasper
1 groot pak skyfies, BBQ-geur, fyngemaak

Metode
Braai uie en soetrissie saam tot gaar. Voeg tuna by (moenie dreineer nie). Kook pasta tot gaar.
Meng soppoeier met melk. Meng alles saam. Sit in ‘n oondbak. Strooi kaas oor, en daarna die skyfies.
Bak teen 180 grade vir 10 minute.

Print Friendly, PDF & Email

Bobby se roerbraai

www.rsg.co.za

Bestanddele
400g hoender-, vark-, of beesrepies
olie
2 knoffeltoontjies
1 cm gemmer
2 teelepels karweisaad
1 pynappel, in blokkies gesny
1 ui, gekap
1 pakkie sampioene, gesny
rooi soetrissie, in blokkies gesny
halwe koolkop, in repies gesny
sojasous na smaak
1 teelepel suiker
sout en peper

Metode
Verhit die olie in ‘n wok.
Voeg die vleis, gemmer en knoffel by.
Roer vir 2 minute totdat dit geseël is.
Haal uit.
Roerbraai die res tot sag.
Gooi die vleis by.
Meng goed.

Print Friendly, PDF & Email

Thai Tsoenami-soja (Hoenderslaai met sojasous)

www.rsg.co.za

Bestanddele
2 hoenderborsies, in repies gesny
1 ysbergslaai
200 g engelhaarpasta
handvol babamielies
seldery, opgesny
rooi en groen soetrissies, opgesny
komkommer, opgesny

Sous:
4 eetlepels sojasous
3 eetlepels olyfolie
1 teelepel opgekapte rissie
1 teelepel opgekapte vars knoffel
1 eetlepel vars gemmer
½ koppie vars koljanderblare, fyngekap
1 ui, fyngekap
1 teelepel suiker

Metode
Meng al die slaai se bestanddele saam.
Meng die sous se bestanddele en voeg oor slaai.

Print Friendly, PDF & Email

Bolero varkfillet

www.rsg.co.za

Bestanddele
1 varkfillet
olyfolie
speserye
3 handevol groen aspersies
gerasperde parmesaankaas
mango- en perskesap

Metode
Verhit oond tot 180 grade. Smeer varkfillet met olyfolie, en besprinkel met speserye van jou keuse. Seël dit vinnig in ‘n baie warm pan. Bak vir 15 minute in oond. Haal uit. Plaas aspersies in pan met ‘n bietjie witwyn en botter. Kook tot aspersies al dente is. Rasper kaas oor. Sny fillet in skywe. Drink die sap saam met die ete.

Print Friendly, PDF & Email

Appelkose met ‘n hawermout-krummelkors

www.rsg.co.za

Bestanddele
6 appelkose
2 eetlepels (30ml) bruinsuiker

Hawermout-krummelkors
4 eetlepels (60 ml) botter, gesmelt
¼ koppie (±65 ml) bruinsuiker
½ teelepel (2.5 ml) neutmuskaat
1 teelepel (5ml) kaneel
½ koppie (125 ml) hawemout
100 ml koekmeel
knippie sout
2 eetlepels (30 ml) amandelvlokkies

Metode
Voorverhit die oond tot 200°C. Sny die appelkose middeldeur en verwyder die pitte. Spuit ‘n bakplaat met kleefwerende sproei en plaas die appelkose daarop. Sprinkel die suiker oor die vrugte en rooster vir 5-10 minute totdat die suiker begin karamelliseer. Verwyder uit die oond en hou eenkant. Meng al die bestanddele vir die krummelkors in ‘n mengbak. Verdeel die geroosterde appelkose tussen vier oondvaste bakkies. Skep ‘n laag van die krummelkors bo-oor en bak in die oond vir 10-12 minute tot goudbruin. Bedien met ongegeurde joghurt.

Variasie
Die appelkose kan vervang word met blokkies vars appels, pere of perskes.

Print Friendly, PDF & Email