Chris se ryk mans filet

RSG

Bestanddele
Spek
Sampioene
Uie
Botter
250 ml room
Filet

Metode
Sny spek in repies. Sny sampioene en uie, en braai saam met spek in botter. Voeg room by en kook totdat helfte van die vog afgekook het. Sny die filet halfpad oop en sit mengsel binne in filet en draai toe met ‘n tou. Sit in ‘n oondvaste bak in voorverhitte oond teen 180 grade met ‘n bietjie water, en bak vir sowat ‘n uur met deksel op.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements

Charlotte se murg fillet ~ RSG

RSG

Bestanddele en Metode
Neem een rol-fillet en maak ‘n gat van een punt na die ander punt met enige lang ronde skerp voorwerp. Kook genoeg murgbene om so ‘n koppie gaar murg te kry. Braai 1 fyngekapte ui, 1 pakkie sampioene (fyngekap) en 1 fyngekapte knoffelhuisie saam. Voeg sout en peper na smaak by. Voeg murg by en laat afkoel. Stop dan die mengsel in die fillet en trek ‘n vleis kousie oor die fillet. Smeer met goeie olyfolie en sout en peper na smaak. Skink vir jou en jou vriende ‘n lekker glasie rooiwyn terwyl hierdie heerlikheid op die kole braai. As bykos maak jy net ‘n doodgewone mengelslaai.

Print Friendly, PDF & Email

Charl se vet beesfilet

RSG

Bestanddele
Groot Beesfilet
Besemstok – skerp gemaak
Spinasie fyngekap
Mozzarella kaas
Olywe
Repies spek
Tandestokkie
Fyngemaalde swartpeper
Sout na smaak

Metode
Steek besemstok deur fillet. Plaas alle ander bestanddele behalwe swartpeper in fillet en maak toe met tandestokkies. Hou met besemstok oor vuur vir so 20 minute – skroei hom maar en sny in stukke. Addisioneel: ekstra spek, murg of skaapstert.

Print Friendly, PDF & Email

Annette se vinnige beef stroganoff

RSG

Bestanddele en Metode
Sny beesvleis in repies en braai in pan met olie. Voeg sampioene by met groen rissies en knoffel. Maak vir jou ‘n witsous en gooi suurroom by. Gooi witsous by sampioene en beesvleis-mengsel en geur met sout en pepper na smaak. Kook stadig vir plus minus ‘n half uur. Nagedagte….gooi ‘n knippie paprika by vleis…..

Print Friendly, PDF & Email