Vakansie Roomysbrood

www.rsg.co.za

Bestanddele
2 k (500 ml) volroom vanieljeroomys, sag
½ k (125 ml) gemengde neute, grof gekap
1 t (5 ml) fyn kaneel
1½ k (375 ml) bruismeel, gesif

Variasie
2 k (500 ml) Aarbei roomys
½ k (125 ml) gekapte aarbeie

Metode
Voorverhit die oond tot 180 grade C.
Voer ‘n ±10 cm x 16cm broodpan met bakpapier uit, en spuit met kleefwerende sproei.
Meng die roomys, neute en kaneel in ‘n mengbak saam.
Voeg die bruismeel by en roer tot net gemeng.
Skep die deeg in die voorbereide broodpan, en bak vir 30 – 35 minute, of totdat ‘n toetspen skoon uitkom.
Verwyder uit die oond en laat effens afkoel.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements

BABY BEETROOT RAITA WITH WATERCRESS SALAD

Ingredients
baby beetroot 8-12
plain yoghurt 1 cup
lemon juice a squeeze
sea salt and freshly ground black pepper, to taste

watercress 70 g

pomegranate rubies, to garnish

1 Rinse the beetroot and place in a saucepan of water, bring to the boil and cook for 15 to 20 minutes, or until tender. Drain, peel and cut into small chunks. Leave to cool slightly.

2 Combine the beetroot with the yoghurt, lemon juice and seasoning, to taste.
3 Spoon over the watercress, top with pomegranate rubies

RECIPE: Abigail Donnelly

Print Friendly, PDF & Email

Geroosterde wortels en patats

www.rsg.co.za

Wortels en karwysaad is ’n bekende kombinasie. En as jy boonop patats daarmee saam rooster,is dit ’n heerlike bykos. Dis ook lekker saam met gebraaide vis of geroosterde hoender.

Bestanddele
250 g klein worteltjies, heel
250 g mediumgroot wortels, geskil en in die lengte in kwarte gesny
4 klein patats, met die skil in wiggies gesny
3 knoffelhuisies, in repies gesny
45 ml (3 e) olyf- of avokado-olie
10 ml (2 t) karwysaad
15 ml (1 e) heuning of sagte bruinsuiker
’n handvol vars kruisementblare

Metode
1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Plaas al die bestanddele, buiten die kruisement, in ’n groot mengbak en meng die groente tot dit met die olie bedek is.
2. Plaas die groente op ’n groot bakplaat wat mer bakpapier uitgevoer is en rooster 30-40 minute, na gelang van die grootte van groente, tot gaar en goudbruin. Sit voor met kruisementblare.

Wenke
1. Botterskorsie kan ook gebruik word.
2. As karwysaad nie beskikbaar is nie, kan komynsaad gebruik word. Dit verleen ’n totaal ander geur aan die gereg.

Print Friendly, PDF & Email

Aarbei Slaai met Basiliekruid

 

www.heleenmeyer.co.za en www.rsg.co.za

Bestanddele Slaai
250g aarbeie, in dik skywe gesny
’n handvol vars basiliekruidblare
’n handvol vars roketblare
1/2 komkommer, met ’n aartappelskilller in linte gesny
1 skyf fetakaas, gekrummel
30 ml (2 eetlepels) papawersaad
30 ml (2 eetlepels) basiliekruidpesto
45 ml (3 eetlepels) olyf- of avokado-olie
15 ml (1 eetlepel) appel- of vrugteasyn
sout en peper

Bestanddele Croutons
2 rolletjies, in growwe stukke gebreek
30 ml (2 eetlepels) olyf- of avokado-olie
2 knoffelhuisies, gekneus

Metode Croutons
Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
Plaas brood, olie en knoffel in ’n groot mengbak en meng goed deur.
Plaas in ’n enkellaag op die bakplaat en rooster vir 10-15 minute of tot goudbruin en bros. Laat dit afkoel.

Metode Slaai
Plaas die aarbeie, basiliekruid, roket en komkommer op ’n groot slaaibord en krummel feta bo-oor.
Strooi die papawersaad oor.
Meng die res van die bestanddele vir ’n slaaisous en geur na smaak.
Sit die slaai saam met die croutons en slaaisous voor.

Wenke
Gebruik aarbeie en enige ander bessies, soos frambose en bloubessies.
Waatlemoen is ook lekker. Gebruik gerus ook ander vrugte of groente, wat in seisoen is, in die slaai.
Avokado, dun groenboontjies, of pere werk goed.
Meng avokado, hoenderrepies, gepeperde makriel, salm of kekertjies by die slaai.
Vervang croutons met avokado vir ’n glutenvrye slaai.

Print Friendly, PDF & Email

Dietrich se tongvis ala verna

Verna Vels het hierdie resep by Marlene Dietrich gekry in 1967 toe sy in Suid Afrika getoer het.

Bestanddele
4 tongvisse
1-2 eiers
1 koppie meel/krummels
2 eetlepels parmesaan kaas
botter en olie
1 appel
2 piesangs
1 peer
halwe pynappel
1 rooi soertrissie
2 teelepels kerrie
3 eetl suurlemoen
1 koppie room

Metode
Klits eiers, doop vis in eiers, voeg kaas by meel/krummels, en doop vis daarin. Braai vis in botter en olie tot gaar. Sny vrugte in blokkies, hou die skille aan. Verhit die kerrie in ‘n bietjie melk in ‘n kastrol. Voeg die room by. Voeg helfte van die vrugte by. Kook vir 5 minute. Voeg die ander helfte by, saam met die suurlemoensap. Haal onmiddelik van die plaat af. Laat dit ‘n rukkie staan, en gooi oor die vis. Bedien op rys.

Print Friendly, PDF & Email

Trix se dronkgeslaande hoender

BESTANDDELE

1 heel hoender
3 eetlepels suurlemoensap
2 eetlepels olyfolie
¾ koppie droë sjerrie
2 fyngemaakte knoffelhuisies
1 teelepel sout
paprika

METODE

Sny hoender in stukke.
Meng al die bestanddele behalwe die paprika, en marineer die hoenderstukke daarin vir 3 ure. Draai dit gereeld om.
Na drie ure sprinkel die paprika oor, en bak oop in oond, teen 180 grade vir 45 tot 55 minute.
Bedien met rys en groente.

Print Friendly, PDF & Email

Lesher se koraalrifheerlikheid ~ RSG

BESTANDDELE

1 pak gevriesde garnale
4 Kasslerkarmenaadjies, in blokkies gesny (gerookte varktjops)
2 koppies rou rys
1 teelepel borrie
¼ kg botter
2 + 1 uie, opgekap
1 koppie ertjies
1 pakkie vars sampioene, opgekap
½ glas witwyn
hoenderspeserye

METODE

Gooi borrie by die rys en kook tot gaar.
Braai 2 uie en sampiorne.
Voeg die gaar rys en ertjies daarby.
Laat die garnale bietjie ontdooi en braai dit saam met die ander ui en vleis in botter.
Gooi alles bymekaar, met die wyn, en laat dit vir ‘n uur staan en stadig stoom.
Geur na smaak.
Bedien met slaai.

Print Friendly, PDF & Email

Kulsum se mahala masala aknie hoender (Maleise hoenderkerrie) ~ RSG

BESTANDDELE

1 hoender, in stukke gesny
2 eetlepels olie
1 teelepel leaf-masala
1 teelepel rooi-masala
1 teelepel breyani-mengsel
1 teelepel borrie
1 teelepel aknie masala (by alle Spars)
2 teelepels vars gemmer en knoffel
2 eetlepels vars koljander
10 wonderpeperkorrels
5 naeltjies
3 stokkies kaneel
3 kardemomsade
1 koppie suurmelk
2 Uie
1 tamatie
½ groen rissie
1kg aartappels, geskil en in blokkies gesny
2 koppies Basmatirys
1 eetlepel botter

METODE
Braai uie, tamatie en risse saam in ‘n groot kastrol.
Sodra die uie gaar is, gooi die res van die bestandele oor die hoender en voeg by die uiemengsel.
Voeg die Basmatirys en aartappels by.
Voeg sout en peper by.
Voeg water by, net genoeg om dit te bedek, saam met 1 eetlepel botter.
Kook op hoog vir 10 minute en dan op medium vir ‘n halfuur.
Die rys neem die geur aan van die speserye en hoender.

Print Friendly, PDF & Email

Oppie se shoppie se spesiale vark- of skaapribbetjie ~ RSG

BESTANDDELE

1 kg ribbetjie
1 koppie rooibostee
½ koppie tamatiesous
½ koppie olie
12 eetlepels blatjang
4 eetlepels asyn
1 eetlepel mosterd
4 eetlepels Worcestersous
1 ui, fyngekap

METODE

Sit al die bestandele (behalwe ribbetjie) in ‘n kastrol en laat dit prut vir 10 minute. Sny die ribbetjie in stukkies en marineer in die sous vir minstens vier ure.
Braai oor warm kole, en bedruip deurgaans met die sous.

Print Friendly, PDF & Email

Ultraglans verrassing (Rolkoeknagereg) ~ RSG

BESTANDDELE

4 plat sjampanjeglase
1 sjokolade rolkoek (Swiss roll)
1 liter Ultramel karamelvla
1 x 250g bakkie gladde maaskaas
1 blikkie kondensmelk
sap van halwe suurlemoen
vars kersies en okkerneute (opsioneel)

METODE

Sny vier snye van die rolkoek en plaas elke sny onderin die sjampanjeglas. Bedek met die vla. Meng die maaskaas met die kondensmelk en voeg suurlemoensap by. Gooi dit bo-oor die vla. Versier met kersies en neute. Maak dit so ‘n dag of ‘n paar uur voor die ete.

WENK
In plaas van die kersies en neute sal ek falke neem, dit krummel en oorgooi as versiering.

Print Friendly, PDF & Email