Bestanddele
2 k bruinsuiker
4 t mostert
8 e maizena (vat minder)
2 k asyn
4 e gesmelte margarien
4 k tamatiesous
Metode
Kook alles saam & verdik met maizena.
Gratis Liplekker Resepte
Magda
Bestanddele
Gooi die volgende bestanddele in ‘n lee bottel:
2 Koppies olie
1 Koppie asyn (Skud die bottel totdat die mengsel wit word)
Voeg dan verder by:
2 Teelepels Aromat
2 Teelepels Sout
3 Lepels Suiker
1 Teelepel Tiemie
2 Teelepels Droë Pietersielie
1 Teelepel Swart Peper
1 Knoffelhuisie fyn gesny
Metode
Skud die mengsel goed en plaas in die yskas. Hoe langer dit staan hoe lekkerder word die sous en is heerlik oor mengelslaai
Graham
This sauce to be used with white meat. Especially good with Turkey
Ingredients
1 large onion, peeled
6 cloves
1 bay leaf
6 black peppercorns
570ml full-fat milk
110g fresh white breadcrumbs
40g butter
salt and freshly ground black pepper
Method
Press all the cloves into the whole peeled onion and place in a saucepan. Add the bay leaf, peppercorns and milk. Bring to the boil then remove from the heat. Set aside for 15 minutes.
Pass the liquid through a sieve into a saucepan or remove the onion, bay leaf and peppercorns. Stir the breadcrumbs into the milk and place over a low heat for 5-10 minutes or until the breadcrumbs have absorbed all the liquid and the sauce is the desired consistency .Stir occasionally.
Stir in the butter and season, to taste, with salt and pepper.
Rina
Betsanddele
300 g geel of groen vlapampoentjies
30 ml vars gekapte basilie of pietersielie
60 ml heuningmosterd-slaaisous
200 g kersie tamaties
gerasperde skil van 1 suurlemoen
gegeurde seesout
vars gemaalde swartpeper
vars kruie om te garneer
Heuning Slaaisous
100ml heuning
60ml suurlemoensap
50ml lemoensap
1 lemoen se skil (fyn gerasper)
45ml sonneblomolie
20ml wit wynasyn
5ml mosterdpoeier
knippie sout
knippie vars gemaalde swartpeper
Gooi al die bestanddele in ‘n glasflessie van minstens 275 ml. Verseël die flessie en skud deeglik. Bêre in ‘n yskas.
Metode
Sny die vlapampoentjies in agstes. Meng die kruie met die slaaisous. Gooi die slaaisous oor die vlapampoentjies en laat staan sowat 35 minute. Sny die tamaties middeldeur en rangskik op 4 mediumgroot borde. Strooi gerasperde suurlemoen skil oor die tamaties en sprinkel sout en swartpeper oor. Stapel vla pampoentjiestukkies in die middel van elke bord, garneer met vars kruie en sit voor.
Anna Eksteen
Bestanddele
1 ui, in ringe gesny
1 knoffelhuisie, gekneus
10ml olie
200ml tamatiesous
150ml water
75ml bruinsuiker
30ml Worcester-sous
5ml sout
10ml mosterd
Metode
Soteer uie en knoffel in olie tot deurskynend. Voeg die res van die bestandele by en prut vir 5 minute. Heerlik saam met oor die kole gebraaide hamburgerkoekies.
Woumarie
Bestanddele
200 g Habanero chillies in stukkies gesny
2 liter wit asyn [5%]
2 kop suiker
150 g sout
100 g geskilde knoffelhuisies, gekneus
1t Paprika
1t Rooi Peper
METODE:
Skep al die bestanddele in ‘n glashouer of plastiek bottel. Laat trek 2 weke.[Maar hier laat ek dit baie lank trek..vorige Batch het 1jr en 8mde gestaan voor ek dit verwerk het en dit is die moeite werd..baie lekkerder] Verpulp na staantyd en vryf die moes deur n sif en gebruik dit wat oorbly in jou sif weer vir n ander sousie of slaaisous
Woumarie
Bestanddele
100 g botter
200 ml koekmeel
1,2 L warm melk
’n knippie muskaatneut
sout en swartpeper na smaak
15 ml (1 e) olyfolie
1 ui, gekap
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
250 g sampioene, in kwarte gesny
250 g pasta van jou keuse
250 g spekvleis, in stukkies gesny
500 g maalvleis
125 ml (½ k) gerasperde kaas
METODE:
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smelt die botter en voeg die koekmeel by. Verhit terwyl jy deurentyd roer tot die mengsel begin borrel.
Voeg die warm melk bietjie vir bietjie by terwyl jy aanhou roer. Laat prut tot die sous verdik en gaar is. Geur met muskaatneut, sout en peper. Hou eenkant.
Verhit die olie in ’n kastrol, voeg die ui, groen soetrissie en sampioene by en braai tot die uie deurskynend is. Kook die pasta tot al dente, dreineer en hou eenkant. Wanneer die uie gaar is, voeg die spekvleis by en braai tot die spekvleis amper gaar is. Voeg die maalvleis bietjie vir bietjie by en roerbraai tot dit ook gaar is. Skep ’n laag pasta in ’n oondbak, dan ’n laag van die maalvleismengsel en dan ’n laag witsous. Herhaal die proses en sorg dat jy met witsous eindig. Strooi die gerasperde kaas oor en bak 20 minute.
Okkie Jaansen van Vuure
Bestanddele Aartappels
500g middelslag aartappels, geskil
Bestanddele Franse Slaaisous
90ml olyf of sonneblomolie
45ml wit asyn
2.5ml aangemaakte mosterd
25ml heuning
2.5ml gemengde kruie
1 knoffelhuisie, gekneus
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Metde
Kook die aartappels in soutwater tot gaar. Laat effens afkoel en sny in skywe. Meng al die bestanddele vir die slaaisous goed saam. Gooi slaaisous oor warm aartappels en laat dan heeltemal afkoel. Bedien 4 porsies.
Wenk
Hierdie resep werk ook baie goed met klein aartappeltjies
Woumarie
Bestanddele
4 kg geskilde tamaties
1 kg gekapte uie
3 kop suiker
2 kop asyn
2 gekapte “greenpeppers”
Kook saam ± 1uur
MENG EN VOEG BY
2 eetl mosterdpoeier
2 eetl Kerrie
2 eetl sout
2 eetl maizena (hoogvol)
2 eetl koekmeel (hoogvol)
1 kop asyn
Opsioneel en Metode
Ek gooi so 1 tl crushed chillies by die daai ekstra Byt !! Kook goed deur. Skep in bottels. Mens kry 10 botteltjies uit van die mengsel. Gebruik as ‘n braai bygereg, hamburgers, hotdogs, saam met kerrie geregte, sous oor jou gebraaide wors, as sous by jou pap
Woumarie
Bestanddele
150 g rissies
2 liter wit asyn (ordentlike soort)
2 kop suiker
150 g sout (hoeveelheid is reg so)
100 g geskilde knoffelhuisies, gekneus
METODE:
Skep al die bestanddele in ‘n glashouer. Laat trek 2 weke. Verpulp. (Pitte kan uitgehaal word voor jy dit verpulp – dan bietjie minder sterk) Gebruik oor alles.