Sardynbredie met krummelpap

Koekoes Vorster

Bestanddele
15 ml (1 e) vinkelsaad
5 ml (1 t) komynsaad
2 kardemompeule
5 ml (1 t) koljandersaad
15 ml (1 e) olie
1 ui, gekap
3 knoffelhuisies, gekap
1 blik (410 g) heel kersietamaties
1 blik (400 g) sardyne in tamatiesous
1 blik (400 g) botterbone in tamatiesous
1 blik (400 g) groenbone

krummelpap vir voorsit

Metode
1 Verhit ’n droë pan oor matige hitte en rooster die speserye tot geurig. Verplaas na ’n meul of vysel en maal fyn.
2 Verhit die olie in ’n kastrol oor matige hitte en soteer die ui tot deurskynend. Roer die knoffel en tamaties in en kook 10 minute of tot effens verdik. Roer die sardyne in en kook 5 minute.
3 Voeg die botterbone en groenbone in en maak deurwarm. Sit voor met pap.

Hope Malau http://huisgenoot.com

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements

BILTONG MIELIE PAPTERT

Bron: Your Family
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

GEURIGE BILTONG MIELIE- PAPTERT

BESTANDDELE
1,25 liter water
15 ml sout
750 ml mieliemeel
1 x 410g blik geroomde suikermielies
hand vol vars tiemie
2 x 410 g blik gekapte tamaties
15 ml olyf- of avokado-olie
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyngemaak
250 g knopiesampioene, in skyfies gesny
sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
250 ml gekerfde biltong
375 ml Cheddarkaas, gerasper

METODE
Verhit die oond tot 220°C. Smeer ’n 30 cm x 25 cm oondvaste bak. Bring die water en sout tot kookpunt in ’n groot kastrol oor matige hitte. Roer die mieliemeel in en klop om te voorkom dat klonte vorm. Laat gaar word en roer van tyd tot tyd, ongeveer 20 minute, tot styf. Voeg die suikermielies en tiemie by. Skep helfte van die pap in die voorbereide oondbak. Skep die tamaties in ’n laag bo-oor. Verhit die olie in ’n kastrol oor hoë hitte en braai die uie, knoffel en sampioene vir 5 minute tot goudkleurig. Geur en skep bo-op die tamatielaag. Skep die res van die papmengsel oor, dan die biltong en dan die kaas. Bak ongeveer 20 minute, tot die kaas gesmelt het.

Wenk
Die papmengsel was te styf , so ek het omtrent 1.7 liter water gebruik.Meng eerder die mieliemeel met bietjie koue water en gooi dit dan by die kookwater. Dit voorkom klonte.

Print Friendly, PDF & Email

MIELIEPAPBOLLETJIES

Lynette Muller

Bestanddele
Gaar mieliemeel pap
250 g spekvleis
2 uie fyn gekap
1 groen soetrissie fyn gekap
1 knoffelhuisie fyn gedruk
1 eier geklits
sout
1 ml rooipeper
50 ml pietersielie fyn gekap
Bolletjies in rol:
2 eiers geklits
sagte broodkrummels
olie vir diepvetbraai

Metode.                                               
Braai spekvleis tot bros
Voeg uie, soetrissie en knoffel by en braai tot sag
Voeg by mieliepap en meng goed
Voeg die eier, rooipeper, sout na smaak en pietersielie by en meng goed
Vorm in bolletjies so groot soos okkerneute
Doop in geklitste eier en dan in broodkrummels, braai in diep olie tot goudbruin

Print Friendly, PDF & Email

ROBERTSONS BRAAI PAP WITH A TWIST

ROBERTSONS
PREP 15 COOK 20 Serves 6

Ingredients
180g mealie meal
10ml Robertsons Spice for Rice
5ml Robertsons Crushed Chillies
375ml water
85ml milk
15ml oil
small onion, finely chopped
2 eggs, beaten
250ml self raising flour
cooking oil, for frying

Method
In a pot, cook mealie meal, Robertsons Spice for Rice, Crushed Chillies and water, stirring until mixture becomes still and begins to form a ball.

Remove from heat and add milk, oil and onion and mix well. Allow to cool slightly before stirring the eggs into the mixture.

Add the flour and mix to form a fairly stiff mixture.

Pour oil for frying into a deep pan or skottle braai and drop spoonfuls of batter into hot oil and fry until golden brown on all sides.

Print Friendly, PDF & Email

Vetkoek gemaak met pap

My eie vetkoek wat hele paar dae hou, maar kry gewoonlik nie veel kans!

Indien nie brood die oggend of as uitkamp. Baie lekker, en sag.

Bestanddele en Metode
Maak pot slap mieliepap.
Ongeveer 2 koppies slap pap reeds sout in, 1 eetlepel botter
2-3 koppies meel voeg by in bak.
3 teelepels bakpoeier roer by, met halwe teelepel sout.
Klop 2 eiers en roer alles goed deur.
Kan gerasperde kaas byvoeg as wil.

Skep lepels vol in warm olie en bak mooi goudbruin. Baie lekker. Deeg moet nie slap wees maar ook nie stok stywe deeg nie.

Resep: Lynette Muller

Print Friendly, PDF & Email

MAALVLEISSOUS

Rika Theron
(4 porsies)

Bestanddele
25 ml olie,
30 g botter,
500 g maalvleis,
1 groot ui,
250 g sampioene,
12,5 ml meel,
250 ml droë rooiwyn,
350 ml water,
1 beesvleisblokkie,
25 ml tamatiesous,
sout & peper,
2 ml basiliekruid.

Metode
Verwarm olie en botter in groot braaipan, voeg vleis by en druk goed fyn. Roer en braai vleis tot donkerbruin van kleur. Voeg gekapte ui en gesnyde sampioene by, soteer 5 minute. Voeg meel by en roer tot goed gemeng. Verwyder kastrol van stoof. Voeg wyn, water en sopblokkie by en roer tot goed gemeng. Plaas terug op stoof en roer sous tot dit kook en dik word. Voeg tamatiesous, sout, peper en basiliekruid by. Meng goed. Verminder hitte, prut met deksel op 1 uur lank tot sous dik is.

Wenk
Hierdie sous sal lekker wees saam met pasta, pap en oor ‘n snytjie vars brood

Print Friendly, PDF & Email

Pap: Poetoe pap, Stywe pap, Fees pap

POETOE PAP
2 koppies water
knippie sout
3-4 koppies mieliemeel
Bring water en sout tot kookpunt en voeg mieliemeel by.
Verlaag hitte tot normaal.
Sit deksel op.
Roer na 3-4 minute met die agterkant van ‘n houtlepel sodat krummels in die pap vorm.
Sit weer deksel op.
Roer weer 1 of 2 keer goed deur.
Sit klontjies botter bo-op pap en roer vir ‘n laaste keer deur.
Laat vir sowat 10 minute kook totdat pap goed gaar is.
Bedien saam met braaivleis, met “sheba” oftewel tamatie en uiesmoor.

STYWE PAP
4 koppies water
5ml sout
500ml BRAAIPAP
Gebruik ‘n groot swaarboomkastrol en verhit water en sout tot kookpunt.
Voeg  BRAAIPAP by.
Roer deeglik met ‘n hout lepel en plaas deksel op.
Verminder hitte en prut vir 40 minute.
Roer ‘n paar keer.
Voeg 125ml koue water by pap.
Prut pap oor lae hitte vir ‘n verdere 30 minute.

FEESPAP
750ml mieliemeel
6 koppies water
1½ teelepel sout
1 bottel biltongsmeerkaas
250ml room
1 blikkie geroomde sampioene
250g ontbytspek gerasperde kaas
2 uie

Stel oond op 180C, en spuit ‘n bakskottel.
Kook mieliemeel in sout en water tot gaar.
Snipper en braai spek en uie.
Meng gebraaide spek en uie, smeerkaas, room en geroomde sampioene.
Skep in lae in bakskottel: Pap,dan spekmengsel. Herhaal lae.
Strooi gerasperde kaas oor en bak totdat die kaas gesmelt is.
Bedien saam met braaivleis.

Bron: Suidwesters maak kos

Print Friendly, PDF & Email

Mieliepap met n verskil

125 g mushrooms

2 blokkies hoender aftreksel

250 ml gemengde groente

50 ml margarien

750 ml water

625 ml mieliemeel

125 ml gerasperde cheddar kaas

 

Kook gekapte mushrooms, gemengde groente en hoender aftreksel in die water, voeg dan botter by

Voeg mieliemeel by en laat prut vir 20 minute

Voeg kaas by en roer deur – dien dadelik op

Print Friendly, PDF & Email

ANDERSE PAP EN WORS

600g boerewors
250ml mieliemeel
625ml water
sout en peper na smaak
200ml gerasperde Cheddarkaas
410g tamatie-en-uiesmoor
25ml rissie-en-knoffelsous

Metode:

Voorverhit die oond tot 180C. Spuit ‘n ronde, middelslag-oondvaste bak met kleefwerende middel. Hou die wors in ‘n spiraal en braai dit in ‘n verhitte pan tot bruin en gaar. Verwyder en hou eenkant. Meng die mieliemeel met 125ml water. Verhit die res van die water in ‘n kastrol en voeg die mieliemeel by wanneer die water kookpunt bereik.
Geur met sout en roer tot kookpunt en tot wanneer die pap verdik. Prut tot gaar. Roer ‘n bietjie kaas by. Skep die pap ui in die voorbereide bak. Skep die wors, steeds in spiraal vorm, bo-op.
Verhit die tamatie-en-uiesmoor saam met die rissie-en-knoffelsous. Geur na smaak met sout en peper en prut ongeveer 5 minute lank. Skep daarvan oor die wors en strooi die orige kaas oor.
Bak 15-20 minute of tot lekker warm. Dien op saam met die orige sous.

Print Friendly, PDF & Email