MIELIEPAP GENOT

Joey Hannekom

1 blik (410 g) ingedampte melk
500 ml water
10 ml sout
500 ml mieliemeel
50 g botter
500 ml gerasperde cheddar kaas
1 blik (410 g) blik heelpitmielies gedreineer
½ x 250 g pak spek – grofgekap en brosgebraai

Verhit melk, water en sout tot kookpunt ~ voeg mieliemeel by sodat dit in middle ‘n hopie vorm, maar moenie roer nie.Verlaag hitte, plaas deksel op en laat pap 5 minute prut. Roer liggies en laat nog ‘n uur prut. Roer ¾ van kaas, heelpitmielies en spek by. Strooi res van kaas bo-oor en plaas deksel op sodat dit kan smelt of skep pap in oondskotteel, skep 1 blik (410 g) blik tamatie-en-uie-smoor oor, strooi res van kaas bo-oor en bak vir 30 minute by

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements

Paptert met room, mielies en Chakalaka

Resep ingestuur deur Erika Foot

Paptert:

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Bestanddele
Olie
Botter
Beker en half water
Krummelpap meel (ek het whitestar gebruik in grys pakkie)
Houertjie room
Pakkie potato bake
Roast vegetable pasta sous
Klein blikkie chakalaka met mielies
Kaas gerasper
Twee uie opgesny
Tiemie

Om pap te maak…kook een en ‘n halwe beker water in swaarboom kastrol. Sodra kook draai plaat af tot op laagste. Gooi knypie sout in en twee koppies pap (krummelpap meel). Meng deur om krummels te vorm. Sit deksel op en roer elke 10 – 15 minute. Prut so vir ongeveer 50min

In ‘n pannetjie gooi bietjie olie en botter en braai twee opgesnyde uie daarin tot bruinerig. Kan ook bietjie tiemie bygooi.

Plaas gaar krummelpap in ‘n oondvaste bak. Meng dan die volgende by die krummelpap:
gebraaide uie
Blikkie chakalaka
Pasta sous
Meng goed deur

Maak nou die potato bake aan met houertjie room en gooi dit bo-oor die krummelpap mengsel.

Laaste gooi gerasperde kaas oor na smaak.

Bak in oond tot potato bake gestol het.

Lekker eet

Print Friendly, PDF & Email

BILTONG MIELIE PAPTERT

Ingestuur deur Mari Janse van Vuuren

BESTANDDELE
1,25 liter water
15 ml sout
750 ml mieliemeel
1 x 410g blik geroomde suikermielies
hand vol vars tiemie
2 x 410 g blik gekapte tamaties
15 ml olyf- of avokado-olie
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyngemaak
250 g knopiesampioene, in skyfies gesny
sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
250 ml gekerfde biltong
375 ml Cheddarkaas, gerasper

METODE
Verhit die oond tot 220°C. Smeer ’n 30 cm x 25 cm oondvaste bak.
Bring die water en sout tot kookpunt in ’n groot kastrol oor matige hitte. Roer die mieliemeel in en klop om te voorkom dat klonte vorm.
Laat gaar word en roer van tyd tot tyd, ongeveer 20 minute, tot styf.
Voeg die suikermielies en tiemie by. Skep helfte van die pap in die voorbereide oondbak. Skep die tamaties in ’n laag bo-oor.
Verhit die olie in ’n kastrol oor hoë hitte en braai die uie, knoffel en sampioene vir 5 minute tot goudkleurig.
Geur en skep bo-op die tamatielaag.
Skep die res van die papmengsel oor, dan die biltong en dan die kaas. Bak ongeveer 20 minute, tot die kaas gesmelt het.
Bron: Your Family
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Print Friendly, PDF & Email

Pap en wors op n ander manier

600g boerewors
250ml mieliemeel
625ml water
sout en peper na smaak
200ml gerasperde Cheddarkaas
410g tamatie-en-uiesmoor
25ml rissie-en-knoffelsous
Metode:
Voorverhit die oond tot 180C. Spuit ‘n ronde, middelslag-oondvaste bak met kleefwerende middel. Hou die wors in ‘n spiraal en braai dit in ‘n verhitte pan tot bruin en gaar. Verwyder en hou eenkant. Meng die mieliemeel met 125ml water. Verhit die res van die water in ‘n kastrol en voeg die mieliemeel by wanneer die water kookpunt bereik.
Geur met sout en roer tot kookpunt en tot wanner die pap verdik. Prut tot gaar. Roer ‘n bietjie kaas by. Skep die pap ui in die voorbereide bak. Skep die wors, steeds in spiraalvorm, bo-op.
Verhit die tamatie-en-uiesmoor saam met die rissie-en-knoffelsous. Geur na smaak met sout en peper en prut ongeveer 5 minute lank. Skep daarvan oor die wors en strooi die orige kaas oor.
Bak 15-20 minute of tot lekker warm. Dien op saam met die orige sous.

Print Friendly, PDF & Email

KRUMMELPAP – Mikrogolf

Ingestuur deur Lynette Muller

Betsanddele
500ml koue water
500ml mieliemeel of braaipap
7ml sout

Metode.
Meng die mieliemeel,water en sout. Sit deksel op of bedek met kleefplastiek, onthou om plastiek te prik. Mikrogolf die pap 5min op hoog en roer weer met vurk, die pap sal nou krummelrig wees. Mikrogolf die pap nou op halfsterkte/50% krag vir 10 minute. Roer weer met vurk. Mikrogolf weer op halfsterkte/50% krag vir 10 minute. Roer weer met vurk. Bedien warm.

GEGEURDE KRUMMELPAP:
Maak krummelpap soos per bogenoemde resep.
Jy het verder nodig:
1 gekapte ui
1 knoffelhuisie, gekneus en gekap
5 m borrie
1 rooi of groen soetrissie, gekap
sout en peper
45 ml gerasperde parmesaankaas

Metode
Braai die uie en knoffel tot deursigtig, voeg die borrie, soetrissie, sout en peper by, en braai vir vyf minute. Meng saam met parmesaankaas by die pap, en laat dit goed warm word, sodat die geure tyd het om deur die pap te trek.

Print Friendly, PDF & Email

MIELIEPAP BALLE VIR BRAAIVLEIS

Ingestuur deur Mari Jansen van Vuuren
Bron: Onbekend
Plasing: Sharon Viljoen/ WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Bestanddele en Metode
Maak lekker stywe mieliepap
Laat effens afkoel,
Rol bolle so groot soos frikkadelle, pak in oond skottel.
Braai ui, tamatie, sampioen en bacon saam.
Maak lekker groot gat in elke al met jou duim en skep die mengsel daarin.
Gooi een houertjie room bo-oor
Strooi sommer genoeg gerasperde kaas oor
Bak in die oond, 180*C vir so ongeveer ‘n uur.
Maak seker die room gaan tussen die balle in.
Bedien warm.
Kan ook suikermielies in die mieliepap gooi vir variasie

Print Friendly, PDF & Email

KAASPAP

Ingestuur deur Lynette Muller

Bestanddele
500 ml Water
500 ml Melk
500 ml Mieliemeel
30 ml Margarien
5 ml Sout
2 Eiers
500 ml Cheddar Kaas
1 Blik mieliepitte

Metode
Meng die water, melk en meel in ‘n diep 2l bak. Voeg margarien en sout by.
Bedek en mikrogolf teen 100% krag vir 15 minute. Roer elke 5 minute met vurk. Rasper die kaas. Klop die eiers liggies. Klop ‘n bietjie van die warm pap by die eiers.
Klop die pap/ eiermengsel vinnig by die res van die pap. Roer kaas en mieliepitte by.
Bedek en mikrogolf by 50% krag vir 20 minute. Roer die pap goed na die eerste 10 minute. Laat die pap ‘n paar minute staan. Sit warm voor.

Print Friendly, PDF & Email

PAPTERT

Ingestuur deur Marie Janse van Vuuren
Bron: Onbekend
Plasing: Tiana Botes / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Wat is ‘n goeie braai sonder ‘n goeie paptert?
Met dié resep sal jy almal se bewondering afdwing!

VIR DIE PAP:
2l (8 koppies) water
400 g (2¾ koppies) mieliemeel
15 ml sout

VIR DIE SOUS:
125 g spekblokkies
25 ml olyfolie
½ groen soetrissie, in klein blokkies gesny
1 pakkie (250 g) sampioene, gehalveer en in skywe gesny
1 blik (400 g) tamatie- en uiemengsel
100 g (1 koppie) gerasperde Cheddarkaas
5 ml gedroogde basiliekruid – of 15 ml vars as beskikbaar
5 ml gedroogde of 15 ml vars pietersielie
sout en varsgemaalde swart peper, na smaak

METODE:
Bring die water tot kookpunt. Voeg mieliemeel en sout by. Roer deeglik om klonte te voorkom.
Prut ongeveer 30 minute tot gaar.
Braai die spek in ongeveer 15 ml olie tot bruin en bros. Voeg die soetrissie by en braai 5 minute.
Jy kan nog olie bygooi soos dit nodig blyk.
Voeg dan die sampioene by en braai nog 5 minute, voeg dan die tamatie- en uiemengsel by. Jy kan ook ‘n ui saam met die soetrissie braai en ‘n blik gekapte tamaties gebruik. Geur met kruie, sout en peper.
Bring tot kookpunt en kook ‘n paar minute saam.
Maak lagies van die pap en die sous in ‘n oondvaste bak wat groot genoeg is.
Begin met ‘n lagie van die helfte van die pap. Dan die helfte van die sous. Weer pap en eindig met sous. Strooi die kaas oor.
Bak by 180 °C vir 25 – 30 minute.
Hierdie maak genoeg vir 8 mense

Print Friendly, PDF & Email

Pap En Wors

www.rsg.co.za
Ek het die resep raakgeloop op RSG se webblad.

Bestanddele
Stywe pap
3 koppies water
2 teelepels sout
1 koppie mieliemeel
1 – 2 eetlepels botter
½ koppie vars mieliepitte

Vulsel
± 3 varkworsies, of hoenderwors, of boerewors, die lengte van die broodpannetjie
Metode
Stywe pap
Verhit die water en sout in ‘n medium kastrol tot kookpunt.
Voeg die mieliemeel daarby en roer tot gaar, ongeveer 12 – 15 minute.
Roer die botter en mieliepitte by.

“Pap en wors”
Voorverhit die oond tot 180°C.
Voer ‘n 18 cm x 5 cm broodpannetjie met kleefplastiek uit.
Verwyder die derms om die wors.
Skep ongeveer die helfte van die pap in die broodpannetjie.
Pak twee stukke wors in die lengte van die broodpannetjie en plaas ‘n derde stuk wors daarop.
Skep die res van die mieliepap in die broodpannetjie om die wors te bedek.
Maak die oppervlak netjies en glad en bak vir 25 – 30 minute.
***Hier sal ek eers die pannetjie vir so halfuur in die yskas sit. Dan sal ek die pannetjie omkeer, die kleefplastiek afhaal en die oppervlak glad maak met so bietjie water. EK sal weer die pap in die pannetjie sit, wat ek goed bespuit het met en dan bak teen 180 grade.***
Verwyder uit die oond en sodra dit effens afgekoel het, keer die ‘pap en wors’ uit en sny in skywe.
Bedien met tamatiesmoor.

Print Friendly, PDF & Email

INDIVIDUELE PAPTERTJIES

Ingestuur deur Marie Jansen van Rensburg
Bron: Ancoise Strydom
Plasing & Foto: Ancoise Strydom / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Bestanddele
200 ml mieliemeel
1 pakkie garlic and herb patato bake
Meng
Gooi 1 liter pas gekookte water in diep mengbak
Klits meelmengsel by die water tot verdik.
Kook vir 4 min in mikrogolf op hoog.
Braai intussen jou bacon blokkies en sampioene.
Meng 1 blikkie tamatie en uiesmoor met 1 pakkie garlic and red wine.
2 koppies gerasperde kaas
1 blikkie gerookte oesters

Metode
Verdeel pap in lekker diep vierkantige tertbak of oondpan
Gooi helfte tamatiesmoor, helfte bacon ,sampioene en kaas en oesters en herhaal.
Sit onder griller tot kaas smelt en verbruin.
Tert is gaar
Die resep maak 8 sulke tuna blik tertjies

________________________________________

Print Friendly, PDF & Email