Uie en Tamatie smoor

Bestanddele
300g Sampioene
3 Uie Gekap
4 Tamaties (geskil)
+250 ml Room
1 Pak Sampioensop
Olie
Sout en Peper
1 e Asyn

Metode
Braai uie tot ligbruin en voeg tamaties by. Voeg gesnipperde sampioene by en kook vir 10 minute. Strooi soppoeier by. Meng asyn en room en voeg by uie mengsel.

Wenk
Hierdie sous is lekker saam met pap en braaivleis.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements

Paptert

Millie Lombard

Bestanddele
Uie
Tamaties
Green Peppers
Bacon
Sampioene of blikkie geroomde sampioene
Geurmiddels
Tamatiesous
Room
Meel
Kaas – skerp gegeurde

Metode
Maak pap met meel. Wat ons doen is 1 k meel met 23 k water. Dit is genoeg vir 3 tot 4 persone en ook net reg vir ‘n middelmatige oondbak. Voeg gesnipperde bacon by en braai. Voeg gekapte green peppers by. Voeg gekapte tamaties by en braai verder. Voeg sampioene by en braai tot sag. Nou kan die geurmiddels, tot smaak, bygevoeg word. ‘n Klein bietjie room kan bygevoeg word. Verdeel die pap in die helfte. Plaas die een helfte in die bak en druk liggies plat met vurk. Gooi die helfte van die sous oor. Gooi ‘n lekker dik laag kaas oor. Herhaal weer pap, sous en kaas. Plaas in matige oond en bak tot kaas mooi bruin is.

Wenk
Daar kan enige ander bestanddele by die sous gevoeg word, bv. Salami of rook worsies. Die gereg is lekker wanneer dit ‘n ruk gestaan het sodat die geure kan meng.

Print Friendly, PDF & Email

Pap Frikkadelle

Oupa Jan Lombard

Bestanddele Pap
Stywe Pap
‘n Blikkie Heel pit Mielies
30 g Margarien

Bestanddele Sous
2 Uie
500 g Tamaties
1 Pakkie Groentesop
Sout en Peper

Metode Pap
Voeg mielies en botter by pap en meng goed. Vorm Frikkadelle en plaas in gesmeerde oondpan.

Metode Sous
Sny uie in skywe en kap tamaties grof. Braai uie in olie. Voeg tamaties by en kook vir 7 minute. Maak pakkie sop aan soos voorgeskryf. Voeg sop by en kook vir nog 7 minute. Gooi sous oor frikkadelle. Bak in matige oond vir 20 minute.

Wenk
Sterk gerasperde kaas kan oor die frikkadelle gestrooi word net voordat dit gebak word.

Print Friendly, PDF & Email

Kaas pap

Oom Koetie

Bestanddele
500 ml Water
500 ml Melk
500 ml Mieliemeel
30 ml Margarien
5 ml Sout
2 Eiers
500 ml Cheddar Kaas
1 Blik mieliepitte

Metode
Meng die water, melk en meel in ‘n diep 2l bak. Voeg margarien en sout by. Bedek en mikrogolf teen 100% krag vir 15 minute. Roer elke 5 minute met vurk. Rasper die kaas. Klop die eiers liggies. Klop ‘n bietjie van die warm pap by die eiers. Klop die pap/ eiermengsel vinnig by die res van die pap. Roer kaas en mieliepitte by. Bedek en mikrogolf by 50% krag vir 20 minute. Roer die pap goed na die eerste 10 minute. Laat die pap ‘n paar minute staan. Sit warm voor.

Wenk
Hierdie pap is heerlik saam met braaivleis.

Print Friendly, PDF & Email

Johny Cake

Bestanddele
320 ml Melk
1 t Sout
50 g Margarien
15 ml Bakpoeier
200 ml Meel
1 Blik Suikermielies
3 Eiers Geskei

Metode
Bring melk tot kookpunt, voeg mieliemeel en sout by. Roer goed en kook vir 2 minute. Voeg  suikermielies en botter by en kook vir ‘n verdere 2 minute. Haal van plaat af en voeg geklikste eiergeel en bakpoeier by pap. Klits eierwitte styf en vou in die pap. Gooi in vuurvaste bak en bak vir 25 minute by 180°C. Kan warm of koud saam met braaivleis bedien word.

Print Friendly, PDF & Email

Fees pap

Annetjie Cilliers

Bestanddele
3 koppies mieliemeel
6 koppies water
1½ teelepel sout
1 bottel biltong smeerkaas
250ml room
1 blikkie geroomde sampioene
250g ontbytspek
2 uie
gerasperde kaas

Metode
Stel oond op 180C, en spuit ‘n bakskottel. Kook mieliemeel in sout en water tot gaar. Snipper en braai spek en uie. Meng gebraaide spek en uie, smeerkaas, room en geroomde sampioene. Skep in lae in bakskottel: Pap, dan spek mengsel. Herhaal lae. Strooi gerasperde kaas oor en bak totdat die kaas gesmelt is. Bedien saam met braaivleis.

Print Friendly, PDF & Email

Agterplaas pap

Lochner de Kock

Bestanddele
Pap verkieslik krummelpap
Room
Heuning
Brandewyn
Droë Biltong

Metode
Skep ‘n stewige porsie pap in. Strooi ‘n halwe eetlepel biltong oor pap. Sit ‘n lekker blerts geklopte room op pap. ‘n Druppel of twee heuning. En ‘n knerts of twee brandewyn kan nou oor die pap gegooi word.

Print Friendly, PDF & Email

Bloukaas Pap

Gerhard Greyvenstein

Bestanddele
Meel
Water
Bloukaas
Sout

Metode
Maak pap soos gewoonlik en geur met sout. Plaas pap in ‘n bak en laat afkoel.
Sny in blokkies. Rasper Bloukaas en strooi oor pap. Plaas in mikrogolf en verhit totdat kaas gesmelt is. Heerlik saam met braaivleis.

Print Friendly, PDF & Email