Macaroni Vispastei

Liza Bosch

Bestanddele
125 g macaroni
500 g gekookte wit vis
30 g Margarien
250 ml gerasperde Cheddarkaas
1 blik (410 g) Aspersie slaai stukke
Melk
Sout & Peper
Knippie Mosterdpoeier

Metode
Kook macaroni tot sag. Dreineer. Smelt margarien en gooi meelblom by. Dreineer aspersies en hou sap in ‘n maatbeker. Voeg genoeg melk by om 300 ml vloeistof te maak. Voeg melkmengsel stadig by meelmengsel en roer tot dik en glad (soos witsous). Geur met sout, peper en mosterdpoeier. Roer aspersiestukke en vis by. Voeg gekookte macaroni by en helfte van die kaas. Meng goed. Plaas in ‘n gesmeerde pastei bak en sprinkel oorblywende kaas oor. Bak teen 180 °C vir ongeveer 25 minute lank.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements

Spaghetti Carbonaro

Annetjie Cilliers

Bestanddele
10ml olyfolie
1 knoffelhuisie, geskil
250g streepspek, in repies gesny
375g spaghetti
2 eiers
2 eiergele
60ml gerasperde parmesaankaas
sout en varsgemaalde swartpeper

Metode
Verhit olyfolie en knoffel in ‘n pan. Voeg spek by en soteer tot goudbruin en bros, ongeveer 5-10 minute. Verwyder die knoffel. Gebruik ‘n groot mengbak en klits die eiers, eiergele en parmesaankaas liggies saam. Geur met sout en peper. Kook intussen die spaghetti volgens die aanwysings op die pakkie. Dreineer en gooi ± 100ml van die kookwater by die eier mengsel. Voeg die spek met olie en knoffel by die eiermengsel en meng. Roer laastens die spaghetti in en bedien onmiddellik, met ekstra parmesaankaas indien verkies.

Print Friendly, PDF & Email

Arm man se droom dis

Annetjie Cilliers

Bestanddele
250g spaghetti
410g pit mielies
150ml olie
½ soetrissie
4 repe ontbytspek, gesnipper
1 pakkie sampioensoppoeier
200ml water
1 blik sampioene
250ml cheddarkaas, gerasper
sout en peper na smaak

Metode
Kook spaghetti volgens aanwysings op pakkie tot gaar. Dreineer, voeg pit mielies en olie by en meng. Braai intussen soetrissie en spek tot gaar en bros en roer deur spaghetti mengsel. Meng soppoeier en water en voeg saam met sampioene in kastrol en kook vir 15 minute. Giet oor spaghetti mengsel en meng. Plaas in vuurvaste bak en bedek met kaas. Bak by 180C totdat die kaas mooi bruin is.

Print Friendly, PDF & Email

Pasta Gordon Boer

Lochner de Kock

Bestanddele
3 Tamaties
1 Soetrissie
‘n Vuis vol Fetakaas
‘n Vuis vol Parmesaankaas
1 t Vars fyn rooirissie
1 Blikkie Ansjovis met sous
Vars Swartpeper
Sout na smaak
‘n Goeie Koppie vars kruie
vars knoffel
½ k Olyfolie
enige pasta

Metode
Kap die hele lot in rofweg saam, voeg olyfolie by en hou eenkant. Kook pasta tot amper gaar, dreineer en skud op met ‘n klont of twee botter. Geur met sout en peper na smaak. Roer die mengsel deur die pasta en laat vir 30 minute staan. Skep in sopborde, verhit in oond of mikrogolf. Bedien net so met brood om die sous op te vee.

Print Friendly, PDF & Email