Brocolli and blue Cheese Soup

Ingredients
Serves: 4
1 large onion, diced
1 garlic clove, minced
1 medium baking potato (about 250g), diced
600g broccoli florets
2 vegetable stock cubes
1.2L water, warmed
100g Danish blue cheese

Method
Prep:20min › Cook:30min › Ready in:50min
Soften the diced onions and garlic in a little water on a medium heat in a large saucepan. Add diced potato and broccoli florets to the pan and cover for 5 minutes. Crumble the stock cube into the 1.2L of water then pour into the pan and simmer for 20 minutes until the broccoli and potato are tender. Blend the soup mixture using a food processor or blender until smooth. Return the soup to the heat and add 75g of crumbled cheese and stir to melt. Ladle into warmed bowls and serve with lumps of remaining cheese on top.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements

AARTAPPELTJIES MET BLOUKAAS EN BILTONG

Okkie Janse van Vuuren

Bestanndele
500g jong aartappeltjies
2 hardgekookte eiers, in skywe gesny
100g bloukaas, gekrummel
100g biltong, gekerf
125ml mayonnaise
75ml room of natuurlike jogurt
sout en varsgemaalde swartpeper
gekapte ui
15ml gerasperde biltong om bo-oor te sprinkel

Metode
Kook die aartappels in kookwater tot sag, ongeveer 10-15 minute. Dreineer en trek die skille af terwyl nog warm. Plaas die aartappeltjies, eierskywe, bloukaas en biltong in ‘n mengbak. Klits die mayonnaise en room of jogurt saam en geur mildelik met sout en peper. Giet die slaaisous oor die aartappeltjies. Meng liggies en versigtig deur. Garneer met gerasperde biltong en gekapte grasui. Sit louwarm of koud voor. Bedien 4 porsies.

Print Friendly, PDF & Email

Boereworspastei

Magda
(Bedien ses)

Bestanddele
500 g gaar boerewors (oorskiet van braai werk goed) in skyfies gesny
3 eiers, geklits
1 klein blikkie soetmielies
botter, melk, sout en peper
6 medium aartappels, geskil (of een sakkie aangemaakte Smash)
1 k gerasperde Cheddarkaas
Braai boerewors, ontvel en sny in dik skywe.

Metode
Kook aartappels tot gaar. Geur met ‘n klont botter en ‘n bietjie melk. Voeg soetmielies, ¼ van die kaas en geklopte eiers by. Klop mengsel tot romerig. Pak boereworsskyfies in ‘n oondvaste bak en skep lepels van die mengsel oor die boerewors . Druk mengsel plat met vurk. Strooi gerasperde kaas oor. Bak tot kaas gesmelt is en plek-plek bruin begin word.

Print Friendly, PDF & Email

Spek-en-Kaas Spaghetti

Magda

Bestanddele
1 Pak Spaghetti
2 Pakke gekapte spekvleis
500 g Gerasperde Cheddarkaas (Hoe meer kaas hoe lekkerder)
2 Pakke Gekerfde Sampioene

Metode
Braai die spekvleis en sampioene saam tot heerlik bruin en bros. Kook die spaghetti tot gaar en dreineer. Roer die warm spaghetti tussen die spekvleismengsel in. Roer al die kaas tussenin en laat dit smelt.

Print Friendly, PDF & Email

Visvinger Gebak

Bestanddele
20 Visvingers
Gerasperde kaas
1 koppie sampioensop (as jy “Cup a Soup” gebruik, neem twee pakkies)

Metode
Pak 10 visvingers, gevries, onder in oondvaste bak. Voeg helfte van sop by, strooi kaas oor en pak volgende laag visvingers. Bak vir ‘n uur teen 180 grade in oop bak. Voeg visspeserye aan die einde by. ‘n Ligte mengelslaai word aanbeveel.

Print Friendly, PDF & Email

Gerookte Hoenderslaai

Rohanja

Bestanddele
2 gerookte hoenderfilette
1 pakkie sampioene
kwart koppie sojasous
1 teelepel suiker
skeut sjerrie
vars slaaiblare
sprietuie
fetakaas
avokado
tamaties

Metode
Skroei sampioene in pan. Meng sjerrie, suiker en sojasous en voeg by sampioene. Sny hoender in klein stukkies.
Maak gewone slaai met die orige bestandele en versier met hoender, feta en sampioene. Bedruip orige sojasous en olyfolie oor slaai.

Print Friendly, PDF & Email

Japtrap Ete

Martie

Bestanddle Gereg
3 groot geskilde aartappels
1 ui fyn gekap
1 groenrissie fyngekap olie
500 ml maalvleis
1 tamatie
2 ml neut sout & peper

Kaassous:
15 ml margarien
250 ml melk
15 ml meel
250 ml kaas
30 ml sagte broodkrummels

Metode
Sny aartappel in 1 cm skywe Ontvel tamatie & rasper. Kook aartappelskywe to sag. Plaas in ‘n bak Braai olie, uie & rissie & voeg maalvleis by Voeg tamatie, geurmiddels, sout & peper by Prut , Skep oor aartappels. Gooi van die kaas in witsous en die res saam met die broodkrummels bo-oor vleis

Print Friendly, PDF & Email

Koue – Gaarvleis Tert

Magda
2 koppie gaar gemaalde vleis
1 koppie koue gaar aartappel in blokkies gesny
1 blik klein heel sampioene
1 meduim ui
1 eeteel tamatiesous
1/4 tl.sout
1 eier
1 eeteel botter
gerasperde kaas
1 eeteel worcestersous
1/2 koppie melk

Metode
Dreineer sampioene maar bewaar water. Smelt botter in kastrol,voeg sampioene en fyngesnyde ui by en braai tot ligbruin oor lae hitte. Voeg vleis en aartappels by, braai vir nog 2 minute. Voeg al die bestanddele by behalwe eier, melk en kaas. Voeg sampioenwater by en laat net opkook. Skep vulsel in voorbereide kors, verkieslik aartappelkors. Klits melk en eier saam, giet bo-oor.
Sprinkel gerasperde kaas oor en sit hier en daar ‘n stukkie botter. Bak vir omtrent 20 minute in warm oond teen 220°C.

Print Friendly, PDF & Email

Aartappeltert – Warm

Magda

Bestanddele
4 groot gaar aartappels
1 koppie fyn spinasie
1/2 koppie gakapte sampioene
2 eiers
1/2 koppie melk
1/2 koppie room
vars pietersielie, gekap
Sout en peper na smaak
2 eetlepels parmesaankaas (opsioneel)
1 koppie gerasperde cheddarkaas

Metode
Voorverhit oond tot 180caC en smeer oondvaste tertbak. Maak aartappels fyn en ment met die spinasie en sampoiene. Klits eiers met melk en voeg by aartappelmengsel. Voeg die res van die bestanddele, behalwe die cheddarkaas, by en meng goed. Skep in tertbak, strooi cheddarkaas oor en bak vir 20 min of tot ligbruin. Skep lepels vol op borde en bedien. Kan ook as bykos by meer formele etes bedien word. Vir ‘n ligte aandete kan die spinasie deur tuna en skywe tamatie vervang word.

Print Friendly, PDF & Email

3 Ingredient Mac and Cheese

Woumarie

Incredients
5 cups milk (1 ¼ L)
500g elbow macaroni
2 cups shredded cheddar cheese (200 g)

Preparation
In a large pot, bring the milk to a boil. Add the pasta and stir constantly until the pasta is cooked, about 10 minutes. Turn off the heat, then add the cheddar. Stir until the cheese is melted and the pasta is evenly coated.
Enjoy!

Print Friendly, PDF & Email