LIGTE VRUGTEKOEK

Lynette Muller

Bestanddele
Week vrugte oornag:
4 k vrugtekoekmengsel,
1 pakkie dadels, fyner gekap,
rooi en groen cherries,
maketaan stukkies,
groenvye stukkies,
gemengde skil in groot mengbak en gooi halwe k brandewyn en halwe k soetwyn oor, ook stroop van maketaan en groenvye.

Vlg oggend meng:
Verhit die oond tot 180 gr C.
Klits saam:
1 k sagte margarine,
1 k suiker,
4 eiers en 1 t lemoen- en 1 t suurlemoen geursel.

Voeg by:
2 k koekmeel,
3 t bakpoeier,
halwe t sout.

Metode
Voeg geweekte vrugte by en verdeel in 2 kleiner gesmeerde, gevoerde panne of 1 groot gevoerde, gesmeerde koekpan.
Bak 60 minute tot gaar. Keer uit, gooi dadelik brandewyn oor, en as afgekoel, draai koek om en gooi nog brandewyn of soetwyn oor.
Draai toe in foelie en gooi van tyd tot tyd brandewyn of soetwyn oor.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements
 

Vrugtekoek Broodjie

Lynette Muller

Bestanddele
100 g gepreserveerde gemmer in stroop, gekap
100 g rooi glanskersies, gekap
100 g vrugtekoekmengsel
50 g versuikerde sitrusskil, gekap
80 ml (1∕3k) brandewyn
125 g botter
125 ml (½ k) strooisuiker
2 eiers
310 ml (1 ¼ k) meel
5 ml (1 t) bakpoeier
45 ml (3 e) ekstra brandewyn
versiersuiker vir bo-oor sif

Metode
Voorverhit die oond tot 150 °C. Voer ’n gesmeerde broodpan (8 x 26 cm) uit met bakpapier. Meng die gemmer (met sy stroop), kersies, vrugte en sitrusskil met die brandewyn en laat staan 15 minute. Voeg die meel, bakpoeier en vrugtemengsel by. Meng goed en giet in die voorbereide pan. Bak sowat 50 minute of tot ’n toetspen skoon uit die brood kom. Verf die korsie van die brood met nog brandewyn en laat 15 minute in die pan afkoel. Sny in skywe en sif ’n bietjie versiersuiker oor.

Print Friendly, PDF & Email
 

Varkboud Met Appels

Lynette Muller

Bestanddele
Jy gaan twee kilogram varkboud, wat ontbeen is nodig hê.
1 knoffelhuisie, in skywe gesny
Vars gekapte salie
sout
Twee rooi appels
30ml botter
30ml suiker
15ml koekmeelblom
300ml droë appelwyn

Metode:
Voorverhit die oond tot 220 C. Bind vleis in ‘n rol en sny kepies in vel. Stop kepies met knoffel en salie en vryf sout oor die boud. Plaas in die oond en rooster vir 10 minute. Verlaag die hitte na 190C en bak 20 minute per 450 gram plus nog 10 minute. Ontkern die appels en sny in skywe. Smelt botter in braaipan en bruin appels tot bruin. Voeg die suiker by terwyl die appels nog braai. Plaas die appels in oondpan rondom die vleis, vir die laaste 30 minute baktyd. Verwyder vleis en appels uit pan en plaas in lou-oond. Giet vet van pansap af, roer meelblom by en verhit tot kookpunt. Voeg die appelwyn by. Dien appelwynsous op saam met die varkvleis.

Print Friendly, PDF & Email
 

GEDULDIGE LAMSBOUD VIR KERSFEES

Lynette Muller

Die mosterd is die geheim van hierdie boud se lekkerte.
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: minstens 4 uur

Bestanddele
2,5 kg lamsboud met been
sout en vars gemaalde swartpeper
60 ml (¼ k) aangemaakte mosterd
5 knoffelhuisies, gekraak
2 takkies roosmaryn
olyfolie
8-10 aartappels, geskil en in kwarte gesny

Voorverhit die oond tot 160 °C .
Maak ’n paar diep kepe in die vleis. Geur die vleis met die sout en peper en smeer die hele boud met die mosterd. Druk die knoffelhuisies binne-in die kepe. Kap die roosmaryn fyn en sprinkel dit oor.
Bedruip met die olyfolie en sit die boud in die oond. Bedruip die vleis met die pansappe wat vorm terwyl dit bak. Sit die aartappels by die boud in die bak ’n uur voor die gaarmaaktyd verstreke is. Bedruip met die pansappe. Bak die aartappels tot bros. Sny die vleis in skywe en sit saam met die gebakte aartappels voor.

Wenk
Hy kan die aartappels vervang met gemengde groente

Print Friendly, PDF & Email
 

Maklikste Kersham

Lynette Muller

Hierdie is die maklikste manier waarop ek al ’n ham gaargemaak het en dis altyd heerlik sappig en geurig.

Bestanddele
1 ontbeende Kersham (ongeveer 2 kg)
1 groot baksakkie
500 ml (2 k) appelsap
125 ml (½ k) sterk rooibostee
125 ml (½ k) witwyn of nog rooibostee
1 kaneelstokkie
6 heel naeltjies
4 heel wonderpeperkorrels
6 swartpeperkorrels
Glans-smeersel (opsioneel, as vleis warm geëet gaan word)
*(Enige gekoopte glans-smeersel van jou keuse of meng)
125 ml appelkooskonfyt,
45 ml balsamiese asyn en
30 ml korrelmosterd saam

Metode
Voorverhit oond tot 140 °C. Plaas ham, steeds in die toue-net waarin die slagter of winkel dit verkoop het, in die baksakkie. Die tou help dat die vleis sy vorm behou. Skink die vloeistowwe om die vleis en voeg die speserye by. Bind baksakkie met binddraadjie toe, sodat die sakkie effens gepof staan. Plaas dit op ’n bakplaat en maak seker dat die bopunt van die sakkie nie aan die oondelement raak nie. Knip dit korter indien nodig.Bak 2-2½ ure afhangende van hoe groot die vleis is. Bereken 1 uur per kg vleis, plus nog 20 minute. Onthou, gerookte ham sal altyd pienkerig wees aan die binnekant. Steek met ’n kebabstokkie of toetspen, in die dikste deel van die vleis, as die vleissap wat uit die vleis kom, helder is, is dit gaar.

Om voor te sit:
As vleis warm voorgesit gaan word: verwyder uit sakkie en knip die toue-net versigtig met ’n skêr los. Sny die vetlagie in diamantvormige patroontjies, indien verkies en druk selfs ’n naeltjie in elke blokkie. Verf die glans-smeersel oor. Verhit oond intussen tot 180 °C. Rooster vleis vir 10-15 minute of tot goudbruin, maar wees versigtig dat die smeersel nie brand nie. Smeer dan die volgende dag die smeersel oor en rooster teen 160 °C of net tot die vleis goudbruin en deurwarm is, maar nie uitgedroog nie.

Om ’n vleissous te maak:
Skep enige vet van die vloeistof in die sakkie en verhit vloeistof. Geur na smaak en verdik effens met mielieblom. Iets soos ’n bottel appelpuree is heerlik om die sous mee te verdik en gee ’n heerlike vrugtige geur. Roer ’n bietjie port of sjerrie by en ’n handvol bosbessies (cranberries) of sultanas. Sit warm met vleis voor. As vleis teen kamertemperatuur voorgesit gaan word: Haal vleis uit die oond, maar laat in die sakkie en met die vloeistof rondom eers effens afkoel. Verwyder die vetlaag terwyl die vleis nog louwarm is. Laat vleis dan heeltemal in die vloeistof afkoel en sny in skywe om voor te sit. Teen kamertemperatuur is ’n vrugtige jellie, soos appeljellie of ’n goeie korrelmosterd heerlik.
Anders kan die portreduksie berei en met die skywe vleis voorgesit word. Die volgende dag is koue ham met mosterd, agurkies, slaaiblare en selfs iets soos gekaramelliseerde uie ’n wenkombinasie. Dieselfde bestanddele kan self in enige orige koeskoes ingemeng word vir ’n ligte ete.

Print Friendly, PDF & Email
 

BEVRORE TUTTI-FRUTTI

Rika Theron

Photo by Thomas Quaritsch on Unsplash

Bestanddele
Meng 50 g okkerneute (125 ml gekap)
410 g pynappelstukke (gedreineer)
50 g kersies, gekap
125 g dadels gekap
12 malvalekkers, gekap, liggies saam.
Meng 250 g roomkaas en 25 ml strooisuiker goed saam en voeg dan vrugte by.
Vou 250 ml room (geklop) in.

Metode
Gooi in vorm en bevries tot dit verstewig het. Ontvorm en versier.

Print Friendly, PDF & Email
 

Malvatert ~Malvalekker tert

Lynette Muller

Elke Suid Afrikaner moes al tenminste een keer in hul lewe hierdie poeding geeet het. Hy is altyd ‘n treffer en mens maak maar altyd ‘n plekkie daarvoor al is jy trommeldik.

Vulsel
1 blik kondensmelk
2 houertjies vars room
750g marsmellows in kwarte gesny
1 pak kersies in kwarte gesny
1/2 koppie suurlemoensap
1 blikkie fyn pynapples, gooi deur ‘n sif om ergste vloeistof te dreineer

Metode:
Meng die kondensmelk met die suurlemoensap. Voeg dan die marshmallows en kersies by. Voeg die pynappel by Klits die room goed styf en meng by. Gebruik die tennisbeskuitjies om bak mee uit te voer. Gooi vulsel bo-op die koekies en verkoel.

Print Friendly, PDF & Email
 

MIKROGOLF VRUGTEKOEK

Lynette Muller
Bak nou jou Kerskoek
Dis al weer die tyd van die jaar om te begin bak vir Kersfees.

Bestanddele
500gr vrugtemengsel
1 pak dadels (fyngekap)
1 kop karamel bruinsuiker (donker suiker) 180ml botter
1 ½ kop water
(opsioneel kan 125ml rooi kersies (gesnipper) ook bygevoeg word Kook bogenoemde vir 10 minute in mikrogolf op 100% Laat afkoel.
Voeg by 1 hoog opgehoopte eetlepel appelkooskonfyt en laat staan vir nog ‘n rukkie Strooi oor 10ml droe koeksoda, roer deur en laat staan ‘n verdere 20 minute *Meng saam:
500ml meel (2 kop)
5ml gemengde speserye
5ml gemmer
5ml kaneel
5ml sout

MMetode
Meng al die droe bestanddele en meng dan in by vrugte mengsel. Klits 2 eiers en meng in. Gooi nou 125ml brandewyn by en meng goed Neem plastiek bak 20cm in deursnit, spuit spray en cook, en voer bodum uit met waspapier.

Gooi mengsel in bak en mikrogolf vir 20 min by Medium (60-70%) krag Haal uit mikrogolf en los in die bak (moenie uitgooi nie) Gooi ‘n verdere 60ml brandewyn oor koek en laat HEELTEMAL AFKOEL Haal uit as koud is, maak goed toe moet foil tot jy lus voel om die hele koek op te eet!!!!!!

Print Friendly, PDF & Email
 

DUITSE SJOKOLADE & KERSIEPANNEKOEKIES

Rika Theron

Bestanddele en metode
Sif 200 ml meel, 35 ml kakao en 5 ml kitskoffiepoeier saam.
Maak holte in middel en voeg 1 eier by.
Voeg helfte van melk (125 ml) by en meng goed.
Voeg nou res van melk (125 ml) by en klop 5 minute.
Verhit bietjie botter om bodem mee te smeer, in pan en bak pannekoekies aan albei kante mooi bruin. (Maak ongeveer 6 pannekoekies.)
Dreineer 840 g blik pere en 460 g rooi of swart kersies.
Meng sappe om 250 ml te maak.
Meng bietjie van sap met 20 ml mielieblom en roer dan by res van sap.
Verhit tot kookpunt en roer aanhoudend.
Kap pere op.
Voeg pere en kersies by vrugtesap en kook vir 2 minute.
Verdeel mengsel tussen pannekoekies en dien warm op.

Print Friendly, PDF & Email
 

AARBEI-JELLIERING

Rika Theron

Bestanddele
Dreineer 1 blik ingelegde aarbeie en meet stroop. Voeg koue water by om 1 koppie te vul. Los 1 pakkie aarbeijellie in 1 koppie kookwater op, voeg aarbeistroop by en verkoel tot dit begin dik word.

Roer aarbeie in en skep in ringvorm sodat dit boom bedek. Verkoel tot styf. Los 1 pakkie lemmetjiejellie in 1 koppie kookwater op en verkoel tot dit begin dik word. Klits tot lig en skuimerig.

Voeg 125 ml Idealmelk (styfgeklop) en 1 k malvalekkers (stukkies gesny) by en meng goed. Skep bo-op aarbeijellie en laat stol.

Print Friendly, PDF & Email