FONDUE-ETES

Drank by fondue-ete:
Gaste kan vooraf drink waarvoor hulle lus het, maar aan tafel is die drank tot wit en rooiwyn beperk.  Bier is te vullend en hoort nie by ‘n fondue-ete nie.
MARINADE VIR TAAI VLEIS:
60 ml olie                                                       
125 ml rooiwyn
1 e gerasperde uie
Meng goed en marineer vleisblokkies oornag daarin.
MARINADE VIR HOENDERVLEIS
125 ml asyn                                                   
125 ml olie
10 ml Worcestersous                                
1 e gerasperde ui
1 knoffelhuisie, fyngedruk                     
1 t paprika
25 ml heuning                                              
25 ml tamatiesous
5 ml aangemaakte mosterd
Meng al die bestanddele en marineer hoendervleisblokkies ‘n paar uur daarin.
DOOPSOUSE VIR VLEIS
TAMATIE-KRUIESOUS
4 groot ryp tamaties, fyngerasper      
50 ml tamatiesous
10 ml worcestersous                                
1 e wynasyn
25 ml olie                                                       
5 ml aangemaakte mosterd
paar druppels rissiesous
Meng al die bestanddele.  Proe daaraan en voeg die nodige by.  Bêre in koelkas tot benodig.
MAYONNAISE-SOUS
250 ml mayonnaise                                   
250 ml suurroom               
2 e fyngekapte ontpitte soetrissies    
1 e fyngekapte grasuie                                
1 e fyngekapte pietersielie                    
5 ml suurlemoensap                                   
5 ml aangemaakte mosterd
Meng al die bestanddele en toets vir smaak.  Hou in koelkas tot benodig.                
KRUIE-SOUS
12,5 ml botter                                              
10 ml olie
25 ml fyngekapte uie                                
5 ml aangemaakte mosterd
12,5 ml worcestersous                             
12,5 ml tamatiesous
12,5 ml asyn                                                 
1 e bruinsuiker
knippie rissiepeper en neut
Smelt botter en olie.  Soteer uie tot glaserig.  Voeg res van bestanddele by.  Meng goed.  Laat opkook.  Proe daaraan en geur met sout en peper.  Sit koud of warm voor.  Dit is ook ‘n baie lekker sous om oor gebraaide biefstuk te skep net voordat dit geëet word.
MOSTERDSOUS
100 ml mayonnaise                                   
10 ml aangemaakte mosterd
150 ml suurroom                                        
12,5 ml suurlemoensap
25 ml kondensmelk                                   
sout en peper
Meng al die bestanddele en geur volgens smaak.
NAGEREGTE
By ‘n fondue moet die nageregte nie ryk wees nie, want die ete self – saam met al die doopsouse – is maar aan die ryk kant.  Daarom is vars vrugte, waatlemoen, spanspek, lietsjies, ensovoorts, baie gewild om die ete mee af te sluit.
As u egter van die nagereg ook ‘n fondue-ete wil maak, sorg u vir lekker, soet doopmengsels om smulgoedjies soos pruimedante, kersies, druiwekorrels, appel- en pynappelblokkies, nartjieskyfies, stukkies koek, oliebolle, piesangwiggies en malvalekkers in te doop.  Hierdie doopgoedjies word op ‘n bord gepak, ‘n peuselstokkie word in elkeen gesteeek en dan word dit gedoop en geëet.
VRUGTEROOMDOOPSOUS
250 ml room                                                 
200 ml vrugtemoes (aarbei, grenadella, pynappel, ens.)
125 ml versiersuiker                                  
12,5 ml mielieblom aangemaak met 10 ml water
knippie sout
Meng al die bestanddele en roer by lae temperatuur tot dit kook.  Dit kan in ‘n fles in die koelkas gebêre en weer verhit word.
LIKEURSOUS
125 ml room                                                 
2 blokke (175g elk) wit sjokolade
Smelt sjokolade in boonste deel van dubbelkastrol.  Roer room by.  Geur met likeur van u keuse.
KOFFIESOUS
1 blok (175g) melksjokolade                  
1 e kitskoffie
200 ml room                                                 
1 e koffielikeur
Rasper sjokolade en meng met kitskoffie.  Meng dan met room en giet in boonste deel van dubbelkastrol.  Roer totdat sjokolade gesmelt is.  Voeg likeur by en sit voor.
HEUNINGSOUS
1 blok (175g) melksjokolade                  
125 ml room
60 ml heuning                                              
125 ml fyngekapte amandels
Rasper sjokolade en meng met room en heuning.  Los op oor kookwater in boonste deel van dubbelkastrol.  Roer amandels by en sit voor.
WENKE
1.  Gebruik oorskietdoopsouse saam met beskuitjies, aartappelskyfies, ens.

2.  Gebruik oorskietnageregsouse oor roomys.
Print Friendly, PDF & Email
Advertisements

Egiptiese Tema Spyskaart

Nicolette Bateman

Spyskaart
Hierdie spyskaart is genoeg vir 6 persone

Voorgeregte
Shorbet Ads (Lensie Sop) Aysh (Lang Franse Brode)

Hoofgereg
Bamia (Lam en Okra Bredie) Aysh Shami (Pita Brood)
Salata Balady (Gemengde Slaai) Laban Zabadi (Yogurt Slaaisous)

Nagereg
Fawakih (Vrugte) Ahwa (Koffie)
Shay Bil na’na (Mint tee)

Shorbet Ads (Lensie Sop)
Bestanddele Sop
3 k Gewaste en gesplete rooi lensies
2.5 l Groente Aftreksel (OXO Groente Blokkies)
3 Medium Uie grof gekap 1 Medium Tamatie grof gekap
1 Medium Wortel grof gekap

Bestanddele Byvoegsel
1 Klein ui fyngekap 3 e Olyf Olie
3 t Suurlemoensap 3 t Komynsaad
Sout en Peper na smaak

Metode
Plaas groente blokkies en water in ‘n pot en bring tot kookpunt. Plaas res van sop bestanddele in die water. Prut totdat die lensies sag is (ongeveer 30 minute).
Plaas sop in voedsel verwerker of klits met hand klitser tot puree. In ‘n aparte pan braai die ui in olyf olie tot sag. Meng ander bestanddele en voeg by die uie. Voeg die uie mengsel by die sop en prut vir 5 minute roer matig. Bedien die sop warm.
Gebruik Franse Brood om die oorblywende sop in die bakkie mee te eet.

Bamia (Lam en Okra Bredie)
Bestanddele
3 e Olyf Olie 2 Uie Gekap
2 t Fyn Knoffel 900 g Blokkies Lam vleis
700 g Vars Okra of 2 Blikkies Okra
3 Groot Ryp Tamaties in blokkies gesny
1 e Tamatie Puree 1 t Allspice
1 e Suurlemoensap
500 ml Water of Lam Aftreksel (OXO Blokkies)
Sout en Peper na smaak

Metode
Verhit die olie in ‘n groot kastrol. Plaas uie en knoffel in die pot en braai tot ligbruin.
Plaas lam in die pot en braai vir 10 to 15 minute. As jy vars Okra gebruik sny die punte af. Plaas Okra in die pot en kook vir 2 minute. Voeg Tamaties, tamatie puree, allspice, suurlemoen sap, sout en peper by die bredie. Roer en kook vir 5 minute met deksel op. Voeg water of aftreksel by roer en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat pot prut vir 40 to 45 minute of tot vleis sag is. Om te bedien plaas in opskep bak.
Plaas verhitte pita broodjies langs die bredie.

Wenk
Okra kan vars of in geblikte vorm by meeste van die plaaslike supermarkte gevind word.

Salata Balady
Bestanddele
1 Pakkie Slaaiblare 1 Pakkie Baba Tamaties
5 Uie (Spring Onions) 1 Komkommer
2 Groot Wortels

Metode
Breek blare in stukke. Was tamaties en hou heel. Sny die uie. Sny komkommer is dun skywe. Plaas al die bestanddele in ‘n slaai bak en meng liggies. Bedien saam met slaaisous.

Laban Zabadi (Yogurt Slaaisous)
Bestanddele
500 ml Yogurt 60 ml Olyf Olie
1 Hand fyn gesnyde Kruisement 1 Suurlemoen sap en skil
Sout en Peper na Smaak

Metode
Meng al die bestanddele in ‘n digte houer en skud goed. Plaas in ‘n yskas vir ‘n paar ure. Voor opdiening skud die slaaisous weer goed. Plaas in opdien bakkie met lepel.

Fawakih (Vrugte)
Metode
Bedien skywe Fawakih (Vrugte) met heuning. Drup heuning oor die vrugte.
Farawla (Aarbeie). Manga (Mango).
Mohz (Piesang). Burtu’aan (Lemoen).
of enige ander vrug in seisoen.

Aahwa (Turkse Koffie)
Metode
Aahwa is ‘n dik en sterk koffie. Aangesien dit nie by ons beskikbaar is nie bedien filter koffie. As alternatief kan kruisement tee ook bedien word. Meng gedroogde kruisement blare met teeblare. Berei dan voor soos met gewone tee.

Print Friendly, PDF & Email